Is dit nie waarom die Afrikanervolk en ons sogenaamde leiers by die VN, Swart Kommunistiese Regime, Sieners en buitelandse moondhede ons heil verwag nie? Vanweë ons ongeloof?
MARKUS 9:17-22
17 En een uit die skare antwoord en sê: Meester, ek het my seun wat ’n stomme gees het, na U gebring;
18 en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in die mond, en hy kners met sy tande en word styf; en ek het u dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie.
19 Toe antwoord Hy hom en sê: O Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe.
20 En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.
21 Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En hy sê: Van sy kindsdae af;
22 en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.
23 En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
24 En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!
25 En toe Jesus sien dat ’n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.
26 En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos ’n dooie geword, sodat baie gesê het: Hy is dood.
27 Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan.
28 En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie?
29 En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.
MATTHEÜES 17:
14 EN toe hulle by die skare kom, gaan daar ’n man na Hom en val voor Hom op die knieë en sê:
15 Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water.
16 En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.
17 Toe antwoord Jesus en sê: O Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My.
18 Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.
19 Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?
20 En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
21 Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie.
O Vader wat in die hemel is, kom ook ons en ons volk se ongeloof te hulp. Ons glo, o Vader, dat ons hulp en verlossing slegs by U verkry kan word en daarom pleit ons dat U ons geloof soos dié van 'n mosterdsaad sal maak sodat ons sal ophou om op onsself en prinse te vertrou. Ons bid dit in Jesus se Naam.