Politiek as gedragslyn of handelswyse van ’n regering of die staatkunde, kan ook die handelswyse van ’n individu of volk beskryf. Dit het ’n tendens geword om ’n bepaalde politieke beleid en/of beginsel wat teen die gees van die tyd indruis, ’n etiket om te hang sodat mense daarvan terugdeins. Hierdie tendens is nie net ’n plaaslike verskynsel nie maar word wêreldwyd met groot sukses toegepas deur die internasionale magte wat poog om die wêreldlande saam te voeg in een identiteitslose gemeenskap, met een geldstelsel, een wêreldregering en vir sovêr as moontlik, een wêreldgodsdiens.
In Suid-Afrika is daar reeds grootliks geslaag om die verskillende swart volke te laat afsien van hulle identiteit as Zoeloes, Xhosas, Vendas, Peddies, Basoeto’s, ens., deur hulle as “South Africans” te paradeer. Op die oog af lyk dit na ’n niksseggende oefening, maar by nadere ontleding blyk dit ’n baie effektiewe teenvoeter te ees vir die beleid van afsonderlike ontwikkeling wat eiesoortigheid as onderbou het. As die etiket van rassisme met die klem op verontregting en onderdrukking nou nog aan apartheid gehang word, kom die wêreld daarteen in opstand en verdwerg dit alle sinvolle en intelligente begronding vir die noodsaaklikheid om dié God ingestelde skeidings beginsel te handhaaf.
Terwyl rasvermenging oral in die wêreld bewys van onrus, oorloë en uiterste verontregting oplewer, word dit in Suid-Afrika opgehemel as ’n toonbeeld van sukses in die vorm van ’n reënboognasie. Wat uiters tragies is, is dat ’n mens vandag nog by veral die jonger geslag, en dan nog gegradueerde jonges, die argument hoor dat as dit net nie vir die “woord” apartheid was nie…….
Hierdie kop-in-die-sand benadering, in teenstelling met die verdediging van ’n edele politieke stelsel wat dit ten doel het om die belange van elke afsonderlike ras te beskerm en te handhaaf, is die tasbare bewys van die mate waarin die propagandiste geslaag het om ons skaam te maak vir dit waarin ons glo. Terwyl ’n beleid van integrasie, wat ’n gruwelike vermenging as vooruitsig het, oneindige ellende vir die baster kind en sy of haar ouers op die hals haal, verminder dit niks van die ongelyke bevoordeling van die een teenoor die ander en die natuurlike wedywering wat die meer begaafde bo die ander laat uitstyg waaruit legio probleme na vore kom en tot konflik lei.
Integrasie is juis dié stelsel wat inherent konflik skeppend is en onreg in sy sleurstroom as enigste blywende produk nalaat. Dít is by uitstek die politieke stelsel wat as ’n misdryf teen die mensheid beskou behoort te word in stede daarvan om toe te laat dat die teenhang daarvan, naamlik apartheid, beklad word!
’n Swart dosent by name Boitumelo Senokoane van UNISA, waar hy werk as teologiese etiek dosent, het in ’n filosofiese seminaar sy mond uitgespoel oor die wittes. Hy verklaar onder andere” “White man, you are on your own.” Hy voer vêrder aan dat wit mense kla omdat hulle politiek magteloos, sosiaal uitgeworpe, ekonomies vervreem en, let wel, godsdienstig skynheilig is!
God, sê hy, het die wit mense in die steek gelaat omdat hulle in die vorige bedeling ’n konstruksie van God gemaak het wat aan hulle kant was. Wit mense het vergeet dat die mens ’n sosiale wese is wat ander mense nodig het. Hy sê dat die lewe gaan oor die bou van brûe en nie mure nie. As hy vêrder in sy filosofiese ontleding die standpunt handhaaf dat wit mense nie deur swart mense vertrou moet word nie, is dit moeilik om te verstaan hoe hy brûe wil bou en nog moeiliker om te begryp hoe hy kan sê dat wittes se isolasie hulle eie skuld is.
Wat wel duidelik na vore kom, is dat die swartes se kultuur en verwysingsraamwerk ligjare van veral die Afrikaner s’n verskil en dat die enigste maatstaf vir vreedsame naasbestaan tussen wit en swart nie integrasie is nie maar skeiding. As hierdie “dosent” die standpunt huldig soos wat dit in ’n berig verskyn, naamlik dat die swartes ekonomies onafhanklik van die wit man moet word, dan is konflik ons voorland as hulle dit wil bereik deur bloot ons goed te vat wat hulle in eeue nie in staat was om self deur kundigheid en harde werk te bekom nie. Nie eers nadat die Afrikaner hulle met skole en universiteite voorsien het nie!
Die traagheid van mede-Afrikaners om in verset te kom sodat reg en geregtigheid gehandhaaf en swaarverdiende eiendom en veral lewe en eer beskerm kan word, lê ten grondslag aan die moorde, verkragtings en besettings van eiendom wat daagliks toeneem en ons volk verder ontmagtig.
Dit is eenvoudig ondenkbaar dat Afrikaners hulle vêrder op sleeptou laat neem deur wie ook al wat hierdie miserabele stelsel wil maak werk, terwyl dit reeds oor eeue bewys is dat daar geen moontlikheid is dat dit kan slaag nie en uitsprake soos dié van Senokoane dit huidig steeds bevestig.
As tien swartes mnr. Petrus Weyers van Harrismith se plaas onregmatig kan beset en nie hy of die gereg kan hulle verwyder nie, en Sekonyela, wat die plaas beset het omdat Malema gesê het hy kan, word deur geen ander Afrikaner boere verwyder nie, is die tafel gedek vir ’n vlaag besettings en verdere geweld en onreg teen blankes.
In hierdie sin is die “dosent” van UNISA dan reg as hy sê dat as wittes geïsoleerd voel, dit hulle eie skuld is. Dit ís verseker ons skuld as ons toelaat dat ons aanhoudend verdeel word in splintergroepe en nie genoeg insig openbaar om oor enkele gemeenskaplike sake ons geledere te sluit nie. Ons het daarvoor niemand se toestemming nodig nie maar wel die verantwoordelikheidsin om daarmee te begin voordat ons totaal uitgeskud en uitgewis is!
Beide die TLU en Agri SA as landbouorganisasies faal die Boere klaaglik in hierdie verband, indien nie hulle in die weg te staan om op te tree nie! ’n Volstruis met sy kop in die sand is ’n weerlose teiken!