1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9957878

Besoekers aanlyn

Ons het 103 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

Chaskalson,Gerwel, wie volg?

altDIT HET NIE GISTER BEGIN EN GAAN NIE MÔRE OPHOU NIE!

Met die afsterwe van twee aartsliberaliste en Afrikanerhaters, Chaskalson en Gerwel, wat die lewensbeskoulike beginsel van afsonderlike ontwikkeling van die Afrikanervolk met hand en tand beveg het, verskyn die satanaanbidder Gaga op die toneel om verder by te dra tot die ondergrawing van die beginsel van Christelike waardes van ons volk.

‘n Bevestiging en seker bewys aan strydmoë Afrikaners dat stryd nie gister begin het en nie more gaan ophou nie. Stryd is ewigdurend en beproewend vir die Afrikaner se sin vir verantwoordelikheid, veral sy geloof, standvastigheid en moed. Dit is by gebrek aan hierdie kwaliteite dat ons volk hand-oor-hand ingesleep word in die wêreldse maalkolk van dekadensie waarvoor die liberale en Humanistiese gelykstellingsbenadering van Gerwel, Chaskalson en genote die weg help voorberei het.  Dat ons volk op bedenklike wyse ingesleep is in hierdie stroomversnelling van verval, met diaboliese werksmetodes deur gesante van die bose wat jammerlik nog vandag in die lewe oorgebly het,is sekerlik waar maar nie ʼn verskoning vir dié van ons wat dit nou aanvaar en daaraan meedoen nie.

Om ʼn vriend van die wêreld te wees, beteken om ʼn vyand van God te wees. Dit was reeds aan die begin van die skepping dat Kain deur God gewaarsku is: GÉNESIS 4:7 Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.

Hierdie gebeure rondom ons is aanduidend van die noodsaaklikheid dat ons as ʼn (gelowige?) volk tot inkeer moet kom, die bose moet weerstaan, die kerke wat afgedwaal het in massa moet verlaat en as volk moet terugkeer na God wat ons deur Bloedrivier en talle soortgelyke menslik onmoontlike “riviere” gelei het! Wêreldgebeure veroorsaak omstandighede wat beginsels verdring en volkere, nasies en helaas veral indiwidue se lewens-en-wêreldbeskouing dermate beïnvloed dat reg verkeerd word en andersom. Dit is waarom dit van belang is dat mense wat van dieselfde innerlike oortuiging is, bymekaar gebring moet word. Dit is omdat leiers skaam geword het vir die Woord van God dat ons volk mense soos Gaga aanhang!

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie