1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333654

Besoekers aanlyn

Ons het 71 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

SELDE IN DIE GESKIEDENIS VAN OORLOGVOERING, HET DAAR SO 'N ONVERWAGTE HERLEWING EN WEERSTAND GEKOM!

Jaap aan die woord (Derde aflewering)

.

Engelse Oorlog

In die eerste gevegte waar Britte met volle mag die Boere aangeval het, het hulle baie sleg daarvan afgekom. Colenso en Spioenkop aan die Oosfront was Boere-oorwinnings wat van die Boere se meerdere krygsvernuf getuig het. Netso aan die Wesfront, Stormberg en Magersfontein, wat vir die Britte 'n ongelooflike vernedering was.

Die daaropvolgende Boere-nederlaag by Paardeberg na 'n negedaagse weerstand was 'n keerpunt in die stryd. En die inbesitname van Bloemfontein en Pretoria deur die Britse magte het sonder weerstand plaasgevind.

Die Britse bevelvoerders was oortuig dat hulle die oorlog gewen het. Maar soos prof DW Kruger in die hoofstuk "Die Tweede Vryheidsoorlog" skryf in "Die geskiedenis van Suid-Afrika": 

 

Selde in die geskiedenis van oorlogvoering het uit skynbaar totale neerlaag en demoralisasie so 'n onverwagte herlewing en weerstand gekom as teen die einde van 1900... Die herlewing het die eerste in die Vrystaat gekom. Daar het De Wet reeds teen einde Augustus die burgers opnuut te wapen geroep".

Dit was die begin van 'n heroïese epog in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. "... these sturdy Dutch farmers", skryf Cecil Headlam in The Milner Papers, "brilliantly led, fought gallantly on, undeterred by infinite hardships, unshaken by innu­merable hairbreath escapes, in a passion of patriotism and hate of British interference, dour, desperate, irreconcilable".

In die nuwe ooriog het die Boere se krygsvernuf die Britte verstom. John McCord skryf in The South African Struggle:

"The British were baffled and frantic with rage because of a war that had gone so awry. All their calculations had been wrong. They had grossly underrated South Africans".

Dit was nie die eerste maal dat Britte hulle met Afrikaners misreken het nie, en dit sou ook nie die laaste maal wees nie.

Die nuwe ooriog van Boerehaat het veral bestaan uit die verbreking van Britse verbindingslinies en aanvalle op geisoleerde troepe-afdelings deur klein eenhede, met sporadiese saamtrekke vir groter operasies.

Milner skryf op 28 Oktober 1900 aan Chamberlain:

"I am fairly taken aback at the vitality and ubiquity of the enemy... The Boers slip round you and get back again, and with this eternal see-saw everything in the country is totally ruined".

Die Britte het in antwoord daarop teen geweldige koste en inspanning dryfjagte teen die Boere toegepas. Maar 'n jaar nadat die nuwe oorlog begin het (op 31 Oktober 1901) skryf Chamberlain aan Milner: "The drives continue in many cases with disproportionate results. And we still employ 200 000 troops and 500 guns to deal with 10 000 men without guns". Dit was 'n erkenning van militere skande.

Oorlog teen vroue en kinders

En omdat die Britte, met behulp van die hele Britse Statebond van Kanada, Australie, Nieu-Seeland en Indië die Boere nie op die slagveld kon verslaan nie, het hulle die oorlog teen die vroue en kinders begin. Plaashuise met alles daarin is afgebrand, alle kosvoorraad is vernietig, groot- en kleinvee is wreedaardig vermoor om die land van lewensmiddele te be roof.

Ramsay Macdonald, latere Britse Eerste Minister, het in "Wat ek in Suid-Afrika gesien het", geskryf dat van een miljoen beeste in Transvaal na die oorlog net 200 000 oor was en van 1,5 miljoen skape net 400 000. In die Vrystaat was sy skatting van die verlies van beeste, skape en perde groter as die in Transvaal. En 30 000 plase is afgebrand. Milner het na die oorlog geskryf: "The country is quiet. Only there is nothing left. The farmhouses are all gone".

Die vroue en kinders is meestal op die mees ruwe wyse weggevoer na Konsentrasiekampe. In Augustus 1901 was daar 105 347 gevangenes in die kampe; waar toestande so haglik was dat in die maand 1800 gesterf het waarvan 1545 kinders was. Teen Oktober die jaar was die sterftesyfer in die kampe 34,4 persent. Maar vir kinders was die persentasie aansienlik hoër. Dit is wat 'n latere Britse Eerste Minister, Henry Campbell-Bannerman laat vra het: "When is a war not a war?" En hy toe daarop geantwoord het: "When it is carried on by methods of barbarism, as in South Africa".

 

Volgens McCord het 14,4 persent van die Boererepublieke se mense omgekom in die vryheidstryd. Maar wat erger is, is dat 25 persent van die Boerebevolking se vroue en kinders hulle lewens opgeoffer het. In die doodskampe was die sterftes in 'n stadium oor die 34 persent. Na die oorlog het nie 'n enkele kind onder drie jaar die kampe verlaat nie. Nie net is 'n geslag uitgewis nie, maar 'n ongebore geslag is ook ingeboet om die Afrikanervolk dood te maak.

Hierdie uitwissing is enkele jare gelede deur 'n Oxford professor, Richard Crompton, in die blad Economic Link geopper. "Ethnic cleansing", het hy geskryf, “is a dirty business, but it is not a new one. It has been practiced after a number of major political upheavals. In the Boer War the British Army used precisely this tactic, giving rise to the phrase 'Concentration Camp'".

Britte wou die Boerevolk uitwis

'n Meer verdoemende uitspraak oor Britse oorlogvoering teen die Boere is ondenkbaar. Hier is die oordeel van 'n Engelse akademikus dat die Britte die Boerevolk wou uitwis ("cleanse") deur die Konsentrasiekampe. As daar sprake van 'n "holocaust", 'n menseslagting is, dan is hierdie Britse "barbarism" die sprekende voorbeeld daarvan. Volksmoord is wat dit beteken. So diep was die Britse haat vir die Boer, omdat hy die nie met die wapen kon oorwin nie.

Waarom wou die Britte die Boere uitwis? Omdat die Boere hulle meerdere was op elke terrein, maar veral op die militere terrein, waar die Boere 'n bespotting van die Britte gemaak het in die oe van die wereld. Die Bittereinders se vernuf en uithouvermoe het die Britte 'n strompelende, struikelende militere mag teen 'n ratse, vernuftige, vasberade klein Boeremag gemaak. Die Britte het die vernedering nooit vergewe nie, veral komende na die vernedering van Amajuba en die latere Jameson-fiasko.

Oorweldig, maar nie verslaan

"Was hy 'n oorwonne man?" vra Ramsay Macdonald, latere Britse Eerste Minister, wat Suid-Afrika kort na die oorlog besoek het. Sy antwoord lui: "Hy is trots op homself. Hy het sy onafhanklikheid verloor, maar hy het 'n ry van helde gewen... hy gee nie toe dat hy deur beter manne verslaan is nie". Baie van hulle het alle besittings verloor en dikwels het 'n man ook sy hele gesin verloor. Maar hulle het hul volkstrots behou. Die Britse verwoesting was die Boere se toekoms. Maar hoe reageer hulle?

"... geruïneerd terug na die land", skryf Macdonald. "Jy sien hulle in die strate van dorpe wag op die goedgunstigheid van die Repatriasieraad (wat die Boere weerop hulle plase moes terughelp); jy kom hulle tee, myle en myle van die spoorweë af, waar hulle in tente bly of by hul vernielde huise en grasbegroeide lande ronddwaal deur armoede geknel en met gelapte klere, maar nie 'n enkele een sal van jou bedel nie, nie 'n enkele een sal jou bedreig nie. Die straatrowery wat so algemeen in Johannesburg en twee ander stede was, is die werk van naturelle of vreemdelinge".

Soos die Boere tot bewondering van die wereld hulle lewenshoedanighede in die oorlog bewys het, het hulle ook hulle menslike gehalte na die oorlog tot agting van andere getoon.

Na die oorlog het sir Arthur Conan Doyle in The Great Boer War die afkoms van die Boere uit hulle Hollandse en Franse voorgeslagte beskryf, en toe gese: "The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon earth. Take this formidable people and train them for seven generations in constant warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstances under which no weakling could survive, place them so that they acquire exceptional skill with weapons and in horsemanship, give them a country which is eminently suited to the tactics of the huntsman, the marksman, and the rider. Then, finally, put a finer temper upon their military qualities by a dour fataliatic Old Testament religion and an ardant and consuming patriotism. Combine all these qualities and all these impulses in one individual, and you have the modern Boer... the most formidable antagonist who ever crossed the path of Imperial Britain".

Dft is die gehalte van hierdie volk teen wie die Britte die eeu van onreg gepleeg het.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie