1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333625

Besoekers aanlyn

Ons het 64 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

NASIEBOU VOLGENS ANC-RESEP.

Jacob Zuma, wat die openingsrede gelewer het, het gesê WB 2010 was glo ’n goeie voorbeeld van nasiebou

Toe vra Nkosozana Zuma vir dr. Corné Mulder van waar Gehasie op Nkosozana se voormalige man en ANC-hoofkierieswaaier se sogenaamde kohesieberaad.

Dit lyk of dinge maar bra onsamehangend vir arme Corné verloop het op daardie sogenaamde kohesieberaad waar die Moeder van alle Strategiedokumente gerig teen die vernietiging van die Afrikanerdom die lig gesien het.

Daardie geruis en gelag onder die Swartes wat gister in Soweto opgegaan het toe dr. Mulder van die Vryheidsfront Plus sy saak gestel het, dis nie bloot bedoel as 'n diplomatieke ongemaklikheid nie, dis outydse gekoggel, kry dit in julle koppe Vryheidsfront Plus.

Solank sommige dink hulle is meerderwaardig op grond van ras, sal daar nié nasionale eenheid en samehorigheid in die land wees nie, het Zuma van Sarafina-faam en nou kommissar vir binnelandse chaos op Kliptown verklaar waar die Brits-Joodse beplanners van ons ondergang die Freedom Charter in 1955 aan die daglig blootgestel het.


Dat jy nie vir Kersfees kan stem as die Freedom Charter bepaal dat jy 'n kalkoen is nie, het Corné, al is hy 'n staatsgeleerde, nog nie agter gekom nie.

Seg die hooflid van die Zuma-harem: “Deur die manier waarop ons praat en optree, is dit duidelik die meeste van die mense wat moet aanvaar hulle is Afrikane ... dink nog hulle is meerderwaardig omdat hulle van ’n sekere ras is.”

Rapporteer die Naspes-liegfabriek verder: Sy het gesê “minderhede” moet by die “meerderheid” aansluit en ophou dink hulle verdien “aparte en spesiale” behandeling.

Ja, reg gehoor, Corné: Nie eens erkenning as 'n sogenaamde minderheidsgroep met sogenaamde minderheidsregte nie. Jy kry ook nie eens “kuturele” of “interne” selfbeskikking van die ANC nie.

Lui die berig voorts:  Zuma het saam met Jacob Zuma, kabinetslede, politieke partye, sakelui, burgerregtegroepe en vakbonde by die Walter Sisulu-plein in Kliptown byeengekom om planne te beraam ten einde nasionale eenheid en samehorigheid onder Suid-Afrikaners te bevorder.

Zuma het so skerp gereageer nadat dr. Corné Mulder, VF+-LP, gesê het minder­hede word opsy geskuif.

“As die regering ernstig is oor sosiale kohesie, is dit tyd dat ’n nasionale departement vir minderheidsake gestig word om minderheidsgroepe en -gemeenskappe se toenemende vervreemding uit te wis,” het hy gesê.

Daar was ’n geruis en ’n gelag onder die gehoor van meer as 1 000 afgevaardigdes in reaksie op sy versoek.

Jacob Zuma, wat die openingsrede gelewer het, het gesê WB 2010 was glo ’n goeie voorbeeld van nasiebou.

“Elke Suid-Afrikaner was ’n ambassadeur van ons pragtige land. Dit het gewys wat moontlik is as ons ons land eerste stel.”

Dr. Mulder het gesê dit is duidelik die regering het al met nasiebou misluk.

“Daar moet ’n ware sin onder mense geskep word dat hulle (hier) hoort. Dit help nie ons strompel van die een sportgeleentheid na die volgende nie; dit is ’n kunsmatige nasiebouproses.

“Dit is hoekom dit vir Julius Malema so maklik was om ons samelewing te polariseer.”

Hy het ook uitgevaar teen Zuma, wat vroeër gesê het “pleknaamverandering is deel van die proses om Suid-Afrikaners bymekaar te bring”.

“Ek verstaan die president sê dit help met nasiebou, maar meer as 900 name is al verander en as die helde van my geskiedenis vervang word deur nuwe helde, is ons besig met vervreemding en sal sosiale kohesie nie slaag nie,” het hy gesê.

Lawrence Mavundla, president van die sakeliggaam Nafcoc, het wit mense daarvan beskuldig dat hulle nie belangstel in nasiebou nie en die ekonomie oorheers.

Die indaba om Afrikaner-onderhorigheid aan die ANC helder en duidelik tuis te bring duur vandag voort.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie