1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959734

Besoekers aanlyn

Ons het 110 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

HOE LYK DIE TRANSKEI WAAR MANDELA BEGRAWE GAAN WORD?

altaltWat die wêreld wat Mandela wil kom help begrawe kan verwag om te kry, kan gemeet word aan die statistiek wat beskikbaar is.

 

Na bykans twintig jaar se onderwerping van Suid Afrika aan swart meerderheidsbeheer, van die beste swartes wat Brittanje hulle hande op kon lê vir opleiding met die oog op hulle beplande oorname, is dit sekerlik billik om die Engelse se opleidingsvermoë te takseer op sterkte van die prestasie van hulle “studente”. As daar dan in ag geneem word dat Suid Afrika op elke terrein waar daar internasionale opnames gemaak is, soos bv. die onderwys, gesondheid, diensverskaffing, Universiteitstandaarde ens. en Suid Afrika dan boonop as die misdaadmekka van die wêreld bekend staan, sal dit nooit aan apartheid toegeskryf kan word nie maar wel op die Britte se bord geskep kan word. In die era van apartheid was die prestasie van alles wat hierbo vermeld is en elke ander dissipline waaraan gedink kan word, vergelykbaar met die beste van eerste wêreld standaard!

Wat die wêreld wat Mandela wil kom help begrawe kan verwag om te kry, kan gemeet word aan die statistiek wat beskikbaar is. Die jongste stel finansiële state, vir die jaar tot 30 Junie 2012, toon dat die munisipaliteit in dié jaar R735 miljoen ingekry en totale uitgawes van R681 miljoen aangegaan het. Gevolglik is ’n surplus van R69 miljoen, aangeteken, maar kyk mens na die inkomstebronne is dit opvallend dat R321 miljoen in subsidies en voorskotte van die regering ontvang is. Sonder die regeringsubsidies sou die munisipaliteit reusagtige verliese gely het.

 

Kyk mens verder na die uitgawes, is dit veral skokkend dat net R21 miljoen van die totale uitgawes vir instandhouding en herstelwerk was. Dis minder as R2 miljoen per maand en is maar 3% van die totale munisipale besteding. Die grootste uitgawe, R225 miljoen, was vir salarisse en lone vir die personeel en stadsraadslede. Aldus die Beeldkoerant.

 

Die Britte het waarskynlik nie rekening gehou met die ANC se bloudruk vir landsregering, nl. die Freedom Charter wat bepaal dat daar ‘n vinnige en onomkeerbare herverdeling van rykdom moet kom nie. Waar jy ookal in Suid Afrika jou begewe, is die prentjie dieselfde. Totale verval van infrastruktuur, bykans geen dienslewering en enorme korruptiewe, onproduktiewe en selfverrykende regeringsamptenare wat nie eers vir hulle eie mense omgee nie. Dit is die tweede keer dat Brittanje Suid Afrika onderwerp aan ‘n “verskroeide aarde beleid”. Die Afrikaner was instaat om die land uit die as uit op te bou tot een van die mees vooruitstrewende lande in die wêreld, onder die genadige en barmhartige Hand van God. Daaruit is die Britte se swart lakeie besig om Suid Afrika weer tot ‘n ashoop te ruïneer onder leiding van hulle voorvadergeeste! Voorwaar iets om na uit te sien vir die begrafnisgangers wat kom aanskou hoe ‘n Eerstewêreldland begrawe word in ‘n Derdewêreldland.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie