Soos verwag, het die kommissie van die algemene kerkvergadering van die Hervormde Kerk, die beswaar van ontstelde lidmate teen die kerk se verwerping van apartheid, van die hand gewys. Na die verklaring van apartheid as sonde deur die NG-Kerk in 1986, was dit onvermydelik dat die visier sou verskuif na die sogenaamde “volkskerk” van die Afrikaner.
Met militêre opleiding van die laat vyftigs en deurlopend in die 1960’s, was daar deurgaans sterk klem gelê op die “totale aanslag” op die Afrikanervolk.
BEZORGDE VLAMINGEN HOUDEN ANTI-HALAL ACTIE
Op Donderdag 17 Maart hebben tientallen nationalistische Vlamingen in nagenoeg geheel Vlaanderen actie gevoerd tegen warenhuizen en supermarkten die zogenoemde halalprodukten verkopen. Een van de deelnemers meneer Jos Verschoten uit Borgerhout dat in de volksmond al jarenlang Borgerokko word genoemd,verteld ons dat dit het begin is van nog véél meer acties.
“Die Afrikanerdom het geen nuwe ingevoerde lewensbeskouing nodig vir staatkundige of geestelike weerstand teen die Kommunisme nie. Hy dra al geslagte lank in hom die geloof, die lewensbeskouing wat dit onmoontlik sal maak vir die Kommunisme om by hom ingang te vind”. Dr HF Verwoerd (1941)
Dit is die Afrikaner se lewensbeskouing wat sal bepaal of hy as volk nog ‘n toekoms in hierdie land het. Tot en met 1994 was dit as Christelik-nasionaal beskou. En met reg. Na die oorgawe van 1994 is ‘n verwoede aanslag gemaak teen die Afrikaner se tradisionele beskouings oor sake. “Anything goes”, word dit op Engels genoem. In daardie wêreldbeskouing is daar nie plek vir die (rigiede) volksgebondenheid wat eie is aan die nasionalisme nie. So beskou is ‘n “ingevoerde” lewensbeskouing dan tog wel besig om inslag by ons volk te vind.
Die ANC Jeugliga het in ‘n lofrede aan die ontslape professor Carel Boshoff gesê dat prof Boshoff die nuwe demokratiese Suid-Afrika aanvaar het, maar daarop aangedring het dat die Afrikaner ook sy eie grondgebied moet hê waar hy homself kon uitleef. Dit was prof Boshoff se standpunt, naamlik dat niks gedoen sou kon word aan die realiteit van die nuwe Suid-Afrika nie, en dat ‘n nuwe staat vir die Afrikaner daargestel moes word.
Die uitgerekte sage by Kovsies oor die sogenaamde Reitz-video, waar Blanke studente vir jare verneder moes word oor ‘n onskuldige stukkie studentepret, en die onlangse gebeure by ‘n swemgala, waar laasgenoemde afgestel is omdat daar glo te min Swartes was wat kon swem, bring die saak van rasse en rasseverskille weer op die voorgrond.
Terwyl talle predikante hulle Sondae besig hou met praatjies oor verbroedering, gebede dat die barbaarse regime tog beter moet regeer en sedelessies oor moets en moenies, is dit verrykend om te lees wat dr Tobie Muller, eertydse teoloog gesê het oor ons Christelike plig.
Dr Muller se standpunt was dat nasionalisme ons Christelike plig is. Dus, nie verbroedering en gebede vir die barbaar om tog more net minder van ons dood te maak nie, maar volksbinding, volkskrag, volkseie, volksregering, volksgeloof. Hoe teenstrydig is dit nie met dit wat ons vandag hoor nie!
Selfs die blad Foreign Affairs wat deur die internasionale geldmagte se Council on Foreign Relations (CFR) uitgegee word en bekend is vir sy links-liberale standpunte, moet nou en dan toegee dat nasionalisme die mees formidabele mag is waarmee hulle te doen het.
SGP-GOUDA MAAKT ERNSTIG BEZWAAR TEGEN PAASEVENEMENT
De Staatkundig Gereformeerde Partij(SGP) in de Zuid-Hollandse stad Gouda, alsmede de predikanten van de Gereformeerde Gemeente en de Gereformeerde Gemeenten (in Nederland), hebben het College van Burgemeesters en Wethouders middels een brief verzocht geen medewerking te verlenen aan een opvoering van het muziekspektakel 'The Passion' wat op 21 April zou moeten plaats vinden.
Dominee Clements,dominee Schultink en dominee Geuze, verbonden aan reeds genoemde kerken alsmede meneer Versteeg fractievoorzitter en meneer Hooglander voorzitter van de SGP kiesvereniging zeggen in het schrijven het zeer ongepast te vinden om een dergelijk popevenement te gebruiken om Gouda te promoten. Men verwijst hier naar onlangs verschenen publicaties waarin de verfilming van scenes en muzikale (pop) optredens de kern van het spektakel vormt.