1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9954728

Besoekers aanlyn

Ons het 111 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

RADIO PRETORIA SE MASKER AF!

MEDIAVERKLARING

RADIO PRETORIA SE MASKER IS AF!

Die slenter waarmee Afrikaners sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd, niksvermoedend na links getrek is, was om telkens ʼn “behoudende” Afrikanerorganisasie op die been te bring wat aanvanklik oënskynlik die Afrikaner se belange voorop gestel het, net om later ernstige verdeeldheid in die hand te werk deur optrede en uitspraak wat verwarrend is en eerder in belang van ons vyande as in volksbelang.

Die voetwerk vir die vlot verloop van die linkse rigting waarin Radio Pretoria met die nuutste nuuskommentaar duidelik sy kleur wys, was reeds onder die bestuur van Clem de Klerk voltooi.  Die tragiese is dat behoudende Afrikaners dit met bloedgeld finansier het en waarskynlik nog vir ʼn tyd lank in hulle onkunde en goedertrou,  wat skandelik uitgebuit word, daarmee sal volhou.

 Op hierdie wyse help ons om die euwele beleid van rasvermenging, wat die instrument is waarmee ons vernietig moet word, te finansier en in stand te hou en uit te bou.  Daardeur word die krag van nasionalisme erodeer, die moontlikheid vir die bereiking van ons vryheidsideaal al skraler en is ons ons eie grootste vyand!

Hopelik sal die oorblywende lede in die HNP wat destyds oortuig is dat dr. Gregan Radio Pretoria te na gekom het en so sterk standpunt teen hom ingeneem het dat dit tot skeuring aanleiding gegee het, nou hulle steun aan Radio Pretoria sal onttrek en dit oorweeg om verskoning aan te bied vir hulle gebrekkige insig en dislojaliteit aan die partyleiding wat grootliks daardeur van die party vervreem is.

Vir die wat nog ongelowig is, neem kennis van die 1 miljoen rand wat AfriForum aan die rasvernietigende  en linkswordende radiostasie volgens die suksesvolle resep van die SAUK, geskenk het om die proses vinniger aan te help. Soos tydens die grensoorlog moes daar tyd gekoop word met die lewens van ons kinders, sodat ʼn politieke oorgawe beding kon word. So is daar tyd gekoop met Afrikaners se geld om ʼn Radiostasie op die been te bring waarmee die oorblywende behoudende Afrikaners, geleidelik links getrek kon word. Binnelandse en wêreldgebeure wat mekaar al vinniger opvolg, vereis dat die greep op die Afrikaner moet  verstewig word om te verhoed dat ons ons land weer sal terugneem.

Dit is voorts absolute onsin om te beweer dat  Afrikaner nasionalistiese historici Afrikaners se geskiedenis tot die totale Suid-Afrikaanse verlede verhef het. Daar is oorvloedige bewys van Afrikaner en ander historici dan Afrikaners, wat ons geskiedenis beskryf  het soos wat dit verloop het.  Geskiedenis vir  ʼn volk het slegs vir daardie betrokke volk rigtinggewende waarde indien dit geskryf word soos wat daardie volk dit werklik beleef het en nie soos wat bv. die filantrope van destyds ons geskiedenis verdraai het om die Afrikaner in die oë van die wêreld in onguns te bring ten einde hulle politieke oogmerke meer toeganklik te maak nie. Die gebruik van die term “verhef” het die implikasie dat ons geskiedskrywers ons verlede beklemtoon het bo die werklikheid, wat nou alle Afrikanergeskiedskrywers onder verdenking bring. 

 Hierdie soort van verdagmakery het die potensiaal om ons los te skeur van nasionalisme en ons verbintenis met ons afkoms, eerder as die handhawing van gebalanseerde geskiedskrywing, wat die indruk wek om in die oë van die wêreld groter aanvaarbaarheid te hê.  Met die verwerping van apartheid as die ”verskriklike stelsel” wat dit was, openbaar die moderne geskiedskrywer sy onkunde oor die oorsprong, doel en waarde van apartheid en derhalwe ook sy onbevoegdheid om ʼn geskiedenisboek daar te stel wat enigsins ʼn bydrae kan maak tot die kennis wat ʼn Afrikanerkind ʼn vastigheid kan gee waaruit sy lewens-en-wêreldbeskouing gevorm behoort te word.

Radio Pretoria word ʼn gevaar vir ons vryheidstryd met dié soort blatante liberale beriggewing en  ʼn instrument om ons deel te maak van die stelsel wat geskep is en waarin ons moet opgaan vir ons vyande om te kan slaag in die finale fase van die rewolusie wat teen ons begin is.

 

Radio Pretoria se nuuskommentaar vir Vrydag 13 Julie 2012

 

ELKEEN SE TAAK

Julie 12, 2012

Die publikasie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se langverwagte Geskiedenis van Suid-Afrika van voortye tot vandag is ’n monument, waarvoor die Akademie krediet verdien. Die geskiedenis-as-wetenskap het oor die laaste jare aansienlik ontwikkel en ’n omvattende eietydse werk is baie welkom. Terwyl ’n resensie nie hier tuishoort nie, kan die publisiteit wat dit omring, wel oordink word.

Die redakteur, prof. Fransjohan Pretorius, verklaar dat die miskenning van Afrikaners se negentiende eeuse republikeinse geskiedenis in skoolboeke tot hierdie groot werk gelei het. Hy doen moeite om te verduidelik dat Afrikaner nasionalistiese historici Afrikaners se geskiedenis tot die totale Suid-Afrikaanse verlede verhef het, maar dat huidige historici niks anders as swartmense se geskiedenis raaksien nie. Daarom rig hierdie boek die pendulum na die middel. Hy verklaar dat apartheid beskryf word. Hy verteenwoordig ’n algemene verskynsel onder Afrikaners wat soos volg opgesom kan word: “Om ernstig opgeneem te word, om nie te lyk of ek na die verlede teruggryp nie, veroordeel ek eers apartheid. Dan kan ek die res van my geskiedenis beskryf.”

Aan die grondslag van die geskiedenis-as wetenskap is die eis om die verlede só te beskryf dat die historiese figure hulleself daarin sou kon herken. Die geskiedkundige se eie oordeel word tydelik eenkant geplaas, om die historiese werklikheid so akkuraat moontlik te beskryf. Niemand sal beweer dat Napoleon se Russiese veldtog deeglik beskryf is as dit slegs uit die oogpunt van Napoleontiese Frankryk of tsaristiese Rusland beskryf is nie. Albei hierdie perspektiewe sowel as die van opposisiegroepe in die onderskeie lande en die invloed op gewone landsburgers kan verwag word. Dit is nie om te beweer dat ’n geskiedkundige objektief kan wees nie, want dit is vir geen mens moontlik nie. Dit verwag wel dat verskillende perspektiewe in ag geneem word, voor die skrywer tot evaluerende bespreking oorgaan.

Hierdie reël geld blykbaar nie vir die periode 1948 tot 1994 in die Suid-Afrikaanse geskiedenis nie. Daar word nie “in die skoene geklim” van leiers in die periode nie. Aanhalings word gekies om die vooraf oordeel dat “apartheid” uitsluitlik bedoel was om een groep ten koste van die res van die bevolking te bevoordeel. Aanhalings wat daarmee bots word as siniese leuens, as “apartheid new speak” hanteer.

Die geskiedenis bestaan uit verskillende mense en groepe se verhale. Om die persoonlike aard daarvan, die feit dat ander dit moeilik op dieselfde manier sien, te beskryf, word dit narratiewe genoem. Vir Suid-Afrikaanse geskiedenis van 1948 tot 1994 word byna uitsluitlik die struggle-narratief beskryf. Vergeefs soek ’n mens na die narratiewe van Afrikaners wat in swart onderwys, ekonomiese ontwikkeling, die SAUK en plaaslike regering, om maar enkele terreine te noem, hulle lewens aan swart bemagtiging toegewy het.

Die rehabilitasie van hierdie periode in die geskiedenis is die taak van die mense wat daar was. Elkeen behoort dit waaraan hy of sy gewerk het te dokumenteer en beskikbaar te stel.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie