Die internasionale vyande van die Afrikaner en hulle plaaslike genote, wat op die mees diaboliese wyse in ons land se geskiedenis, ons volk uit sy erfenis verkul het, se aanvanklike sukses begin sigbaar uitmekaar val.
Apartheid was mos die gróót oorsaak en sommer gevolg ook van alles wat boos en onbybels verklaar is deur elkeen en almal wat die “morele hoë grond” beset het. Om apartheid te verwyder was dit logies dat daar iets anders in die plek daarvan moes kom en die teenpool van apartheid was en is en sal ewig wees, integrasie, rasvermenging en voortspruitend, gelyk beregtiging! Daarin was opgesluit, “regverdigheid, bybelsverantwoordbaarheid, demokrasie en die goudpot aan die einde van die reënboog”.
Alle waarskuwings van eertydse hoogge-eerde Afrikanerleiers wat vanweë hulle kundigheid wêreldbekendheid en erkennining geniet het, dat rasvermenging lei tot die vernietiging van rasse identiteit, rasseharmonie en uiteidelik uitmekaar val in anargie en chaos, is met minagting in die wind geslaan.
Die doelgerigte aftakeling van apartheid na die moord op dr. Verwoerd deur weg te doen met die toerusting van Afrikaners om bedag te wees op die “totale aanslag” soos wat dit bekend was, het ‘n groot gedeelte van die Afrikanervolk be-invloed om vyande te word van dit waarin hulle gister nog geglo het heilsaam en noodsaaklik was vir ons voortbestaan in Afrika.
Nou het ons ‘n reënboognasie, ‘n Swart Kommunistiese meerderheidsregering waarteen ons gewaarsku was, totale verval op elke lewensterrein en ‘n Volksmoord wat besig is om op die Afrikanervolk voltrek word sonder enige ingryping van enige ander moondheid wat nou so hoog opgee dat die ingryping in Libië, slegs gaan om die beskerming van die plaaslike inwoners.
Wat hier egter van die uiterste belang is, is die gedragspatrone van die onderskeie volke onder hierdie utopia van “nie-rassigheid” Dit is algemene kennis dat Wits Universiteit in Johannesburg, die sentrum van liberale anti-apartheidsdosente en studente was waar veel onheil teen die Afrikaner uitgebroei het.
Die onvermydelike invloed van gedwonge integrasie kan nie beter demonstreer word as dit wat besig is om by die Universiteit van Johannesburg te ontplooi nie. Die volgende uittreksel is van ‘n artikel wat in die Beeld koerant veskyn het.
Waar’s wit Afrikaanses?
2011-03-08 23:00
Dit pla die Universiteit van Johannesburg (UJ) baie dat hy nie Afrikaanssprekende en wit studente behou nie, skryf prof. Adam Habib,’n adjunk-vise-kanselier van die universiteit.
Ek rig hierdie skrywe aan sommige van my medeburgers in die Afrikaanssprekende gemeenskap. Meer as drie jaar gelede is ek die pos van adjunk-visekanselier: navorsing, innovasie en vooruitgang aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) aangebied.
Ek het die pos aanvaar vanweë die uitdaging en die belofte wat dit ingehou het. Die UJ het vyf jaar gelede tot stand gekom ná die samesmelting van drie instellings wat ’n rasgedrewe oorsprong gehad het: die Randse Afrikaanse Universiteit, die Technikon Witwatersrand en die Soweto- en Oos-Rand-kampus van die Vista-universiteit.
Die nuwe universiteit se mandaat was om ’n kosmopolitiese, rasgeïntegreerde instelling te vestig wat die hele samelewing dien.
Tog is ons nie suksesvol nie wat een fundamentele aspek betref, naamlik om ons deel van Afrikaanssprekende en wit studente te behou.
Ons het nog ’n redelike getal wit studente, meer as 7 000 – meer as die studentebevolking van die Rhodes-universiteit. Maar die getal daal jaarliks met tussen 500 en 1 000 studente.
Hierdie daling het baie selfondersoek aan die universiteit veroorsaak.
Ons het ons reklame wat op Afrikaanse skole en instellings gerig is, versterk; ons onderrig nog in Afrikaans in sekere kursusse, al het die vraag na onderrig in Afrikaans afgeneem. Maar die getal wit en Afrikaanssprekende studente daal steeds.
Hoekom pla dit ons soveel? Omdat ons mandaat is om die hele samelewing te dien en die wit en Afrikaanse gemeenskappe is ’n belangrike komponent van die Suid-Afrikaanse samelewing.
Net so belangrik is ons kollektiewe institusionele begeerte om ’n kosmopolitiese identiteit te bou. Om dit te laat gebeur, is dit noodsaaklik dat al ons gemeenskappe, ons wit en Afrikaanssprekende gemeenskappe ingesluit, steeds na die UJ kom.
Maar baie minder van hulle doen dit. En baie migreer nie net na universiteite en hoëronderwysinstellings in kleiner stede en dorpe nie, maar ook na instellings wat geneig is om meer ras-eksklusief te wees...........
Nee, die werklike rede vir die migrasie is ’n beskouing dat instellings met ’n meerderheid Afrikaanssprekende en wit studente ’n makliker omgewing is om by aan te pas.
Dit is natuurlik nie die enigste siening in die Afrikaanssprekende en wit gemeenskappe nie. Baie van ons Afrikaanssprekende en wit studente en hul ouers is van mening dat dit belangrik is om deel van ’n kosmopolitiese instelling te wees. Vir hulle is daar geen onversoenbaarheid tussen om Afrikaans en Suid-Afrikaans te wees nie.
Hulle besef dat ons almal veelvuldige identiteite het en dat hierdie identiteite saam kan bestaan solank die identiteite nie fundamentalisties van aard is nie.
Boonop, deur na ’n integrerende instelling te kom en deur aan die gewone kampusaktiwiteite deel te neem – studie, navorsing, sport, kultuur en sosiale interaksie – bou hierdie studente implisiet ’n nuwe Suid-Afrikaanse identiteit, een wat verder strek as wit of swart, ryk of arm, nasionaal en internasionaal.
Hierdie studente bou ’n identiteit wat Suid-Afrikaans, dog globaal is, gemeenskapsgerig, dog ondernemend, sensitief vir die kwessies van spesifieke gemeenskappe, maar wat reageer op dié van ander gemeenskappe, en wat gelykberegtiging en regverdigheid nastreef. Indien enigeen hieraan twyfel, kom gerus na die studenteproduksies in ons teater, waar studente oor rasse-, klasse- en studierigting-grense heen kuns en dramas skep wat tot ons as Suid-Afrikaners spreek. (My beklemtoning)
Kom luister na die kore in ons koshuise, waar wit en swart, en alle skakerings tussenin, ’n eklektiese mengsel van Afrikaanse, Engelse, Noord-Sotho- en Zoeloe-liedere skep. Woon ons rugbywedstryde in die intervarsity by waar die oranje truie van die UJ deur swart en wit, ryk en arm, diegene van Auckland Park en Soweto, gedra word. Hierdie studente bou in hul daaglikse interaksie die nuwe Suid-Afrika en wys wat dit beteken om in die 21ste eeu Suid-Afrikaans te wees.
Wanneer u dus oor ’n universiteit moet besluit, dink oor hoekom u die instelling kies wat u kies. Indien u die keuse maak vanweë die programme wat daar aangebied word of die gehalte van die akademici wat daar werk, is dit ’n goed verantwoorde besluit. Maar indien u die besluit geneem het op grond van kulturele of rasaffiniteit, dink weer na.
Nie net ondermyn u die kollektiewe nasionale projek om die Suid-Afrikaanse samelewing te bou nie, maar u bewys u kind nie ’n guns nie. Die Suid-Afrika waarin ons leef, asook die wêreldgemeenskap, ontwikkel in heterogene en integrerende gemeenskappe. (My Beklemtoning)
Of u in Franschhoek of Johannesburg, Kaapstad of San Francisco, Perth of Dakar, Londen of Durban, Beijing of Harare bly, ons wêreld word vinnig geïntegreer en word veeltalig, maar ook kosmopolities.
Om in hierdie wêreld te leef, vereis ’n begrip van ander se ervarings, waardes en gebruike. Om suksesvol in hierdie wêreld te wees, is om te besef dat al is ons almal verskillend, is ons ook baie eenders, met dieselfde vrese, aspirasies en begeertes. Daar is geen beter manier om vir hierdie wêreld voor te berei nie as om dit te beleef en te ervaar terwyl jy in jou universiteitsjare besig is om te ontwikkel.
Om ’n Afrikaner of Afrikaans te wees, hoef nie te beteken jy kan nie ook Suid-Afrikaans wees nie.
Maar om vandag Suid-Afrikaans te wees, beteken dat jy bereid moet wees om buite die begrensing van Afrikaans-wees te beweeg.
Dit vereis van jou om vanuit jou kulturele identiteit by te dra tot ’n groter kosmopolitiese identiteit.
En dit word bepaal deur jou daaglikse keuses: wie in jou kerk is, of jy huil oor almal wat ly of net oor diegene wat soos jy lyk en, in hierdie geval, hoekom jy kies om na ’n spesifieke universiteit te gaan.

‘n Duideliker bewys dat Adam Habib en met hom saam die internasionale Globaliste nie sal slaag om God se skeppingsorde na hulle wil en sin te verander nie, is nouliks te bedink! Nie alleen demonstreer hierdie artikel enersyds die beginsel van die handhawing van eiesoortigheid nie, maar is dit ook andersyds ‘n verklaring van voorneme om die skeidingsbeginsel van God ongedaan te maak.
‘n Verklaring van die statestiek wat hierbo verskyn is in die Woord van God te vind, nl.
DANIEL 2:43. “Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het-hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.”
Die AVP verklaar onomwonde dat die Universiteit van Johannesburg se kosmopolitiese benadering om in hierdie wêreld te leef, en suksesvol te wees, nié bloot is om te besef dat al is ons almal verskillend, ons ook baie eenders is, met dieselfde vrese, aspirasies en begeertes nie!. By die geringste bevoordeling of natuurlike handeling van selfhandhawing, val die hele ideologie, (fancifull speculation) van nie-rassigheid, met geweld uitmekaar!
Dit was die handhawing van apartheid, van nasionalisme, wat rasseharmonie, vrede en voorspoed in Suid Afrika verseker het en nou deur integrasie in slegs 16 jaar tot ‘n rommelhoop reduseer is, waarin die oplossing geleë is!