Ek is oortuig daarvan dat die ANC en sy “keiser” baie verontwaardig moet wees dat die Blankes dit gewaag het om hulle hof toe te vat oor haatspraak. Haatspraak was veronderstel om net deur Blankes gepleeg te word. Dit is derhalwe vermetel van Afriforum om die Onaantasbares (“Untouchables”)
Reeds met die sogenaamde Waarheids- en Versoeningskommissie is gesien dat die uitgangspunt van daardie omstrede kommissie en sy hanswors voorsitter was dat dit eintlik net die Blankes, en by name die Afrikaners is wat moes bieg en voor die Kommissie moes verskyn. Soos Tutu destyds gepleit het moes die Blankes net sê hulle is jammer (oor apartheid), dan was die saak reg. Netso is die wetgewing betreffende haatspraak eintlik gerig op Blankes wat Swartes “verneder” deur hulle te “kwets”. Blankes (die onregplegers van die verlede)
Die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie bepaal dat publikasie van woorde wat kwetsend is, of aanhitsing of haat op grond van ras, geslag, godsdiens en etnisiteit bevorder, nie toelaatbaar is nie. Dit neem nie veel van ‘n geleerdheid om te
Daar is reeds vroeër daarop gewys dat hierdie saak hopelik ‘n kentering by “gematigde” Afrikaners sal meebring. Indien Malema getuig en onder kruisverhoor geneem sou word,
Agter geslote deure sal die haat en wrok wat die ANC (met Malema aan die spits) vir die Blankes koester, nou net groter word. En hulle sal hulle liberale adviseurs kwalik neem vir wetgewing wat nou op hulle boemerang. Mag die Blankes ook meer in hierdie saak raaksien as ‘n blote oorwinning van die “regstelsel”; dis nou te sê indien Malema op sy baadjie kry. Om Malema tydelik met ‘n hofbevel te snoer is niksseggend. Haat en wrok leef in die harte van miljoene Swartes wat deur die ANC en SAKP opgesweep is teen hulle “verdrukkers” - die Blankes. Daardie haat sal groter word as hulle (per implikasie) belet word om te sê en te doen wat hulle wil – naamlik om die Blankes uit te wis in hierdie land.