1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956165

Besoekers aanlyn

Ons het 122 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

“GRONDHERVORMING”

PERSVERKLARING

21 JANUARIE 2012

“GRONDHERVORMING”

In die lig van Jacob Zuma se nuutste uitsprake oor “grondhervorming” en die verklarings wat kwistig uitgereik word deur vakbonde, politici, die kerk en veral die georganiseerde landbou organisasies, is dit noodsaaklik dat daar duidelike riglyne moet kom wat in die eerste plek die landbouer se posisie in ag sal neem. Die kwaadwillige en vernielsugtige optrede van “stakende plaaswerkers” wat sy oorsprong in die politiekery van die Marikana debakel het, verg ferme en spoedige optrede indien stabiliteit in die landbou verkry wil word.

Die aanhoudende klem op onderhandelings en gesprekvoering is nou al by herhaling bewys as kontraproduktief en bloot ʼn instrument in die hande van die kommunisties gedrewe aanslag op die grondbesit en eiendom van die Afrikanervolk en in hierdie geval die Boer wat telkens moet toegee en geleidelik in ʼn al swakker posisie gedwing word.

Die Afrikaner Volksparty doen ʼn beroep op die oorblywende Boere in Suid Afrika om hulle Landbou-organisasies opdrag te gee om ondubbelsinnig van die regime te eis om hulle verantwoordelikheid om die Boere en hulle eiendom te beskerm, onverwyld na te kom. Om die regime te waarsku om nie Boere wat hulle huis en haard beskerm teen aanvalle en vandalisme te arresteer terwyl die aggressors vry toegelaat word om brand te stig, eiendom te beskadig en lewens te bedreig asof hulle ʼn reg daartoe het nie.

Indien die regime in gebreke bly om hulle verantwoordelikheid vir die veiligheid van die Boeregemeenskap na te kom, moet die Boeregemeenskap uit noodsaak kommando’s organiseer ten einde hulleself te beskerm. Indien die stakers voortgaan met die wandadigheid van gewelddadige optogte, moet daar dringend begin word met ʼn benadering om te meganiseer ten einde in pas te bly met landbouers elders in die wêreld en sodoende te ontkom aan die las van stakende werkers wat vooruitgang en volhoubaarheid van kosproduksie in Suid Afrika ten aanskoue van die regime belemmer.

As daar nie Boere grondbesitters is nie, is daar nie voedsel nie en ook nie werk en heenkome vir honderde-duisende werkers nie. Die regime hervorm in samewerking met die onderhandelaars, Suid Afrika die afgrond in!

Danie Varkevisser.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie