Dit was die Romeinse politikus en filosoof Marcus Tillius Cicero wat al eeue gelede gewaarsku het dat die verraaier nie die vyand is wat sy banier by die poort opsteek nie, maar die man wat soos jy lyk, dieselfde klere dra dieselfde taal praat. Dit is hy wat met sagte fluisteringe in die gange van die parlement, die pilare van die parlement ondergrawe. Gordel vas vir die onderbeklemtoning van die millennium! Dié onderbeklemtoning is egter terselfdertyd 'n bekentenis. Hierdie onderbeklemtoning/bekentenis lui só: Daar is talle “jeukplekke” in die nuwe Suid-Afrika. Ja, daar staan dit geskryf in die hoofartikel van eergister se Volksblad, 'n koerant wat in Lalaland vir Lalalanders geskryf word. Lalaland? Dis 'n misterieuse plek, vermoedelik kleiner as die Vatikaan, 'n soort koerantstaat, of sal “toestand” die ding beter saamvat, waar alles soos die eerste Toyota-advertensie in Suid-Afrika “altyd reg” gaan. Behalwe vir so 'n jeukplekkie of twee. Bygesê, skryf Volksblad, “die volkslied” is níe so 'n jeukplek nie.
Om dié salige mening uit Lalaland woord vir woord, punt vir punt, aan te haal: “Die punt is dat, ofskoon daar talle jeukplekke in die nuwe Suid-Afrika is, die volkslied nie een van hulle is nie. Dis nie verniet dat die spreekwoord sê moenie krap waar dit nie jeuk nie. Vanjaar is die gees van die Suid-Afrikaanse erfenis reeds geskend toe Paul Matashile, die minister van kuns en kultuur, met die aanvang van erfenismaand aangekondig het dat die tema vir die maand die verering van 'die helde en heldinne van die bevrydingstryd' is.”
Die geskorste ANC-jeugligaleier Julius Malema se weergawe van die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) word deur Zimbabwiese en Kongolese soldate gesteun.
Dit is van die bewerings wat op internetwerwe gemaak word wat gereeld deur behoudende Afrikaners geraadpleeg word ten einde te poog om tussen al die “ingeligtes en kundiges” se ontledings, ʼn gebalanseerde en nugtere verloop van die NDR weer te gee.
Wat die skets van die verloop van die NDR betref het die inligting wat deur middel van die sogenaamde hoofstroomnuusmedia die Afrikanervolk en ander lede van die Blanke gemeenskap bereik, so te sê nutteloos geword.
In die Naspes-nuuskartel word daar nog geskerm oor die wenslikheid van vieringe van sinnelose verskynsels soos sogenaamde erfenisdag en die sing van 'n ding wat deur hulle as die “die volkslied” bestempel word.
Dit is die tragiek van ons tyd dat soveel van die ontleders van ons tyd nou self krities staan teenoor die stelsel wat hulleself vanuit omstandigheid help skep het, en nog die huidige grondwet en “nierassige” wanstaltige stelsel probeer in stand hou!
Omdat die AVP se politieke standpunt ʼn voortsetting is van wat uit die Afrikanervolk se geskiedenis as ʼn werkbare, haalbare en uiters suksesvolle hoewel erg gekritiseerde beleid is wat deur elke vorige waardige Afrikanerleier gevolg is, kan ons nou bestek opneem van gebeure wat in ons land plaasvind en met redelike sekerheid die uitkoms daarvan vooruitsien.
Van die standpunte wat hier geldend is, is die stelling van mnr. Jaap Marais dat daar nêrens in die wêreld een regering van nasionale eenheid is wat geslaag het nie. Dat hierdie een ook nie sal slaag nie en dat wanneer dit uitmekaar val, dit met geweld gepaard sal gaan. Die geweld sal sy oorsprong in die etniese verskeidenheid hê wat onder die swartes sal begin en gaandeweg na die blankes sal oorspoel.
KAN U OP HIERDIE DIENS STAATMAAK?
Wanneer u in die nood is en die telefoon word nie beantwoord, of die stem kom traag oor en verseker u dat daar nie ʼn voertuig beskikbaar is, of daar is nie brandstof of.....of.....of....is u verbaas?
U moet nie verbaas wees nie maar paraat! Kyk vroegtydig na alternatiewe en moenie dat klaasvakie u met die broek op die knieë vang nie!
WÊRELDVREDE IN DIE LIG VAN DIE SKRIF (Tweede aflewering)
Dit was in Februarie 1986 wat Gorbachev op die 27ste kongres van die Kommuniste Party van die Sowjet Unie (CPSU), Glasnost (deursigtigheid), Perestroika (herstrukturering), uskoreniye (versnelling van ekonomiese ontwikkeling) en demokratizatsiya (demokratisering) aan die kongres voorgestel het en wat tydens die kongress aanvaar is.
Hy het egter al in Mei van 1985 in Leniningrad (nou St. Petersburg) in ‘n toespraak, wydverspreide hervormings propageer. Sy hervormings het begin met personeelveranderings.
SODAT JULLE GELOOF NIE IN WYSHEID VAN MENSE SOU BESTAAN NIE, MAAR IN DIE KRAG VAN GOD.
I KORINTHIËRS 1:27-31 en I KORINTHIËRS 2:1-7
maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam;
28 en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak,
29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
31 Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.
Stryd, hoewel nie op die naam af genoem nie, het dié kwelling van die dag geword.
Dit is seker net die negrofilis of die onberoulike Blanke hensopper van die tyd, die hier en nou in ons land, wat met oorgawe kan verklaar daar is nie 'n bittere stryd om ons aan die gang nie.
Daar mag 'n derde soort Blanke en Afrikaner-“strydlose” wees. Daar mag diegene wees wat ingelig is oor al die uitkomste en vermeende uitkomste van die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR), op een of ander wyse gekoöpteer is in die planne en uitsien dat die “positiewe” uitslag op die telbord verskyn. Hierdie verkenning betrek egter nie daardie salige siel nie.
Stryd, hoewel nie op die naam af genoem nie, het dié kwelling van die dag geword.
Teenoor stryd staan 'n onheilige verdraagsaamheid teenoor die magte wat jou ten gronde wil rig. Daardie soort verdraagsaamheid, 'n afwyking van die Christelike lydsaamheid, staan in ons land en in die Westerse wêreld ook bekend as die liberalisme.