1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333552

Besoekers aanlyn

Ons het 68 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

NUWEJAARSBOODSKAP VIR 2013

altDIE AVP SE NUWEJAARSBOODSKAP VIR 2013

DEUTERONÓMIUM 11:12 ’n land waar die HERE jou God voor sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.

Wanneer gelowiges ʼn nuwe dag, ʼn nuwe week, ʼn nuwe maand, maar ook en veral ʼn nuwe jaar betree, sonder om ons God en Vader in aanmerking te neem, is chaos ons voorland. Hy het Sy oë altyddeur op die land. Nie net by die aanvang van die nuwe jaar nie, maar tot aan die einde daarvan!

As ons Afrikanervolk terugkyk op 2012, kan ons tereg wonder of Suid Afrika nog onder God se sorg val, en as daar twyfel by ons is moet ons dadelik deur selfondersoek ons eie en persoonlike aandeel aan die rede vir die gebrek aan die sorg van God vir Suid Afrika vasstel voordat ons dit op enige ander plek of by ander redes gaan soek.

Die wonderlikste versekering wat ons egter kan hê vir 2013 wat voorlê, ongeag van wat reeds vooruit bepaal kan word op grond van wat nou al reeds sigbaar is, is die versekering uit die Bybel dat God se oë van die begin van die jaar tot die einde van die jaar, altyddeur op Suid Afrika gerig is! Maar wat is dit wat Hy verwag om te sien? 

MALEÁGI 1:6 ’n Seun eer die vader, en ’n kneg sy heer. As Ek dan ’n Vader is, waar is my eer? En as Ek ’n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag? MALEÁGI 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

Elke volk wat God verlaat het kan een en dieselfde lot verwag. Om ʼn Godlose grondwet, ʼn onderwysstelsel sonder Christelike grondslag en ʼn regering wat van God ʼn bespotting maak in die plek te stel en te ondersteun van wat Godgebonde was, is die sekerste resep vir ondergang. Dit open deure vir die magte van die Duiwel en sy gesante om te verniel en te vernietig wat eens waardevol en eerbaar was.

Kom laat ons as gelowige volk weer terugkeer na die God van ons vadere. Ons het niemand se toestemming daarvoor nodig nie en die riglyne uit Sy Woord is duidelik. Skei u af van die kerke wat mislei en ons volk verwar deur predikers wat die woord verkondig vir geld en soos die Woord sê in MATTHÉÜS 23:13, Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.

Ek bid u God’s rykste seën toe vir 2013. Dat u geduld sal beoefen, God sal dien met u hele hart, u hele verstand en al u kragte en dat u geestelik en fisies paraat en gereed sal wees vir wanneer God ons roep. Wees gereed soos die vyf wyse maagde met die koms van die Bruidegom. U kan God op Sy woord vat as hy sê, MATTHÉÜS 6:33 “ Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word”. Dit is waar ons verkeerd gegaan het deur ons voorkeurorde om te ruil terwyl God se oë altyddeur op ons is. Kan ons dan nog Sy sorg verwag?

MALEÁGI 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

 

Danie Varkevisser.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie