Polisielede smous glo vuurwapens (Berig in die Beeldkoerant)
Vrydag 23 Augustus 2013
Nelspruit. – ’n Netwerk van onwettige wapensmousery is by die polisiekantoor hier oopgevlek nadat kapt. Godfrey Lubisi (57), hoof van die vuurwapenlisensie-afdeling, vroeër die week op aanklagte van korrupsie, diefstal en onwettige handel in vuurwapens toegesluit is. Lubisi is eergister op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Met die deursoeking van sy kantoor gister is vyf pistole en rewolwers en twee kluisies in ’n liasseerkabinet ontdek. Die kluise is oopgebreek en nog ses pistole, ’n rewolwer en patrone was daarin. Intussen het Beeld vasgestel dat nog polisielede dalk by die smousnetwerk betrokke is.
Lubisi moet weer op 27 September in die hof verskyn.
– Buks Viljoen