Ten spyte daarvan dat Botswana die meerderheid van sy brandstof uit Suid-Afrika invoer, vra hulle minder per liter vir petrol en diesel.
In Oktober het petrolpryse meer as R30 per liter gekos, terwyl die groothandelprys vir diesel R33.29 per liter bereik het.
Terwyl Suid-Afrikaners onder ernstige druk van stygende brandstofpryse en finansiële oorlewing te staan gekom het, het Botswana sedert Julie 2026 nie petrolpryse verander nie.
Botswana se mees onlangse verandering aan sy brandstofpryse was 'n verlaging wat op 6 Julie 2026 aangekondig is, wat die kleinhandelpryse van petrol, diesel en paraffien, in belang van sy mense verlaag het.
Tans betaal Botswana 1 821 thebe (R21,86) per liter 95-ongelode brandstof, R8,39 minder as wat dit in Suid-Afrika kos.
Dit bring ons opnuut tot die stelling van David Styles wat met die ontleding van die “Freedom Charter” voorspel het dat die bloudruk waarop die ANC Suid Afrika gaan regeer, kom neer op ‘n vinnige, onomkeerbare herverdeling van rykdom!
Kort en bondig, die nalatenskap van F.W. de Klerk se papbroek regering en sy huidige nalopers wat regverdiging soek vir hulle politieke verraad onder die voorwendsel dat Apartheid ‘n euwele en rassistiese beleid is!
Onder die voortdurende, voorspelde verval van alles in Suid Afrika wat ons Afrikanervolk met bloed en sweet, onder die seënende Hand van God opgebou het, ly nie net ons volk nie maar ook die meerderheid swartes wat uiteindelik tot opstand moet kom!
Dit was dr. Verwoerd wat Harold MacMillan gewaarsku het dat sy “Winds of Change” juis dit wat hy in die vooruitsig stel, sal vernietig! “Maar wanneer ons by ‘n geleentheid soos die huidige, waar ons heeltemal openhartig is, krities daarna kyk, sien ons, anders as u, dat daardie beleidsrigting groot gevare kan inhou. Juis die doel wat u beoog, kan deur hulle verydel word.”(Dr. H.F. Verwoerd aan Harold MacMillan na sy Winds of change toespraak.)
In onderskeid was dr. Hendrik, Frensch Verwoerd in terme van wêreldleierskap, ’n Godgestuurde na Suid Afrika as gelowige, intellektuele politieke leier met ’n ingebore begrip vir die grondbeginsel van behoud van God se skeidingswerk. ’n Anker vir behoud van identiteit en onderskeid tussen ras en volk en etnisiteit, wat sonder die ingryping van onnatuurlike mensgemaakte ideologië, ’n ongeskrewe lewenswet is vir vreedsame naasbestaan.