Kritici (en daar is baie!) sê dikwels dat daar te veel oor vryheid gepraat word en te min gedoen word. Daarby is daar verskillende sienings oor vryheid. Sommige praat van “soewereine vryheid in ‘n eie vaderland” terwyl ander net beskerming van regte soos taal en kultuur wil hê. In die Volkereg staan eersgenoemde bekend as eksterne selfbeskikking en laasgenoemde as interne selfbeskikking.
Wel, ons
Die tuislandbeleid was ‘n daadwerklike aksie om vir elke swart volk ‘n eie staat daar te stel. Gebiede wat (histories) deur (swart) volkere bewoon is, is geteiken as toekomstige onafhanklike state. So sou die reg op selfbeskikking verwesenlik word vir talle volke. Omdat die Blankes (en in die besonder die Afrikaner) destyds nog in ‘n magsposisie was om die beleid (afsonderlike ontwikkeling) te implementeer, kon die beleid slaag, veral omdat dr Verwoerd die samewerking en goedgesindheid van die swart volkere verkry het. Wat oor sou bly, was Blank Suid-Afrika, ‘n gebied waarin die Blankes, met die Afrikaner aan die spits, vry (en in die meerderheid) sou wees. Die beleid is laat vaar na dr Verwoerd se dood.
In 1994 is die mag in hierdie land deur bedrog en verraad onwettig aan Swartes op ‘n skinkbord oorhandig. Die tafel daarvoor is reeds sedert Verwoerd se dood gedek. Vandag is die internasionale wêreld van mening dat die reg op selfbeskikking in Suid-Afrika deur ‘n “een mens een stem”-verkiesing (die sogenaamde “demokratiese verkiesing”) vir al die inwoners van die land gerealiseer het. Dit wil sê, die land word met sy inwoners as geheel (en ongeag hoe die bevolkingsamestelling lyk), en gegewe die bestaande grense, beskou.
In die proses het die vryheidstrewe van die Afrikaner ‘n gevoelige slag gekry. Ons
Voormelde het tot gevolg dat herbesin moet word oor die wyse waarop ons ons vryheid sal herwin. Artikel 235 van die huidige Grondwet bepaal dat ‘n volk (“gemeenskap”) wat dieselfde taal en kulturele erfenis het, die reg het op selfbeskikking binne ‘n bepaalde gebied (territoriale entiteit) in Suid-Afrika (of op ‘n ander wyse) wat deur nasionale wetgewing bepaal moet word. Die vraag is of ons as volk die reg op sesessie (“afskeiding”) daardeur verkry het en of ons dus ‘n eie republiek êrens binne die grense van die huidige Suid-Afrika kan uitroep. Dit is na 17 jaar seker nou vir almal duidelik dat die artikel niks beteken nie. Die ANC-regime sal nie “nasionale wetgewing” aanvaar om aan die Afrikaner ‘n gebied te gee waarin hy homself
Wat bly dus vir ons oor? Myns insiens, een van twee opsies. Sesessie of die herwinning van die politieke mag.
Vir ‘n “reg op sesessie” is daar sekere vereistes waaraan ons sal moet voldoen.
Dat die Afrikaner as duidelike definieerbare groep aan ernstige vergrype van menseregte blootgestel word, is ‘n feit. Maar die probleem is: Daar is nêrens ‘n gebied waarin ons tans
Die verdure probleem is dat die Afrikaner nie (vandag) na ‘n gebied sal verhuis wat vir hom geen ekonomiese aantrekkingskrag het nie. Meerderheidsbesetting van ‘n bepaalde gebied is ook een van die vereistes vir ‘n staat om te
Wat bly dus vir ons oor? Die herwinning van die politieke mag. So onmoontlik as wat dit is vir baie om daaraan te dink, bly dit op die oomblik die enigste opsie.
Toe die drie Baltiese state (Litoue, Letland en Estland) deur die geheime en onwettige Molotov-Von Ribbentrop akkoord by die
Wat moet ons benadering dan nou wees? Ons
Maar laat ons nie toeskouers word in die proses nie. Toeskouers kyk en kritiseer net en doen self niks. Ons moet self die boustene lê vir ons eie republiek. Niemand gaan dit vir ons gee nie. Ons moet verder aanhoudend klem lê (“praat”) oor die onreg van hierdie bestel. Elke moord en elke vergryp teen ons mense moet aangeteken word. Daardeur moet mense egter nie afgeskrik word nie, maar juis oortuig word dat selfbeskikking binne ‘n eie staat die enigste uitweg vir ons volk is. Mense wat skrik vlug, maar mense wat oortuig word, veg. Die onreg is ingebou in hierdie bestel en sal uitkring juis omdat die regime sal poog om aan die eise van die massas te voldoen. Daar is net een manier hoe Zuma en sy trawante kan voldoen aan die eise van die massas en dit is deur die Blanke te onteien, te ontman en te verarm. Hoe gouer die Afrikaner dit raaksien, hoe beter vir ons eie vryheidstryd.
Geleenthede duik dikwels op buite ‘n mens se eie beplanning. Intussen moet ons aanhou praat. Dit bly onontbeerlik. Daarby die organisasie vir protesaksies. In Egipte het niemand gehoop of gedink dat gewone protes teen ‘n outoritêre regime sy val gaan veroorsaak nie. Dit het. Laat ons doen wat ons