Sharpeville by Lonmin?
Hoe verskil die optrede van die swart polisiemanne by die Lonmin onlus, van die voorval by Sharpeville van 1961 toe blanke polisiemanne uit vrees vir hulle lewe op aanstormende swartes gevuur het?
Gaan daar nou ook ʼn dag ter herinnering uitgeroep word en die ANC regime wêreldwyd veroordeel word? Die verskil hier is dat dit gaan oor die geldmag se myn, in teenstelling met die Afrikaner se belang wat destyds in gedrang was teenoor vandag. Die dubbelslagtigheid waarmee in alle waarskynlikheid in hierdie geval beoordeel sal word, sal slegs nog n bewys wees van die totale aanslag op die Afrikanervolk waaroor soveel Afrikaners nog tot ontkenning oortuig is.
Laat ons gerus hierdie verloop dphou!