‘n Volk
Mnr Jaap Marais
In die strewe na vryheid in ons eie vaderland is daar baie hindernisse. Die vyand is een. Die ander hindernis is die gebrek aan strydvaardigheid by volksgenote. Dit is daarom goed om bietjie ondersoek in te stel waarom daar tans ‘n gebrek aan strydvaardigheid is.
In die eerste plek is ons wysgemaak dat ons nie meer vyande het nie. Die Kommunis, die ANC en die Anglo-Amerikaanse geldmagte is nie meer ons vyande, aldus dit wat elke dag aan ons voorgehou word nie.
So gesien het ons niks om te vrees nie en eintlik net onsself te blameer indien ons toestande versleg. Dit ondanks die feit dat hierdie magte alles in die stryd werp om ons te onderwerp. Hierdie einste geldmagte beheer die propaganda middele wat elke dag teen ons ingespan word. Dit is nie meer die ANC wat ons vyand is nie, maar ‘n indiwidu soos Julius Malema, volgens Beeld. Dus, die indiwidue in die ANC wat hulle aan vergrype skuldig maak, is die probleem. Ook is die SAKP nie ‘n vyand nie, maar ‘n indiwidu soos Blade Nzimande. En interessant genoeg - oor die magte van geld word nie ‘n woord gerep nie. Klaarblyklik is hulle almal ons vriende!
Maar as hierdie magte ten doel stel om jou te vernietig, wat is hulle anders as ‘n vyand? En as hulle elke middel inspan om hierdie vernietiging te bewerkstellig, wat is dit anders as ‘n onverklaarde oorlog. Dit bring ons by die punt: Ons
Wat staan ons dus te doen? Dis maklik. Trek weer grense. Identifiseer jouself en wees trots op wat jy is. Ons is Blankes, Afrikaners en Christene. Ons vra nie verskoning daarvoor nie. Bewustheid van jou identiteit gee aan jou selfrespek om jouself te betuig teenoor andere. En dit is self betuiging wat jou in staat stel om strydvaardig te word. Ons gebrek aan strydvaardigheid spruit dus uit ‘n gebrek aan selfrespek en self betuiging.
Die ideaal van ‘n eie vaderland het vervaag omdat ons nie meer bereid is om die vyand aan te sien vir wat hy is, naamlik ‘n mag wat ons wil vernietig nie. As ons die vyand definieer, tref ons tegelykertyd onderskeid tussen ons en hom. Dit is ‘n manier om jouself te identifiseer. Dan word begrippe weer duidelik, die ideaal weer aantreklik en vuur dit jou aan om weer strydvaardig te word.
Die opoffering wat stryd bring, is veel makliker vir diegene wat hulle identiteit uitleef en die ideaal najaag. Vir die soeker na kompomieë met die vyand, is toewyding en opoffering vir die volksaak ‘n saak van onmoontlikheid. Want hy weet nie eers meer wie hy is nie.