All what I’m trying to do is put over the truth about my country, Rhodesia, because it has been twisted against us and distorted for about the last 30 years. That was brought about because we had an argument with the British Government. We had to make an agreement with them, and they failed to honour that agreement,....
The Great Betrayal
In Ian Smith se boek The Great Betrayal is daar 'n ooggetuieverslag deur 'n Westerling, hierdie laaste Blanke politieke leier in 'n Afrika-staat (Rhodesië), wat 'n prentjie in die boek bied van 'n staat volgens Westerse insigte ingerig om daardie staat noulettend, stap vir stap, onder Swart leierskap te plaas.
Teenoor Afrikaner-tydgenote soos John Vorster, PW en Pik Botha was Smith 'n reus, die enigste swak in hierdie gedekoreerde vegvlieënier uit die Tweede Wêreldoorlog se mondering 'n ridderlikheid wat onverbiddelik geglo het outydse Britse demokrasie sou teen alle getuienis in triomfeer oor Robert Mugabe en diesulkes se pan-Afrikanisme die dag as gesag aan 'n Swart meerderheid oorhandig is.
Smith voer jou in The Great Betrayal deur al die fases van Swart verowering van 'n Westers-ingestelde staat, van die eerste skote en landmynontploffings deur Swart afvallige insurgente tot daardie pynlike werklikheid vir elke Blanke Rhodesiër om te ervaar, die oomblikke van waarheid soos bepaal deur die Lancaster-besluite.
Smith verhaal die slinksheid van die Amerikaners en Britte onder aanvoering van die sluwe Jood Henry Kissinger, maar ook die naïwiteit van Afrikaner-leiers soos John Vorster en Pik Botha, skryf byvoorbeeld oor hul vals vertonerigheid tydens die berugte treinwa-beraad waarin Kenneth Kaunda van Zambië betrek is. Dis veral Pik Botha, of Botha hom verbeel het hy is Clarke Gable sal net Botha weet, wat nie in Smith se kritiek gespaar word nie.
The Great Betrayal is dalk 'n lang en uitmergelende verhaal oor 'n uitmergelende stryd vir 'n eerbare Westerling besiel met eerbare Westerse ideale ter wille van 'n land wat Smith sonder twyfel lief gehad het, die einde egter voorspelbaar, 'n geliefde land wat ten slotte aan 'n opgevoede barbaar (Robert Mugabe) oorhandig word, die woorde van die boek wat as 'n vermaning aan ons in Suid-Afrika gerig kon gewees het. Dis egter die subteks van die storie wat bly vassteek wanneer jy die boek neersit: Smith self was 'n naïewe slagoffer van die hele onderhandelingsverloop en ten slotte 'n oorgawe aan 'n pan-afrikanis. Smith sou sy laaste jare en dae in Suid-Afrika, in Kaapstad, slyt.
Met die ANC-regime-leier Jacob Zuma se bemiddeling nou vir 'n nuwe grondwet vir Zimbabwe lyk daardie lang tweede myl wat Smith namens Blanke Rhodesiërs geloop het des te meer grotesk futiel.
Zuma is deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) as bemiddelaar aangewys. Ja, Wolf word skaapwagter van die Swart wolwe van Zimbabwe.
'n Paar dinge tref wanneer die knope wat Zuma namens sy mede-pan-afrikaniste in Zimbabwe moet deurhaak, oorweeg word.
Die eerste en vernaamste is dat daar 'n referendum in Zimbabwe gehou moet word waarin die nuwe grondwet, nadat dit onderhandel is, vir goedkeuring aan Zimbabwe se kiesers voorgelê moet word.
Hierdie reëling bring opnuut weer 'n wrang smaak in die Afrikanervolk se mond. Sal ons ooit vergeet hoe FW de Klerk en sy kornuite (soos Roelf Meyer) tydens die onderhandelinge oor 'n grondwet vir ons land, hand en mond beloof het so 'n onderhandelde grondwet sou eers vir goedkeuring aan die Blanke kiesers voorgelê word voor dit in werking gestel word. Die feit dat dit nou 'n vereiste in Zimbabwe is, stippel die wenslikheid van so 'n reëling ondubbelsinnig uit.
Zuma moet ook in sy bemiddeling die vraag of uitgeweke Zimbabwiërs – selfs dié wat al in hul derduisende Suid-Afrikaanse burgerskap gekry het? - stemreg in so 'n plebissiet moet hê. “One man, two votes”! sou die Engelsman kon sê.
Wat hierdie deurslaggewende stemblok wat hulle in Suid-Afrika bevind betref; hulle kan soveel as 2 miljoen wees; is die potensiële steun onder hulle vir die MDC blykbaar die kwessie.
Met die SAOG se gevoeligheid wat so 'n stemblok betref (of hierdie gevoeligheid die gevolg is van Westerse druk, 'n oomblik ter syde), kan ons as Afrikanervolk en as Blankes vra nou waarom kry óns as so 'n beduidende stemblok geen steun vir ons nood van die kant van die sogenaamde internasionale gemeenskap nie. Daar word doodeenvoudig net geen kennis van hierdie verleentheid (dit is die volksmoord en die hele gepaardgaande scenario – affirmative action, die roof van ons blanke skole en Blanke gemeenskapslewe en kultuurlewe in die algemeen), deur die sogenaamde internasionale gemeenskap geneem nie.
Sekerlik is die georkestreerde sensuurveldtog deur die FW/Solidariteit/NG Kerk/Naspes/DA/Broederbond-alliansie teen die rugbaar maak van ons nood een van die redes waarom hierdie nood nie op die internasionale radarskerms registreer nie.
Dis egter nie die enigste nie. Wanneer sal die Weste eendag van sy misplaaste boetedoening wat die Swart nasie en “onregte van die verlede “(“kolonialisme”), betref afsien en die Blanke Westerling herstel tot 'n volwaardige deelnemer aan die internasionale politieke gesprek?
Feit is dat die Kempton Park-grondwet van alle kante onder druk is. Al verdedigers van die hierdie geskrif in sy huidige vorm is die romanties-liberale Blankes in Suid-Afrika. En FW de Klerk met sy stigting wat hierdie stuk reeds met bloedbevlekte confetti in so 'n lig beskou dat hy dit selfs as treflyn in sy logo gebruik.
Die vraag wat elke denkende Blanke in die land hom moet afvra is of hy soos in Zimbabwe ook 32 jaar met 'n stukkie geduldige papier wil aanworstel, sy lewensruimte elke dag, elke uur, elke minuut onder druk van die liberale beginsels in die grondwet, om dit dan ten slotte, soos in ons buurstaat, in die snippermandjie te sien eindig.
Op hierdie vraag kan daar net een antwoord wees:
Die Afrikanervolk en die Blankes wat saam met hom na volledige onafhanklikheid en vryheid in sy eie herstelde republiek streef moet sy verwerping van die grondwet vir die onwettige ding wat dit is, duidelik en ondubbelsinnig bekend maak en in verset teen die politieke bedeling wat dit daarstel kom.