1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9957892

Besoekers aanlyn

Ons het 114 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

HET ONS DAN VERGEET WIE DIT IS WAT ONS DIEN?

altHABAKUK 3: 12-19

ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ’n aanval maak.

In grimmigheid betree U die aarde, in toorn dors U die nasies.

13 U trek uit tot redding van u volk, tot redding van u Gesalfde. U verbrysel die kop van die huis van die goddelose en ontbloot die fondament tot by die nek. Sela.

14 U deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om my te verstrooi; wie se gejuig is asof hulle die ellendige in die skuilhoek wil verslind.

15 U betree die see met u perde, ’n hoop magtige waters.

16 Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ’n aanval maak.

17 Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie —

18 nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.

19 Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.

 

O Vader, hoe het die sorge van die lewe ons oë verblind dat ons op prinse begin vertrou en U almag vergeet het! Laat ons lippe weer tril en ons ingewande bewe sodat ons geloof in U versterk mag word en ons kan wag op U wat nasies dors in U toorn! Trek tog uit tot redding van U volk, o Vader, in Jesus se Naam pleit ons by U.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie