Apartheid die oplossing?
Hierdie artikel is n tyd gelede geplaas sonder dat daar veel ag op geslaan was. In die lig van uitsprake deur Angela Merckel wat onder ons aandag gekom het, is dit interessant om by herhaling weer daarna te kyk, juis omdat die hoofstroom media in Suid Afrika verkies om nie te publiseer wat reflekteer op hulle aandeel in die gemors waarin hulle Suid Afrika help dompel het nie!
Die woord multikulturalisme word doelbewus deur al die politieke swigters en na-lopers van die Brits-Amerikaanse integrasiedrywers gebruik ten einde n erkenning dat hulle politieke kortsigtigheid hulle in die moeilikheid het, te vermy.
Die AVP het al by herhaling gese dat die diepte van die insig van dr. Verwoerd en sy voorgangers nog nie gepeil is nie en dat die moed en volharding van dr. Albert Hertzog en mnre. Jaap en Willie Marais, om by daardie insig te staan of te val, die politieke beleid sal word van elke volk wat sy identiteit en vreedsame naasbestaan voorop stel.
Vir meer as ‘n week dra die internasionale media die interressante berigte van onrus vlugtelinge uit Tunesië en ander onlusgeteisterde gebiede na Europa omdat die Westerse Moondhede, soos hulle dit stel, sê dat multikulturalisme gefaal het!
David Cameron van Engeland wat gesê het dat multikulturalisme nie alleen gefaal het in sy land nie, maar dat dit ook onderliggend is aan die Moslemekstremisme in Engeland. In hierdie koor sing nou ook Merckel van Duitsland, Sarkosy van Frankryk, is daar betogings in Holland en selfs in sommige state van Amerika, dog die hoofstroom media in Suid Afrika rep nie ‘n woord nie!
Ons het mos nou hier te make met die teenpool van apartheid wat gefaal het! Integrasie of reënboognasie of rasvermenging of net wat hulle dit wil noem. Die betekenis is onteenseglik duidelik, dat dit waarteen dr. Verwoerd gewaarsku het nl. die verdringing van die kleiner groep deur die groter groep wanneer hulle met mekaar gelykgestel word en gelyke regte het binne dieselfde grondgebied.
Dat dit in die lig van wêreldgebeure al moeiliker gaan raak om apartheid onder die tafel te hou, is so seker as wat die son skyn! Die Swart Meerderheidsregime is reeds besig met demografiese verskuiwingsbeplanning wat ‘n miljoen bruines hulle werk in die Kaap kan laat verloor, berig Rapport van 20 Februarie 2011. Presies waarteen dr. Verwoerd gewaarsku het!
Die handige argument van weerspieëling van Nasionale samestelling is nou die instrument waarmee die ANC sy greep in Kaapland wil verstewig. Wit werkers sal met 80%, en Bruines met 22% verminder moet word terwyl Indiërs met 154% en swartes met 538% sal moet toeneem!
Zuma wat duidelik ‘n sterker outokratiese standpunt begin inneem, het verlede week in die parlement gesê dat swart mense letsels dra wat oorblyfsels van apartheid is waarvan die opposisie nie weet nie. Swart ekonomiese bemagtiging bly dus, sê hy.
Die AVP wil egter Afrikaners bemoedig deur u te vra om die tekens van die tyd noukeurig dop te hou. Die wiel draai vinniger as wat verwag is. Dit beteken ongelukkig ook dat die aanslag hewiger sal word en groter paraatheid van ons vereis. Die ekonomie sal ook nie verbeter nie en voorsiening uit ‘n groentetuintjie in die agterplaas sal baie beteken in die tyd wat voorlê. Suid Afrika sal nie die onluste vryspring nie. Moet dus nie dat u onkant gevang word nie.
U en u gesin se lewe is kosbaar vir die Afrikanervolk, maak voorsiening om dit te beskerm en skerp veral u kommunikasie met bure en vriende op. Heel belangrik is om die huisaltaar weer in te stel as dit verval het. Daar is niks wat dit kan vervang nie.
German Multiculturalism Has “Failed”: Merkel
Angela Merkel
German Chancellor Angela Merkel has said that attempts to promote a multicultural Germany have “utterly failed” and immigrants need to do more to integrate into society.
The comments came during a Potsdam meeting of younger members from her political party, the Christian Democratic Union (CDU), reports the BBC.
Merkel said that at “the beginning of the 60′s our country called the foreign workers to come to Germany and now they live in our country… We kidded ourselves a while, we said: ‘They won’t stay, sometime they will be gone’, but this isn’t reality.”
“And of course, the approach [to build] a multicultural [society] and to live side-by-side and to enjoy each other… has failed, utterly failed.”
Merkel also said educating and employing unemployed Germans should take precedence over importing foreign labor, reports Reuters, while at the same time noting the value foreigners have played. She also called on foreigners to learn German.
Christian Wulff
German President Christian Wulff has been criticized for welcoming Islam, while emphasizing the “Judeo-Christian” roots of the nation, to Germany during his speech celebrating the 20th anniversary of German reunification on October 3rd.
Reuters notes that the Christian Democrats, a conservative party, often cite “Judeo-Christian” values instead of merely “Christian” roots due to concerns of the Holocaust.
The leader of Germany’s Christian Social Union (CSU) and political ally of the CDU, Horst Seehofer, came under fire for calling Turkish and Arab immigrants an “alien culture” that Germany needs no more of. He also said that multiculturalism, or multikulti, is dead. Merkel backed her coalition partner, saying Muslims needed to follow German law, not Sharia.
A recent survey done by the Friedrich Ebert Foundation think-tank shows that 30% of Germans think their country is “over-run by foreigners” who have come to the country for its social benefits.