1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9957875

Besoekers aanlyn

Ons het 94 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

"BENNEFISIASIE"

altBeskawing het alles te doen met ʼn Godsbegrip wat ʼn fondasie lê vir moraliteit.   As hierdie morele fondasie ontbreek (soos tans in S.A.) stort ʼn beskawing in duie.

Vir amper 20 jaar is die Regime nou-al besig met die slenter van ʼn Reënboognasie.   Die Mandela/de Klerk grondwet het die Afrikaner as ʼn tydelike noodsaaklike euwel verklaar.   Alle sektore word oorgeneem as ANC besit en dan ten gronde gerig as gevolg van onbekwaamheid en korrupsie. Waninterpretasie van die geskiedenis het daarom noodsaaklik geword om eie swakheid te verbloem en sodoende die onredelike tot die redelike te verhef.   Propaganda het die plek ingeneem van waarheid. Selfvergrype plunder ʼn eertydse beskawing tot ʼn blote nagedagte.

Tans behoort dit duidelik te wees vir elke Afrikaner dat inperking en uiteindelike uitdelging ANC strewe is.   Hierdie destruktiewe druk het reeds baie Afrikaners laat oorloop na die D.A. ʼn Abdikasie van Nasionalisme wat lei tot selfmoord. Abnormale sosiale gedrag kom na vore as realiteite geïgnoreer word.   Sonder plan of fondasie word ʼn toekoms bepraat wat sal afhang van swart grille en giere.   ʼn Impuls sonder definitiewe oriëntasie. ʼn Oorgawe in ʼn agnostiese wêreldbeskouing waar beken word dat die skepping en die lewe self sonder enige betekenis is.   VOLTAIRE het dit so gestel: “As jy in onbenullighede glo, sal jy noodwendig gruweldade pleeg”. Beskawing het alles te doen met ʼn Godsbegrip wat ʼn fondasie lê vir moraliteit.   As hierdie morele fondasie ontbreek (soos tans in S.A.) stort ʼn beskawing in duie.

Inherent tot ʼn lewensbeskouing is ook ʼn lewensverwagting. Die swart verwagting is ʼn wit oorgawe van goed en bloed sonder enige weerstand. Die grondwet is juis só opgestel om dit te verwesenlik. (Een man een stem in ʼn onverdeelde S.A.) Ons plig as Afrikaners is om weer besit te neem van ons toekoms. Selfdeterminasie, selfregering, eie grondgebied en eie waardes is die enigste roete tot VRYHEID EN TEEVOETER VIR BENNEFISIASIE!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie