Volgens dokters kan Mandela, wat sy toestand ook al is, vir 180 dae aan die lewensondersteunde apparaat gekoppel bly.
By al die duisterhede wat reeds aan die te wagte dood van die veroordeelde terroris Nelson Mandela gekoppel is moet ongelukkig nog een, en vir kennisname gerig aan 'n baie besondere adres, gevoeg word. Voordat die naam en die adres van die instansie wat geroep sal word om verantwoording te doen, oorweeg word, eers die besonderhede wat skort oor hierdie netelige duisterheid en die beklemtoning van die feit dat hierdie instansie sal moet keer vir al wat hy werd is wanneer sy beurt aanbreek. Want die Swartmens se regsbeskouing, dit is onder meer 'n ding soos oeboentoe, is alles behalwe 'n geplaveide pad na vryspraak. Dis intuïtief, wispelturig en die voorvadergeeste is die eintlike beregters in sulke sake.
Die klagte teen die instansie kan wees dat hy en/of sy bestuur Mandela doodgemaak het. Dat volgens sommige getuies hierdie instansie nie groente ('n koolkop?) aan lewensondersteunende apparaat gekoppel gehou het nie. Dat hy nog in die hospitaal “oor die ou dae” met sy boesemvriend, die kommunis George Bizos, gepraat het en dat nog 'n ou vriend en 'n Joodse kommunis en aandadig aan die beplanning van moord- en doodslag in die land waaroor die Rivonia-verhoor gegaan het, Dennis Goldberg, ook waargeneem het Mandela is nie in 'n “vegetatiewe toestand” nie. Hierdie instelling wat die verwyte op grond van hierdie duistere Swart reg en geregtigheid sal moet verduur, en ook wat daarop volg, is uiteraard die hospitaal in Pretoria wat die veroordeelde terroris verpleeg.
Volgens dokters kan Mandela, wat sy toestand ook al is, vir 180 dae aan die lewensondersteunde apparaat gekoppel bly. Dit is 'n halwe jaar. En dis 'n lang tyd op 'n sterfbed en in 'n land waar die senuwees al dun geskaaf is weens pruttende anargie wat weens elke bakatel tot uitbarsting kom. Maar is dit seker dat Mandela se kers na 180 dae uit sal wees? Dit is blote gissing al het, volgens een faksie van die Mandela-familie die voorvaders reeds die groen lig gegee vir sy vertrek na die langbome. Vir die hospitaal en sy personeel wat Mandela versorg, en ook die hospitaal se bestuur, moet gesê word: Baie versigtig met julle groente. En ook vir daardie skoonmakers met die elektriese apparaat wat byvoorbeeld stof suig en die hospitaalkamer se vloer opvryf: Moet nou nie die verkeerde prop gaan staan en uittrek vir die stofsuier en die poleerder nie, dit gaan straks nie as 'n gebaar van oeboentoe ervaar word nie.
'n MINDER ERNSTIGE OORWEGING
Daar is uiteraard ander duisterhede wat verband hou met Mandela se dood, ook duisterhede wat die Afrikanervolk ernstig raak. Laat daar egter eers na nog 'n minder ernstige aspek gekyk word, hoewel hierdie saak tog, soos al die ander duisterhede, ernstige implikasies inhou. Mandela is nou reeds vier weke in die bepaalde hospitaal in Pretoria en die waarnemer kan dalk van die insidente wat hulle in hierdie tyd in die Swart seepopera van 'n tragedie afgespeel het onderskat. Daar is gewis een so 'n insident wat dalk te lig beoordeel is. Daar is aangevoer dat die ambulans wat Mandela van Johannesburg na Pretoria gebring het, onklaar geraak het en dat Mandela glo in sy verswakte toestand 'n aansienlike koue tyd en uiteraard doodsgevaarlik, in die ambulans moes trotseer.
Sulke bewerings moet nie sonder meer aanvaar word nie, basta met die liggelowigheid. In voorvalle wat sulke ernstige implikasies inhou vir die veiligheid van die Afrikanervolk, moet daar altyd indringende vrae gestel word, al is dit tot die koeie huis toe kom. Soos: Wie was die ambulansbestuurder, was dit die gebruiklike ambulansbestuurder, wie was die ambulanspersoneel (hul name en adresse); soos in Amerika met hul opgevoerde psi-ops-dramas moes ons al geweet het wie het die ambulans laas gediens het, hoe lank gelede die ambulans gediens is, het die werktuigkundige 'n bobbejaanspanner laat val, was daar 'n verdagte gepeuter aan die ambulans, sulke goed.
Die Afrikanervolk moet ook nie sommer vir lief neem met net die name van die dokters wat na bewering vir Mandela verpleeg nie. Die verpleegsters en verpleërs van Mandela se name moes ook al lankal bekend gewees het. En gewis ook wie Mandela se hospitaalkamer stofsuig en die vloer opvryf. Die probleem met 'n ambulans wat presies op so 'n krisisoomblik breek, is dat dit kan inpas by een of ander (nog onbekende) agenda en as die Afrikaner die juiste rede vir so 'n krisis vasgestel het daar meer “kolletjies” op die kaart van intrige vir die Afrikanervolk verskyn. Dan kan die lyne tussen die krisisse en insidente, dis daardie sogenaamde “kolletjies”, sinvoller verbind word. Dis nou behalwe vir die feit dat sulke gerugte die kollektiewe gemoed van die Swartes op 'n sekere manier sout en peper (frustreer en opstandiger maak), en die Blanke uiteraard op 'n ander manier ('n sogenaamde “psi-ops” dus met sy voorafberekende uitkomste).
Daar kan ook op die volgende gelet word: Hoe het en hanteer die nuusmedia steeds die Mandela-koolkop-(aldan nie-)krisis; hoe hanteer die buitelandse media die krisis; hoe hanteer die Engelse media van Suid-Afrika die krisis; hoe hanteer die Naspers-nuuskartel die krisis en verskil dit danig met die res van SA nuusmedia se hantering daarvan. Wat die hospitaal en sy penarie dat hy die wêreldbekende Nelson Mandela verpleeg betref, 'n bietjie raad: Moet om die dood nie toelaat dat hy daar doodgaan nie. En moet veral nie die masjiene afskakel nie. Want julle daad sál met behulp van boendoegeregtigheid en dalk nog deur die voorvaders self (verseker in julle afwesigheid), geweeg word. Dus: As daardie 180 dae grasie wat julle het verby is, maak soos comrade Jacob Zuma se staatsdepartemente en 'n goeie losskakel: Versprei die bal (eintlik moes julle dit lankal gedoen het).
GENADEDOOD
Die kwessie van genadedood is opsigself reeds 'n yslike ding, nou kom die Swarte se oeboentoe as partikuliere probleem in die geval van Mandela nog by. Om 'n indruk te kry van hoe daar in die Westers-sekulêre reg met die kwessie van genadedood geworstel word en of dit sedelik en geregtelik verantwoordelik is, kan u, as u baie tyd en groot insig het, iets uit die debat wat byvoorbeeld daaroor in Nederland gevoer is, probeer agterkom: dis juridiese en sedelike wilsand. Ook vir 'n debat oor die genadedood en met besondere verwysing na die Westerse én Swart etiek (gelowe, gelofies, voorvadergeeste, of die Kôsas matriargaal of patriargaal is, sulke goed), moet die hooggeagte mediese instelling wat Mandela vir sy laaste of nie aardse skof onder sy vlerk geneem het, hom dus maar vet smeer.
'n ERNSTIGER OORWEGING
Al opgemerk hoe fyn daar in die pietersielie getrap word wat die dood van hierdie veroordeelde terroris betref? Al die maatreëls om Mandela se uitvaart vyfster te maak? Weeg dit nou op teen, sê maar die kenmerkende dood van 'n Afrikanerboer. Of ander Afrikaners. Neem die AWB-leier, mnr. Eugene Terre’Blanche, se dood as voorbeeld. Of Willemientjie Potgieter of Baba Botes. Al opgemerk hoe vee die Naspers-koerante hul af aan die feit van die uitwissing van die Afrikanervolk, u het mos kennis geneem oor hoe dié spulletjie op hul agtervoete gekom het nadat die sanger Steve Hofmeyr gewaag het om oor die volksmoord te skryf, dit spesifiek 'n volksmoord genoem het.
Wat Mandela betref is daar skynbaar so wyd en uitvoerig geraadpleeg dat sekeres nou ingelig is oor die kleur van die blomme en kranse (wit ook?), en waar Mandela die voorvaders tegemoet sal gaan, sy dit nou Qunu, sy dit daardie ander plek waar sy oorle naasbestaandes en vermeende naasbestaandes nou opgegrawe is. Is dit nie om naar van te word nie? Al hierdie dinge in ag geneem, is dit geen verrassing nie dat daar 'n boikot-Naspers-Faceboek-groep ontstaan het en in 'n ommesientjie tot duisende ondersteuners toegeneem het.