
REPUBLIEKDAG!
Die grootste veldslag wat die Afrikanervolk teen Brittanje gewen het op hierdie dag in ons verlede, word deur die geskiedenis bewaar ten spyte daarvan dat hulle en die swart lakeie poog om dit uit die geskiedenis te ignoreer.
Die Republiek van Suid Afrika is onder die seënende Hand van God in die bewindstydperk van dr. H.F. Verwoerd tot stand gebring en staan steeds vandag as baken op ons pad as inspirasie vir die Afrikaner se vryheidstryd. ’n Prestasie wat onmoontlik gelyk het en tog met onderskeiding geslaag het! Laat ons dit nie vergeet op die pad vorentoe wanneer die aanslae om ons van die geskiedenis verhoog af te vee, al feller word nie! Vir God kom dit nie daarop aan om deur baie of deur in te verlos nie!
Dit is vandag presies 55 jaar nadat Suid-Afrika formeel 'n republiek geword het - d.w.s. grondwetlik geheel en al vry geword het van Britse seggenskap oor die regering van Suid-Afrika. Daarmee het Brittanje die oorlog wat sy teen die Boererepublieke in 1899 ontketen het finaal op politieke terrein verloor.
Ps. 19:1-15
“Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!” (:15).
God openbaar Homself aan die mens op twee maniere, nl. deur die natuur en deur die Woord. Wanneer ons die natuur bestudeer, word ons menigmaal asemloos gelaat weens die wonder daarvan. Die hardwerkendheid van ‘n klein diertjie soos ‘n mier, die onvoorspelbaarheid van die wind, die verkwikkende uitwerking van gietende reën en die asemrowende grootheid van die sterrehemel.
Wanneer ons na die natuur rondom ons kyk, wil ons ook uitroep – hoe groot is U, Here? Die hele skepping laat weerklink die heerlikheid van Sy grote Naam. Dit is wanneer ons op hierdie wyse stilraak in ons gemoed dat ons onsself weer die vraag afvra: ”Wat is my doel in hierdie ontsagwekkende groot heelal?” Die mens se doel word ook in die natuur en die Skrif baie duidelik uitgestippel, nl. om te leef in gehoorsaamheid aan God om hom deur ons lewenswandel te dien en te verheerlik.
Hábakuk 2:9-14
9 Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis, om sy nes in die hoogte te bou, om homself te red uit die greep van onheil.
10 Jy het skande beraadslaag vir jou huis: die uitroeiing van baie volke, en het jou lewe verbeur.
11 Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord.
12 Wee hom wat ’n stad bou met bloed en ’n vesting stig deur onreg.
13 Kyk, kom dit nie van die HERE van die leërskare dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?
14 Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
Die steen uit die muur roep en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord!
Last Boer general fears for the future
As jy uit die nasionale politieke denkstroom uitgeprop is, is ‘n politieke kortsluiting jou voorland! Daar is tenminste twee, nee drie dinge wat Nasionalisme nié is nie. Dit is nie ‘n ideologie nie! Dit is nié ‘n middelpuntvliedende krag, (Volgens Johann Wingard) en dus vernietigend nie. Dit is nié ‘n sonde(Volgens Denise Woods van “Oes die Stormwind”) nie! Terwyl die Liberalisme, Kommunisme en Humanisme by al drie die bo-vermelde dinge ingepas kan word!
Nasionalisme is volgens die Afrikaanse Vertalende Woordeboek in wese ‘n liefde vir die eie. “ ‘n Voorliefde vir die eie nasie ‘n strewe om alles wat as nasionaal beskou word, te bevorder en te aksentueer, gepaard met ‘n sekere afkeer van die vreemde. Vaderlandsliefde”.
Elke element van Nasionalisme word egter nou aangeval en verdag gemaak sodat die gemeensaamheid, die gemeenskaplikheid wat volkwees en nasieskap verseker, wat kultuur en identiteit bevestig en bewaar, as misdaad teen die mensheid verdoem word. Selfs Angela Merkel van Duitsland het Europa gewaarsku dat hulle besig is om terug te val na nasionalisme toe, na aanleiding van die strome vlugtelinge en asielsoekers wat die Europiëers probeer beheer en selfs stop.
1 Johannes 1:1-10
“EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.” (:5&6)
Ons hoor gereeld in die media hoe donker die toekoms van Suid-Afrika lyk. Hierdie uitsiglose en donker toekomsverwagting wat geskep en gepropageer word, veroorsaak dat menig mense elders in die wêreld na ‘n heenkome gaan soek. Mense voel asof daar vir hulle geen toekomsvooruitsig is nie en wanneer hulle die toekoms inkyk, is daar vir hulle ‘n donker tonnel met geen ligpuntjie nie.
In die onlangse ontleding van die leier van die AVP oor die sogenaamde volkstaat wat as lokmiddel aangewend word om die Afrikanervolk op subverse wyse weg te hou van verset, het hy bewys gelewer van geheime sameswerings wat gedien het om die Afrikanervolk op bedrogvolle wyse te onderwerp aan ‘n Swart Kommunistiese Meerderheidsregime.
Die enkele bewyse wat hy aangehaal het is egter net die punt van ‘n ysberg van sameswerings wat plaasgevind het en by die meeste van ons volksgenote onopgemerk verby gegaan het. Die effek daarvan het nog nie sy volle maat bereik nie en sal nog lank nadat die wiel weer sy volle omwenteling gemaak het en ons weer vry is, duidelik sigbaar wees.