Skeur jou los van jou eie nasie af, en verwonder jou dat die ander nasies nie oor mekaar val om jou in te neem nie. (Langenhoven)
KOERS IN DIE KRISIS: SEPTEMBER 2011
Om werklik koers te hou in Suid-Afrika, is daar ’n paar sake wat ons ernstig en opnuut na moet kyk indien ons oogmerk vryheid is.
Die eerste saak is die feit dat in elke revolusie tot datum, daar van kriminele elemente in die samelewing gebruik gemaak word om ’n vlaag van terreur te ontketen, wat die goedkoopste en effektiefste metode is om ’n bevolking in bedwang te kry en daar te hou, in die kortste moontlike tyd.
Statistiek in dié verband kan verkry word op bladsy 139 van die boek, “Pawns in the Game” van William Guy Carr. Hierdie kriminele word as skoktroepe gebruik en dan self ook uitgewis nadat hulle hul doel gedien het.
Die gemiddelde Afrikaner is baie ongeduldig met ons huidige situasie en beskuldig partye en organisasies dat hulle geen plan het vir vryheid nie. Hulle soek ‘n volledig-uitgewerkte plan, kompleet met die datum van vryheid en die grense van ons nuwe staat. En as jy nie dadelik ‘n plan
Sit en val, Buurman, seg ek jou. Amper net soos daai Loop en val Maretswayo van vamelewe, net erger Buurman, val hy sonder ophou in arme Frans se rede nes hy amper ’n rede het!
Vir wat wonner ek Buurman, vir wat sou die Rian kêrel nou heel regs en heel links in ’n praatsessie betrek? Seg ek jou die waarheid Buurman, hier kruip ’n grasslang in die donker rond! Nes wyle oom Jaap die slang raak getrap het toe die Conservative Dialogue Program van oorle linkse van Zyl Slapte en regse oorle Dries van TLU en ge-emigreerde Piet Gous van die Vrystaat Lanbou-unie sy kop uitgesteek het.
Die toestand van die Afrikaner versleg bykans daagliks. Almal het verklarings daarvoor, maar min mense beskou dit as ‘n oorlog teen ons volk. Weliswaar is daar mense wat van ‘n volksmoord praat en is dit ‘n feit dat die getalle van die Afrikaner stelselmatig verminder het, moorde op volksgenote ‘n algemene verskynsel is en ons volk aan onderdrukkende omstandighede blootgestel word. Tog is daar ‘n huiwering om dit as ‘n oorlog te bestempel. Hoekom? Boere dreig na elke nuwe plaasmoord dat dit die “laaste strooi” was, ander waarsku keer op keer dit nie so kan aangaan nie en die regime verklaar self “oorlog” teen misdadigers. Moordenaars en misdaigers word selfs deur die regime as “vyande”van die land beskou. Dit is ‘n gepraat van die more tot die aand. Maar net more word weer en meer Afrikaners vermoor.