Wat beteken versoening en wat is die oorsprong van die begrip? Dit maak skynbaar glad nie meer saak nie!
Soos met die begrip demokrasie word daar ander betekenis geheg aan verskillende woorde vir politieke oogmerke wat sulke woorde verby hulle oorspronklike betekenis neem om kragwoorde te word wat sommige mense moet benadeel en ander bevoordeel.
’n Paar sulke woorde is bv. Demokrasie, gelykheid, vryheid, veiligheid, diskriminasie, grondhervorming, diefstal, ideologie, nie-rassigheid, rassisme, voorheen benadeelde, selfbeskikking, volkstaat en versoening.
Demokrasie beteken vir die meeste inwoners van Suid Afrika meerderheidsregering, overgesetsynde, “people’s power” , mits die peoples swart is! Selfs “majority rule” gaan deur as ’n demokrasie.
DIE BEGIN VAN DIE OPLOSSING
Dr. D.F. Malan het by geleentheid gesê : “Oor die pad van SA sal u ook moet trek, oor bergreeks en deur dorsland heen. Koers hoef u nie te vra nie. Dis daar. Sal u dit hou? Lig hoef u nie te ontbeer nie. Die fakkel met vaste voet oor honderd jaar gedra, word vir u in u hand geplaas. Sal u hom brandend hou?”
Nasionalisme is die lewende, ontwikkelende, onsterflike gees van die volk. Die party wat die gees van die volk reg begryp, en wat vertolk dit wat die volk help om sy eie bestaan en sy eie bestemming te besef en wat sy kragte inspan om die volk op te bou en groot te maak, so ‘n party groei met die volk en is so blywend as die volk. (Aldus dr. Malan)
Dit was op 17 Maart 1992 wat die de Klerkregering ‘n referendum uitgeroep het waardeur die Afrikanervolk sy politieke mag oor Suid Afrika verloor het.
Die AVP weet en verklaar, dat as die werklike doel met die referendum nie in die referendumvraag versteek was nie, die Afrikanervolk bankvas, met enkele uitsonderings, op 17 Maart 1992 daarteen sou gestem het.
OPSOMMENDERWYS, NOU DIE BETEKENIS EN DOEL VAN DIE VOORGAANDE BETOOG
1 Samuel 15:1-35
“Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” (:23).
In ‘n samelewing waar die mens sentraal geplaas word, is hierdie boodskap dalk meer aktueel as wat ons besef. Dit is hartseer om te sien hoe effektief die Satan ‘n halwe waarheid aanwend om ‘n struikelblok te vorm. Die Satan sal byvoorbeeld die mens as die kroon van God se skepping en die liefde van God vir die mens uitbuit om die mens te verhef tot ‘n wese wat bo die Skepper vereer en geprys moet word. Dit word effektief gedoen deur aan die mens allerhande “regte” hier op aarde toe te dig waaraan almal rondom hom moet voldoen terwyl hyself geen verantwoordelikheid teenoor diegene rondom hom het nie. Die individualisme sal selfs vir die mens die reg toestaan om sy voorskrifte aan God voor te lê ter uitvoering, want ‘n God van liefde sal mos alles doen wat die mens Hom vra, of hoe? Laasgenoemde klink vir my na die vorming van wat normaalweg met afgryse afgemaak sal word as ‘n bedorwe brokkie.
Die skrifgeleerdes en Fariseërs, in noue samewerking met die oorgeërs, saampraters en joiners, is besig om wat hulle as ‘n “pakt” beskou, begrippe soos versoening en selfbeskikking te versondig en te verketter sodat dit haas onherkenbaar voorkom.
In hulle pogings om Umkontoe-veterane en oud weermaglede van die Bosoorlog in Soweto saam te bondel vir versoening, terwyl die blankes toenemend beroof, vermoor, vermink en verkrag word, word die swart taxi bedryf genader om patrolliewerk te doen om die Boere teen plaasaanvalle te beskerm! Vindingryk ne?
’n Beter plan vir wettige observasie, betreding, vervoer van moordenaars na en van aanvalstonele is sekerlik nie te bedink nie!
ONDERHANDELING DIE SLEUTEL
Dit is duidelik waar die blink gedagte van FW de Klerk vandaan gekom het om ‘n referendum uit te roep om daardeur vas te stel of hy ‘n mandaat sou kry vir die verandering van die grondwet deur middel van onderhandeling. Onderhandeling was die sleutel. Vir die Amerikaners was dit duidelik dat geen oplossing verkry sou kon word as dit nie deur onderhandeling kon geskied nie. Daarvoor moes die Afrikaner oorreed word. Met ‘n veranderde grondwet, was dit net ‘n hanetree na ‘n swart meerderheidsregering. Maar wat was die Amerikaners se belang in Suid Afrika?
Aspen Institute
In die Weekly Mail van 7-13 April 1989 verskyn daar ‘n artikel oor ‘n byeenkoms wat deur die Aspen Institute gereël is. Die Aspen Institute is in Washington, Amerika gesetel . Die belangrikheid van die byeenkoms volgens Mark Swilling, die artikelskrywer, is: “...convened to educate a significant group of American congressmen and senators. Its importance lay in the fact that the conference provided a forum where all the major South African actors could articulate policy positions at a time when the major super powers are working out their approaches towards South Africa after Namibian independance.”
In onlangse E-Posse tussen Jaap Kelder en Johann Wingard, is dit duidelik dat daar steeds agter die skerms gewerk word om met die regime te onderhandel oor ‘n volkstaat. Ek plaas ook hierdie korrespondensie as bevestiging.
Van: "Jaap Kelder" <Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.;
Datum: 24 apr. 2016 10:33
Onderwerp: RE: selfbeskikking
Aan: Cc:
Beste Johann,
Soos jy uit die aangehegte stukke gesien het is daar ‘n raamwerk vir ‘n Wet op Selfbeskikking gevestig. Die selfbeskikking wat verlang word is binne die raamwerk van die huidige Grondwet. Die regering erken die reg op selfbeskikking in die aangehegte skrywe. Dit sal dan ook die basis vorm waarop toekomstige onderhandelinge met die regering gebaseer sal wees.
“Boere-Afrikaner Volksraad” skryf Suid Afrika af as Afrikanerland.
Hierdie “BOERE-AFRIKANER VOLKSRAAD”, wat beslis níé die gedeelte van die Afrikanervolk wat lede van die AVP is en daarby ingesluit alle Afrikaners wat die standpunt handhaaf dat Suid Afrika die Afrikanervolk se land is, verteenwoordig nie, het reeds slegs met die aanvaarding van die beginsel om te onderhandel (met wie ookal), oor di e Afrikaner se eiendomlike,Afrikanerland prysgegee!
In die onderstaande samesprekings met die Swart, Kommunistiese meerderheidsregime vir ‘n volkstaatjie, iewers waar dit die Swartes behaag en so groot as wat hulle bereid is om af te staan, in ruil vir ons Godgegewe erfenis, is die regmatige aanspraak van die Afrikanervolk op Suid Afrika deur hulle prys gegee en in beginsel die reg van die Swart volke op ons vaderland daarmee erken. Daarna was van meet af deur die ANC duidelik gemaak dat geen diskriminasie van welke aard ookal voortaan in Suid Afrika geduld sal word nie. Nie omdat dit vir hulle ‘n morele kwessie was nie, maar bloot om toegang te hê tot dit wat die Afrikanervolk opgebou het.