Númeri 22:1-41
“Toe antwoord Bíleam die Engel van die HERE: Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, as dit verkeerd is in u oë, sal ek teruggaan.” (:34).
Die gelese gedeelte val ‘n mens soms vreemd op. Daar word ‘n gesantskap na Bíleam gestuur en hy trek nie sommer net met hierdie mense op versoek van koning Balak weg nie. Hy raadpleeg eers die HERE in die saak waarin hy uitdruklik deur God verbied word om saam met hulle te trek. Koning Balak stuur egter weer ‘n gesantskap na Bíleam en hierdie manne was meer en aansienliker as die eerstes.
Malema se uitdaging van die wet oor oproerige byeenkomste, waaronder hy gedagvaar is dat hy sy volgelinge opgesweep het om grond te beset, is ‘n tipiese Britse uitoorlê taktiek om die aandag af te trek van die feit dat daar reeds op die hoogste vlak van die regime aangedui is dat die Afrikanervolk se grond gevat gaan word, en dit sonder enige vergoeding!
Die foefie van grondwetverandering is ewe-eens om die stemvee by wie verwagtings geskep is, in bedwang te hou tot na die verkiesing volgende jaar. Dit is in die Britte en Amerikaners se belang dat Ramaphosa, hulle handperd, dan verkies moet word! Archive cnx
2 Kor. 6:11-18
“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.” (:14&16).
Ons lees in vers 17 uit die gelese gedeelte van die bevel van afsondering van dit wat onrein is. Sou dit beteken dat ek myself in my huis moet opsluit en soos ‘n kluisenaar moet leef sodat ek nie met slegte dinge in aanraking kom nie?
Lees hierdie berig wat in die Beeld Koerant verskyn het en tree onmiddellik op om voornemende gronddiewe van jou grond af te kry! Hierdie grondgrypaksie is niks minder as ‘n oorlogsverklaring teen die blankes van Suid Afrika nie en ons het die reg om ons daarteen te verweer.
Die AVP maan opnuut dat effektiewe verweer berus op gesamentlike optrede. Vermy dié sake waaroor daar verskil is en konsentreer slegs op verdediging en selfbeskerming deur samewerking met jou naaste bure. Dit is ‘n gemeenskaplike bedreiging ongeag waaroor daar verskil word. Effektiewe organisasie kan ‘n aansienlike verdedigingsmag op kort kennisgewing laat saamtrek om beide aanvalle en besetting suksesvol af te weer.
Om op die SAPD te wag is so goed as om jou grond en jou lewe te verloor. Die onderstaande artikel stel dit baie duidelik!

Jan van Riebeeck se gebed (1652)
Jan van Riebeeck land in Tafelbaai in April 1652 en begin sy opgelegde taak in ootmoed en onderdanige afhanklikheid van God. Hy bely ook sy diensbaarheid aan sy opdraggewers en bid God vir krag en leiding om sy taak tot God se eer en sy werkgewers se voordeel te kan uitvoer. ‘n Benadering wat ‘n kenmerk van die latere Afrikanervolk geword het.
Verklaar Jan van Riebeeck:
Waar dit vandag die tweede verjaardag is van die dag waarop ons deur die Here gelei met die skepe Drommedaris, die Reyger en die Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van onse here en meesters (Here XVII) te bou en te bestendig, en opgelet het dat God die Here alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6e April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot ‘n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die Here wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word
Op ons derde jaarkongres was daar 'n volledige uiteensetting van veiligheidsaspekte uiteengesit omdat die AVP waarskynlik die enigste politieke party in die land is wat besef het en nou meer as ooit besef dat die Afrikanervolk oorlog aangesê is deur die swart ras van Afrika onder die voorwendsel dat ons hulle land gesteel het!
Laat ons dus opnuut oor hierdie gemeenskaplikheid wat elke blanke in Suid Afrika raak, ja selfs die mees liberales, joiners, hensoppers en verraaiers, of hulle dit besef al dan nie, ons geledere sluit! Persoonlike voorbereiding, maar ook gemeenskaplike samewerking is onontbeerlik vir suksesvolle afweer van hierdie veragtelike ongeregtigheid wat grootliks deur ons eie mense se hulp en meewerking met ons vyande, moontlik gemaak is! 'n Leiersberaad word voorts beplan!