1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7464584

Besoekers aanlyn

Ons het 24 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

AFRIKANER- NASIONALISME IN DIE SMELTKROES

Die munisipale verkiesings van 2011 moet vir die nasionalistiese Afrikaner ‘n bron van groot kommer wees. Die feit dat ‘n liberale party soos die DA nou deur talle Afrikaners vertrou word om na hulle belange om te sien, en dit in ‘n stelsel wat ten doel het om die Afrikaner ten gronde te rig, sou twintig jaar gelede deur min voorspel kon word. Wat was dan die rede vir hierdie toedrag van sake? Wel eerstens die feit dat Blankes in groot getalle oortuig is “om die beste van ‘n slegte saak” te maak. As jy dan nie die opponent (let wel nie die vyand nie), kan wen nie, of by hom wil aansluit nie, kies vir die tweede beste opsie, naamlik “doeltreffende opposisie”. Dus, nie uit beginsel nie, maar hoofsaaklik as gevolg van die eis van die omstandigheid het Blankes in groot getalle vir die DA gaan stem.

Betekenisvol is natuurlik ook die feit dat Solidariteit (die vakbond vir die “Afrikaner”) sy gewig agter die DA ingegooi het, wat eers gemelde se aanspraak as vegter vir “Afrikanerbelange” belaglik maak.

 

Daarby is daar Afrikaners wat glo dat die DA selfs die ANC kan onttroon. Rapport van 22 Mei 2011 verklaar dat Suid-Afrika deur die kleurgrens gebreek het en bo ras uitgestyg het, maar gee dan terselfdertyd toe dat die uitslae steeds hoofsaaklik ras gebaseerd was. En dit is juis die punt. Blankes wat dink dat ‘n Blanke aangevoerde party ‘n Swart party kan troef, leef in ‘n gekkeparadys. Dus, vir die DA om werklik “deur te breek”, sal die party ‘n Swart leier moet kry en hulle toenemend op die Swartes belange moet konsentreer. En in die proses die Blankes die rug moet keer.

 

Feit is dat die DA, deur hulle onderskrywing van die Grondwet, hulle reeds tot die vernietiging van die Blankes verbind het. Baie Blankes leef onder die illusie dat die Grondwet daar is om die Blankes te beskerm. Maar die waarheid is dat die Grondwet ‘n transformasie (revolusie) beoog wat die Blanke van sy geloof, waardestelsel en besittings moet beroof. In daardie doel is die DA dit volkome eens met die ANC. Die DA is dus niks anders nie as ‘n liberale sosialistiese meeloper van die ANC nie. Die DA verskil nie met die ANC oor beginsels nie, maar wel oor die “wyse” van regering. Die DA wil Blanke vernietiging ”beter en meer aanvaarbaarder” vir die Blanke laat lyk. Die ANC daarenteen, gee deur persone soos Julius Malema openlik te kenne waarheen die Grondwet met ons op pad is. In baie opsigte is die DA dus gevaarliker as die ANC. Die DA is ‘n wolf in skaapsklere.

 

Die DA bedrieg die Afrikaner deur voor te gee dat dit daar is ook vir die Blankes. Die waarheid is dat die DA, in sy strewe om werklik die ANC uit te daag, toenemend sy rug op die Blanke sal moet keer. Intussen moet die ANC lekker lag oor die stommerike wat DA stem en boonop glo dat die ANC in ‘n volgende verkiesing onttroon sal word. Die Swartes sal sal van die mag in hierdie land nie afsien nie. Die geldmagte sal daarvoor sorg. Vandag is dit die ANC wat daarvoor moet sorg. Wie dit volgende keer gaan wees, maak nie saak nie, solank dit maar net ‘n party is wat die leë beloftes aan die massas die beste kan verwoord; iets wat die ANC tot nou toe as “bevrydingsorganisasie” die beste kon regkry.

Wat egter deur baie Afrikaners nie besef word nie, is dat die siel van die Afrikaner nou op die spel is. Hy is gedwing tot gedienstigheid en onderworpenheid aan die nuwe politiek en mag in Suid-Afrika. Hoeveel Blankes, en veral Afrikaners weggebly het van die stembus, weet ons nie en die geldmagte se media sal dit ook nie openbaar nie. Dalk was dit weer die meerderheid. Maar selfs dit, ‘n blote argeloosheid en traak-my-nie-agtigheid, is nie bevorderlik vir die vryheid van die Afrikaner nie. Van ‘n doelgerigte wegbly-aksie was daar kwalik sprake. Van eendragtige verset nog minder.

 

Die wil tot weerstand, die belangrikste faktor in ‘n politieke stryd, ontbreek tans weens die feit dat Afrikaner hom besig hou met ontvlugtingspolitiek soos volkstate, volksverkiesings en “klagtes” by die Verenigde Nasies oor volksmoord eerder as om nasionalisme as werktuig in te span teen die internasionalisme met sy liberalisme wat tans besig is om die Afrikaner te oorspoel. Daar is leiers wat gewoon nie besef wat hierdie stryd van ons verg nie; wat die aard van die stryd net nie kan insien nie. En die aard van die stryd word bepaal deur die keuse van die vyand. Dit is nie net Julius Malema wat die vyand is nie, maar die ANC in sy totaliteit – vanaf Mandela tot by Mbeki! En hulle is nie ons vyand omdat ons dit so gekies het nie, maar omdat hull ons as vyand gekies het. En hierdie vyand het as bondgenoot die DA wat as aanloklike “opponent” van die ANC die Afrikaner moet inlok in die leeukuil.

 

Die keuse van die vyand sal ook bepaal watter Afrikaners by ons, en watter teen ons is. As die ANC as vyand van die Afrikaner verklaar word, sal gou gesien word hoe die DA en Solidariteit hulle by die ANC, eerder as by die Afrikaners in verset teen die ANC, skaar. En dit is juis wat nodig is - die ontsluiering en openbaring van die DA (en ander!) as meeloper van die ANC in vyandskap met die Afrikanerdom.

 

Dit sal Afrikanernasionalisme, meer as enigiets anders wees, wat die Afrikaner weer sal aanspoor om ‘n stryd vir die herwinning van ‘n eie onafhanklike vaderland aan te knoop. Hoe jammer dat die woord Afrikanernasionalisme nie meer oor Afrikaners se lippe kom nie!

 

Deur die vyand te identifiseer word grense getrek en sal daar ‘n suiwering in Afrikanergeledere kom. As die ANC (met alles agter hom) as vyand gekies word, betrek dit uiteraard ook almal rondom hom – soos die DA! As tweede stap en eers nadat die vyand gekies word, moet die Afrikaner opgeroep word tot stryd. Hierdie stryd sal soveel makliker wees as ons volk net eers weet teen wie die stryd gerig moet wees. Die ANC is nie die “vriendelike” Zuma of “voorbeeldige” Mandela nie. Nee. Allesbehalwe! Die ANC is gekies om die Afrikaner te vernietig. In die proses het die liberale DA die opvangsgebied geword om liggelowige Afrikaners na die drinkplek van die vyand aan te keer.

 

Ja, die trek van grense, die essensie van die nasionalisme, moet weer ingesien en uitgeleef word om die Afrikaner op die regte pad te lei. Daartoe word nasionalistiese leiers in hierdie tyd opgeroep!

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie