Die Aanloop
Lank, lank gelede, in die jaar 1994 is die orde versteur in ons land. Die gevolg van transformasie. Romeins Hollands na Romeins Heidens. Boekgeleerdheid vervang met intellektuele vryheid, uitkoms gebaseerd! Geletterde parlementariërs is ʼn onding, daarom word skoolboeke in die rivier gegooi, want n geleerde vis wat vrek van besoedeling het meer waarde as ʼn geletterde skolier. Enige Janswaap en sy maat kan mos die titel, Sy Edele verwerf deur blote eleksie, solank hy net militant genoeg is. Wie sal ooit die grille en giere van die voorvadergeeste verstaan? Slegs n tradisionele leier se dollosbene kan die storie vertel en dit is gewoonlik nie ʼn mooi storie nie.
Die “korrupte” sisteem van apartheid wat primitiewes menswaardigheid wou gee was die probleem. Nou kan almal weer slaaf wees van die verlede, hede en toekoms. Om dit polities korrek te stel: die eklips van die son het weer na 300 jaar plaasgevind. In die donker kan meer dinge gedoen word wat onsigbaar is vir die oog. Die Belhar reformasie se skielike deurbraak was so toksies dat selfs die grondwet nie ongeskonde gebly het nie. Die teologie moes noodwendig die meerderheidsopinie in ag neem. “Die wil van die mens is die wil van God” Kerk en Samelewing het tog immers ʼn besondere betekenis. Niemand minder as Johan Heyns het dit as korrek verklaar nie. Die Afrikaner Infidel se hele verlede is by n liegkommissie in oënskou geneem. Dit het sommiges net genoeg religie gegee om sy naaste te haat. Die beginsel van lewe is finaal geskraap. Afrikaner families ontmoet nou meermale by die begraafplaas as by n gewone kerkdiens.
DIE VERGADERING
By Mangaung is bymekaargekom, besluite is geneem en herbevestig, temptasies om af te wyk is bespreek, die Afrikaner is as renegaat uitgewys, planne is goedgekeur vir ʼn addisionele kampong in Natal verhoging in taksasie en addisionele belasting vir Afrikaners is as noodsaak uitgewys om partytjies te finansier, buitebande is weer “opgegrawe” om die beweging se solidariteit ʼn vonk te gee. Die Maya kalender is aangepas tot Jesus kom, die uur van afrekening met die Afrikaner is op die kalender afgemerk, praatjies oor nasionalisering is gebesig, plase is uitgedeel en verveligheid in die staatsdiens van sit en niksdoen, stilsit, niks dink is met niksseggende toesprake aangespreek. Veelwywery is aanbeveel, die belangrikheid van storte herbevestig en om dit in kort te stel, ʼn magdom besluite wat teen mekaar stry om verwarring te veroorsaak is geneem.
Korrupsie op die agenda is vervang met ʼn bespreking oor “ligte wyne”. Iets sterker, baie sterker sal aangekoop moet word vir die toekoms. Iets wat die keel brand, iets wat die maag warm laat voel en die alkohol spesifikasie oorskry sodat jy kan sit en slinger. Iets wat jou kan laat praat oor die goue era wat kom en die skandaligheid van die somme geld wat daarop spandeer is kan laat vergeet.
NS. Maak ʼn lys van al my leuens en skryf aan my
Johan Bekker.