OPENBARING VAN DIE WARE GESKIEDENIS
Dit is in belang van die Afrikanervolk se jeug van die afgelope, tenminste vyftig jaar, se blootstelling aan verdraaide en misleidende geskiedenis, dat daar ‘n oorsig van gebeure onder ons jeug se aandag moet kom. Ons ouer garde wat dit deurleef het en midde in die diaboliese fyn gekonstrueerde beplanning blootgestel is aan die asemrowende sluheid waarmee te werk gegaan is, het vanweë ons nasionalistiese inslag die gevaar besef, gewaarsku dog te vergeefs wal gegooi!
Baie van ons volksgenote is saamgesleep tot deelname aan, wat beskou is as in belang van ons volk se voortbestaan en sommige glo nou nog dat hulle handeling nie verkeerd was nie en neem nou nog deel ten koste van hulle eie en ons volk se voortbestaan!
1 Sam. 26:1-25:“Die HERE tog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid – die HERE het u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die HERE uitsteek nie.” (:23).INKOMENDE GEMEENTERAADSLID MEV. CLAUDIA ARNOLDUS: "EK IS TROTS OP HIERDIE GROOT RESULTAAT EN DANKBAAR VIR DIE VERTROUE VAN ONS INWONERS. NOU IS DIT AAN ONS PARTY OM DAARDIE VERTROUE TE BELOON"
Geagte leser. U sal ongetwyfel onthou het dat ons op 28 Januarie 'n onderhoud gehad het met mev. Claudia Arnoldus, wat tydens die verkiesings in Maart as eerste kandidaat op die lys van
Forum vir Demokrasie van die Alphense tak sou gaan pryk. Ondanks dat sowel sosialiste en liberale, lede van hierdie party konsekwent swartsmeer en as rassiste en nazi's bejeen het en plakate met verf beklad het, het hulle daarin geslaag om 298 setels regoor die land te wen.
Ons kan dus tereg sê dat dit in 'n slegte lig stel van Forum vir Demokrasie en hul lede te dreig, die party net gehelp het om so 'n geweldige resultaat te behaal.
In die tweede onderhoud in Nederlands met mev. Arnoldus het ons die feit bespreek dat verlede Woensdag se uitslag toon dat haar party die Alphen-munisipale raad met ten minste vier setels sal betree, maar dit kan ook heel moontlik wees dat dit uiteindelik vyf sal wees. Tans kort Forum vir Demokrasie nege stemme vir 'n vyfde setel.
Eerskomende Donderdag, 26 Maart, sal dit duidelik word of dit die geval sal wees.
“Dr Verwoerd het niks verteenwoordig wat nie verteenwoordig was deur adv JG Strijdom, dr DF Malan, genl. JBM Hertzog, pres.MT Steyn, Pres. Paul Kruger, Andries Pretorius, Piet Retief, Andries Hendrik Potgieter en Gert Maritz nie.
As die Afrikanervolk vervreem word van dr Verwoerd, word die proses aangeskakel om die volk te vervreem van die hele Afrikaanse heldedom. Die doel is om |die Afrikaners se vertolking van die geskiedenis af te stem op dié van sy vyande en hulle sodoende los te maak van hulle ankers.” (Aldus mnr. Jaap Marais)
WIE IS DIE AFRIKANER SE VYANDE?
Wie was hulle en wie is hulle nou? Dit is opgeteken in talle geskiedenis handboeke en geskrifte dat die Engelse ‘n verbete vyand van die Afrikanervolk was, reeds lank voor die Groot Trek, deurlopend tydens die Anglo Boere Oorlog en daarna tot vandag toe!
Daar kan met reg gevra word wat die rede was vir hierdie aanvanklike gramskap van die Engelsman teenoor die Afrikaner.
Jak. 2:1-13:“As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself — dan doen julle goed.” (:8)
Die wet van die Koning van alle konings. Die wet van liefde. Daardie volmaakte wet wat op ons ’n groter verantwoordelikheid lê, maar ’n veel ligter las. Hierdie belangrike wet wat telkens deur Christus onderstreep is. “Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” (Matt. 22:36-40).
Van meet af aan was dit die mees effektiewe wyse om die Afrikanervolk te rangeer op ‘n sylyn waar hy rustig onbetrokke, elkeen sy eie potjie krap terwyl sy hele toekoms besig is om in duie te stort! Met elke ander party, beweging, instansie of watter afkorting vir ‘n naam ookal uitgedink word met die voorgee dat hulle in belang van Suid Afrika optree, beding, stry of pleit, is daar ‘n doodse stilte oor die feit dat die Republiek van Suid Afrika uitsluitlik die Afrikanervolk se land is!
Gaandeweg is die DA, die VF positief, Afriforum, Solidariteit die groeperings wat beskou word as die verteenwoordigers van die blanke in Suid Afrika terwyl almal van hulle ingekoop het in die volksvernietigende ideologie van “eenheid in verskeidenheid” Juis die ideologiese beginsel van gelykheid, vryheid en broederskap van die kommunisme wat wêreldwyd die lewe van miljoene gekos het.
Ps. 9:1-21:“So is die HERE dan ‘n rotsvesting vir die verdrukte, ’n rotsvesting in tye van