Die AVP het al by herhaling gewaarsku dat Zuma nie klaar is nadat hy op bedenklike wyse uit sy amp as president forseer is nie. Sy waarskuwing dat hy nie getart moet word nie anders sal hy praat, bevestig dat hy nog iets in die mou voer.
Daar is verder heelwat bespiegeling oor ‘n nuwe politieke party, wat as hy die hele Zuluvolk kan beweeg om daarby aan te sluit, dit nie uitgesluit is dat hy weer president kan word nie.
In teenstelling met die Zulus se graad van tolleransie vir die Indiërs in Kwazulu Natal en in minagting van die Afrikanervolk wat Suid Afrika uit ‘n wildernis ontworstel en beskaaf het waarvan al die die verskillende rasse hier teenwoordig die voordele geniet het, en van wat oorgebly het daarvan nadat hulle in 1994 deur verraad beheer verkry het, nog besig is om op te gebruik, spreek hierdie foto boekdele!
Volgens Ramaphosa die Venda, het die Afrikaners die land van hulle gesteel en moet dit teruggevat word sonder vergoeding. Géén erkenning of selfs verwysing na die oorsprong van die voordeel wat die swartes in Suid Afrika bo elke ander swart ras, waar ookal in die wêreld, geniet het onder die “apartheidstelsel” van die Afrikanervolk nie, maar lofprysing en saam bid met die Moslemgemeenskap, moet ‘n bepaalde politieke betekenis hê!
Génesis 19:1-38
“En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!” (:17).
“En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het ‘n soutpilaar geword.” (:25).
God het die goddeloosheid van Sodom aangesien en besluit om dit saam met die hele Jordaanstreek te vernietig. Hy wou egter die lewe van die regverdige Lot spaar. Hy besluit daarom om Lot uit hierdie stad van ongeregtigheid te lei voordat Hy dit sou vernietig.
Dit laat ons dink aan ‘n soortgelyke waarskuwing wat God aan gelowiges gegee het. Daardie waarskuwing dat ‘n dag van oordeel oor die aarde sal aanbreek waarin die ganse aarde vernietig sal word. Net soos wat die goddeloosheid van Sodom so groot geraak het dat God besluit het om die hele stad te verdelg, het God gesien dat die aarde met sy bewoners so bedorwe sou raak dat Hy uiteindelik sal besluit om dit heeltemal te vernietig.
Die sterk standpunt van die algemene bestuurder van die TLU, mnr. Bennie van Zyl, dat niemand grond gesteel het nie en dat onteiening verwerp word, is ‘n stap in die regte rigting!
Op ‘n byeenkoms in Warmbad is hierdie standpunt onbestrede deur ‘n goed bygewoonde vergadering, deur die teenwoordiges aanvaar.
Dit was deurgaans die oordeel van die AVP dat verset en weerstand die pad is om te volg en by hierdie byeenkoms is óns siening bevestig dat dit ook die algemene gevoel onder die meerderheid Afrikaners is.
Is dit nie’n tragiese verskynsel dat daar Afrikaners is wat hulle beywer om saam met hierdie soort karakters te wil saamwerk om ‘n bevredigende toestand te probeer bereik wat vir alle rasse aanneemlik sal wees?
Dit ten spyte daarvan dat Afrika reeds vir eeue lank bewys lewer dat welke pogings tot opheffing, selfs deur sommige Britse afgevaardigdes, gefaal het om beskaafde standaarde onder hulle te vestig, nie daarin kon slaag om verandering teweeg te bring nie!
Hebreërs 6:1-20
“Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder. En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.” (:13-15).
God het aan Abraham verskyn en aan hom beloof dat ‘n groot nageslag vir hom gebore sou word. Abraham en sy vrou was al op gevorderde leeftyd en steeds kinderloos; daarom het hierdie belofte onwaarskynlik gelyk. Nietemin het Abraham in God geglo. Sara het egter mettertyd ongeduldig geraak en die voorstel gemaak dat Abraham by haar slavin sou ingaan. En hierdeur is Ishmael gebore. Hierdie situasie het later onaangename gevolge ingehou toe Sara by Abraham aangedring het om Ishmael en sy moeder, Hagar, van hulle af weg te stuur.
DOMINEE GRAEME CRAIG: 'EK STEL GEEN BELANG IN 'N DIALOOG MET MOSLEMS NIE"
Ons het 'n insiggewende vraaggesprek in die Engels gehad met dominee Graeme Graig van die Free Church of Scotland Continuing, wat hom as enigste verset teen die koms van die eerste moskee in sy stad Steòrnabhagh (Engels Stornoway) wat lê op die Skotse Buitenste Hebriden. Ons wil hom vrae stel hoekom die voorstanders van hierdie gebou voel dit is nodig. Daar is mos 80 inwoners wat moslem is en hulle is almal 'vlugtelinge' uit Sirië
'Eerwaarde, het is bekend dat er maar 80 inwoners zijn die de islam praktiseren. Wat voeren de voorstanders voor argumenten aan dat de eerste moskee op het eiland Lewis moest komen?'