DIE GRENSOORLOG EN DIE VAL VAN RHODESIË EN SUIDWES MAAR OOK DIE PORTUGESE BEWIND IN ANGOLA EN MOSAMBIEK
(Henry) Kissinger sou 'n sleutelrol speel in die groter Suider-Afrikaanse teater waarin al die Christelike regerings tot 'n val gebring is. Die val van die Blanke bewind in 1994 in Suid-Afrika is maar 'n nadraai van gebeure in Suid-Afrika se noordelike buurstate.
Die feit dat dit weens beplanning van Amerikaners en besonderlik die toedoen van karakters soos Kissinger gebeur het, word deur historici en joernaliste onderbeklemtoon. Ook die bewind van P.W Botha het hom skuldig gemaak aan hierdie sonde. Veel is byvoorbeeld gemaak van stellings soos dié van die Sowjet-leier Leonid Breznjef dat die Sowjet-Unie en sy surrogate die verowering van Suid-Afrika in die visier het, terwyl Richard Nixon, die president wat Kissinger aangestel het, verklaar het dat die Amerikaners hul ten doel stel om die Midde-Ooste met sy olie- en gasbronne, sowel as mineralebronne van Suid-Afrika te beheer. Waarom moet sulke rykshonger uitsprake as van minder gevaarlik en van minder erns beskou word net omdat Westerlinge en oënskynlike Westerlinge dit doen? En so bloedig soos die Sowjet-Unie en sy surrogate se beplannning was, so bloedig was die gevolge van die Amerikaners se beplanning.
DIE OORLOG TEEN SUID-AFRIKA EN GOUD
Antony C. Sutton gee in sy boek, The war on gold (bl. 21, Valiant Publishers, Sandton, SA; 1977), agtergrond tot die duiwelse beplanning deur Amerika en belig ook die rol wat Kissinger daarin gespeel het: In 1965 het die belastingvrygestelde Carnegie Endowment for International Peace 'n navorsingstuk oor hoe die Verenigde Nasies 'n aanval op Suid-Afrika kon doen gepubliseer. Die navorsing is onder leiding van Amelie C. Leiss gedoen (Apartheid and United Nations Collective Measures).
Hierdie aanslag sou 'n gewapende inval insluit. Die verslag bevat dan ook militêre berekenings soos hoeveel soldate nodig sou wees (93 000), vliegtuie benodig (3 000 vliegure) en die verwagte getal ongevalle (tussen 18 900 en 37 800). Sutton skryf (bl. 193) die verslag is onderteken deur Joseph E. Johnson, Amerikaanse ere-hoofsekretaris vir Bilderberg-vergaderings.
Volgens Sutton is die Bilderbergers voorstanders van 'n sogenaamde Nuwe Wêreldorde onder Amerikaanse (dit is Wallstraat) oorheersing, “met ander woorde, dit sal dieselfde dollar-imperialisme wees as wat aan die wortel van die oorlog teen goud (dit is dat daar 'n goudstandaard vir lande se betaalmiddele moet wees) lê.”
Volgens Sutton is die Carnegie-stigting 'n nader bron wat Amerikaanse beleid betref “as Washington se burokrate”. “...As deel van die Carnegie-program om 'die toekoms te wysig' ten behoewe van dollar-imperialisme beveel die Leiss-verslag ... aan die boikot van goud as 'n voorspel tot militêre optrede.”
Hy skryf (bl. 94) Amerika het die Carnegie-verslag vir beleidsdoeleindes aanvaar. Psigologiese oorlogvoering is teen goud en teen Suid-Afrika van stapel laat loop, Suid-Afrika die grootste produsent van goud. Wyl die oorlog teen goud aangevoor is moes Amerika egter versigtig wees om sy eie goudvoorraad te handhaaf.
“In 1975 het die Russies-Kubaanse oorname van Angola riller-bevestiging gebied dat die Carnegie-plan vir militêre optrede teen Suid-Afrika sy finale fase binnegaan. In die afgelope twee jaar was die aanval op die prys van goud deur die Amerikaanse tesourie en die Amerikaans-oorheerste Internasionale Monetêre Fonds 'n belangrike faktor om die prys van goud so laag as 120 tot 140 Amerikaanse dollar per fyn ons te hou. In die openbaar was die Amerikaanse houding oor die oorname van Angola 'n gerieflike, 'los hom'. Maar in der waarheid het Amerika in daardie tyd teen Suid-Afrika gewerk en die marxistiese sege oor Angola het by die plan ingepas. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Henry Kissinger het persoonlik leiers van Latyns-Amerika se marxistiese regerings verseker dat Amerika op die kantlyn sou bly in die Angolese konflik, hoewel sommige openbare aankondigings gedoen sal word waarin die Russies-Kubaanse oorname veroordeel sou word. Die verklarings sou ontwerp wees om die Amerikaanse publiek tevrede te stel, egter sonder om die planne vir Angola om te krap, verklaar 'n Washingtonse rubriekskrywer (Utah Independent, 4 Maart 1976) Paul Scott.
“'Die Kissinger-vermanings word deur binnekringers gesien as 'n ou diplomatieke slenter gebruik deur 'n regering wat probeer lyk asof hy 'n verbete standpunt inneem terwyl hy inderdaad niks aan 'n ernstige bedreiging doen nie...' “In Peru het Kissinger pres. Morales Bermudez, 'n goeie vried van (Fidel) Castro (kommunistiese diktator in Kuba), verseker dat Amerika geen werklike voorneme het om Suid-Afrika te steun in optrede teen die Kubane in Angola nie. Later, toe die senaat se buitelandsde sake-komitee Kissinger ondervra oor 'n presidensiële versoek om hulp aan die FNL-China-SA-alliansie in hul stryd teen die Russies-Kubaanse kant, het Kissinger verklaar: 'Die versoek was bloot 'n diplomatieke gebaar.'
“Die London Economist het intelligensiebronne aangehaal met die strekking dat Amerika 'n agteraf spel in Angola gespeel het: die CIA het Suid-Afrika militêre steun belowe teen die marxistiese MPLA – en toe terug gegaan op sy woord. In kort suggereer die verslag dat Amerika Suid-Afrika in 'n lokval gelei het.
“Dit mag verregaande vir baie lesers klink, maar let daarop dat hierdie vertolking strook met drie ... werklikhede: die oorlog teen goud, die propaganda-oorlog ... en die wapenverbod teen Suid-Afrika.
Verder klop dit met die alliansie van 50 jaar tussen die kapitalistiese outokrasie in Wallstraat en die bolsjewistiese outokrasie in Moskou.
“Op die keper beskou is Wallstraat heel tevrede om Angola as 'n marxistiese kolonie te sien. Gulf Oil, wat beheer word deur die Mellon-belange, kan hul skaars inhou wat betref olielewering-meevallers aan die marxiste en om die Gulf Oil-velde weer in produksie te kry...”
Bl. 96: “Die oorlog teen goud” en die Wallstraat-estabilshment ”Maar is Wallstraat bereid dat Suid-Afrika 'n Sowjet-kolonie word (nou deel van die sogenaamde Brics-magsblok: Opsteller), met Suid-Afrikaanse goud gevoeg by Sowjet-produksie?...
“In die lig van bogenoemde kan aangevoer word dat die aanval op Suid-Afrika se rassebeleid niks minder is as 'n verskoning vir 'n politiek-militêre aanslag teen Suid-Afrika nie, met die oorlog teen goud 'n noodsaaklike afskop waarin die goud- en minerale-rykdom die uiteindelike doelwit is.
“Die oorlog teen Suid-Afrikaanse goud het sy oorsprong by die Wallstraat-establishment... Die belangstellende leser word verwys na Wallstraatse betrokkenheid by die 1917-bolsjewiekse rewolusie (in Rusland), die voortgesette militêre en ekonomiese hulp aan en beskerming van die Sowjet-Unie deur Wallstraat se bank-gemeenskap en die stryd vir 'n Nuwe Wêreldorde onder Amerikaanse oorheersing (wat neerkom op dollar-imperialisme onder Wallstraatse leierskap), waarvolgens die Sowjet-Unie tegnies en finansieel 'n kolonie van Amerika sal word.”
JACOBS
Vervolgens word uit 'n ander hoek gelet op die Kissinger (in feite Amerikaanse of Geldmag-) aanslag op Suid-Afrika soos beskou deur die militêre ontleder, M. Jacobs. As Jacobs se gloeiende beskouing van die Rooi Chinese leier Deng u irritteer, dit was eweneens die geval met lesers van sy artikels op die internetwerf waar dit gepubliseer is.
Jacobs se waarnemings en ontledings aan die hand van vrygestelde Amerikaanse dokumentasie is egter van belang om Kissinger en die Geldmag se spel met en in die Suid-Afrikaanse grensoorlog te verstaan en die aanhalings deur die AVP is bedoel om van hulp te wees met groter scenario-ontledings wat Amerika se jongste bemoeiing met Suider-Afrika en ook die kontinent in sy geheel betref.
Jacobs het verklaar: Hierdie hoofstuk oor die geopolitiek van die Grensoorlog handel oor Deng. Die volgende hoofstuk wat volg is oor Fidel.
Tydens en na die Grensoorlog, het Deng Xiaoping vir China weer op die wêreldkaart geplaas. Deng het van China die supermoondheid gemaak wat dit vandag is. Daarvoor het Deng die VSA se hulp nodig gehad, wat die CIA en Nixon in 1972 belowe het, in ruil vir China as VSA-bondgenoot teen die Sowjet-Unie. Die Sowjet-Unie as supermoondheid was die gevolg van Engeland en die VSA se oorlogs-bondgenootskap met Rusland teen 'n opkomende super-Duitsland.
Met die uitbreek van die geopolitiese Grensoorlog in 1975, was China alreeds aan die VSA se kant, en had China daarom alreeds sy steun vanaf die MPLA na die FNLA en Unita in Angola oorgeswaai. Gedurende die mees kritieke tydperk van die "globale" Grensoorlog in Desember 1975, het die president van die VSA vir China persoonlik besoek om sekuriteits-sake van globale en gemeenskaplike belang, die Grensoorlog, met China te bespreek.
Deng van China was baie bekommerd oor die Grensoorlog. Op daardie stadium was Kissinger voltyds besig met die bestuur van die Grensoorlog. Daarom het die VSA se Nasionale Staatsekuriteit-Adviseur, Brent Scowcroft, vir Kissinger en Ford na China vergesel. George Herbert Bush, latere hoof van die CIA en president van die VSA, was reeds in China. Kissinger se Grensoorlogplan was logies. Aangesien Pretoria letterlik alles kon verloor deur nie die magsvakuum in Luanda te vul nie, was dit logies dat Pretoria alles moontlik sou probeer om sy buurstad Luanda vanuit Suid-Wes te bereik en te beset. Dit was in belang van die VSA dat die Sowjet-Unie nie die magsvakuum in Angola vul nie, dus het Kissinger Pretoria se resies na Luanda gesteun.
Kissinger moes egter ook sy Chinese bondgenootsbelang in ag neem. Sou Suid-Afrika Luanda beheer, sou Pretoria direk of indirek die hele Suider-Afrika beheer. Dan sou die Pretoria-Windhoek-Luanda-as geneig wees om die hele Suider-Afrika tesame met wit Rhodesië, Mosambiek en samewerkende Bantoestans tot 'n ekonomiese supermoondheid te konfedereer en integreer, met gepaardgaande gevolge tot in die Kongo en Zambië, en sou Deng se rasionele strategie om China met handelshulp van die VSA globaal-ekonomies te laat groei tot industriële supermoondheid, maar afhanklik van minerale hulpbronne uit onontwikkelde Afrika, verseker skipbreuk ly. Industrialiserende China mog nie met die VSA se ander politieke vennote, naamlik Japan, Suid-Korea en Taiwan om beperkte hulpbronne in Suid-Oos Asië meeding nie. Daarom was China se groeiplan aan Afrika, insluitend Suider-Afrika gekoppel.
Deng het sy diep bekommernis so aan Kissinger, Scowcroft, Bush en Ford tydens die Grensoorlog-vergadering uitgedruk: "Suid-Afrika is die primêre probleem." Deng wou net daar weet hoe die VSA die komplekse probleem sou kon oplos. Kissinger het eerlik geantwoord dat die VSA bereid is om: "Suid-Afrika uit te stoot sodra 'n alternatiewe militêre mag geskep kan word."
President Ford wou die bekommerde Deng dadelik verder tevrede stel en het bygevoeg: "Ons het niks te doen gehad met die Suid-Afrikaanse betrokkenheid nie, en sal aksie neem om Suid-Afrika uit te kry, sodra 'n balans gehandhaaf kan word vir hulle om nie in te wees nie."
'n Week voor daardie Grensoorlogvergadering in China op 3 Desember 1975, het Kissinger en Ford se "geskape alternatiewe mag" om Suid-Afrika se militêre oppermag in Angola te balanseer, reeds Pretoria se opmars na Luanda by Ebo gestuit. Daardie balanserende mag was Kuba onder leiding van Fidel Castro.
Die CIA het Fidel toegelaat om voortdurend spesialiste en troepe baie ver vanaf Kuba na Afrika te laat vlieg en vaar, met die doel om Pretoria se permanente besetting van Luanda te stuit, en Suid-Afrika se militêre mag in Angola te balanseer, ter wille van die VSA se nuwe bondgenoot teen die Sowjet-Unie, die geniale Deng Xiaopeng van China, briljante beplanner van China se opkomende mag.
In werklikheid het Fidel Castro in die Grensoorlog dus nie teen die VSA nie, maar onbewustelik vir die VSA geveg. Beide die bewyse en die magsuitkomste bestaan. Hoe sou Fidel vandag reageer as Afrikaners dit in 'n medelydende skrywe aan hom sou oordra? Sou Fidel 'n ewig ongelukkige dood sterf?
Miskien sal Fidel se hart gaan staan by sulke ironiese nuus, want niemand op aarde het meer gedoen om die Grensoorlog te "wen", as Fidel Castro self nie. Nie een keer nie, maar twee keer in sy lewe het Fidel persoonlik vir die manjifieke Suid-Afrikaanse oorlogsmasjien verhoed om Luanda te beset, deur self die Kubaanse operasies in Angola deur die dag en nag te bestuur. Beide kere was 'n bo-menslik briljante Fidel suksesvol teen die "Boere" van Afrika, die mees gedugte gevegsmag in die Suider-Afrikaanse bos gedurende die 20ste eeu.
Teen die einde van die 20ste eeu, drasties anders as aan die begin daarvan tydens die ABO, was lugdominansie in oorlogvoering egter deurslaggewend. By gebrek aan lugdominansie in 1988 se tweede kritieke tydperk in die tweede en laaste stryd om Luanda, politieke oorlewing en 21ste-eeuse wêreldmoondheid, het Pretoria sy heel laaste gevegskaart gespeel, en vir VSA-satelliete 'n kernbomtoetsskag oopgemaak.