1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9951827

Besoekers aanlyn

Ons het 121 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

GEEN VERSKIL TUSSEN ENGELAND EN SUID-AFRIKA SE BETOGERS

Na aanleiding van die beeldmateriaal op verskeie beeldradio-kanale, blyk dit duidelik dat die vandalisme wat kenmerkend is van veral die swart betogers van Suid-Afrika, nie veel verskil van die blankes van Britanje nie.  Beskaafdheid, verantwoordelikheid, respek vir ander se eiendom, niks daarvan is te bespeur in die Engelse betogers se gewelddadige optrede in verset teen die finansiële beperkings wat hulle regering aangekondig het nie.

Wat opval is die materiële oorwegings wat hulle plakate as motivering vir hulle optrede propageer, wat ‘n streep trek deur die “morele” millitêre optrede van David Cameron en sy regering, wat met oorlogstuig teen Libië  optree om kastig die inwoners teen Gadaffi te beskerm.

Cameron se openbare verklaring dat hulle optrede reg, geregverdig en noodsaaklik is omdat hulle nie kan toelaat dat Gadaffi se regering sy eie mense doodmaak en leed aandoen nie, is ook ‘n openbare getuienis van die Engelse regering se dubbelslagtigheid en geveinsdheid!

In Suid Afrika is sedert 1994 in die orde van 400,000 mense vermoor, bereken op die aantal moorde wat per dag plaasvind.   Die regime, wat deur middel van die Engelse regering se ondersteuning aan bewind gekom het, het die uitsluitlike verantwoordelikheid om die inwoners van die land te beskerm en te beveilig.   Dit is dus voor die hand liggend dat die regime vir die moorde verantwoordelik is!   Hier vind ‘n volksmoord plaas en die Engelse regering verroer nie ‘n vinger of maak selfs ‘n geluid daaroor nie!

Is dit omdat Suid Afrika nie oor oliebronne beskik nie, of is dit omdat die Engelse nog steeds die Anglo-Boereoorlog veg en daarom, tenspyte van herhaalde versoeke, steeds weier om verskoning aan te bied vir die onreg wat hulle teen ons volk gepleeg het en steeds pleeg?

Dié valsheid sit soos ‘n skandvlek op ‘n bruilofskleed op die menseregte-rekord van Britanje wat deur géén bontpratery en verswyging sal weggaan nie!  Dit het ook ‘n kontaminerende eienskap, wat elke bondgenoot van Britanje wat in hulle aanslag op die Afrikanervolk aandadig was, besoedel en elkeen se bona-fides onder verdenking bring, ongeag hulle “opregte” voorkoms en uitsprake!

Die geskiedenis sal ook hieroor ‘n onverbiddelike oordeel vel!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie