PREDIKER 2:26
Want aan ’n mens wat welgevallig is voor sy aangesig, gee Hy wysheid en kennis en vreugde, maar aan die sondaar lê Hy die taak op om bymekaar te maak en te versamel, om dit dan te gee aan een wat welgevallig is voor die aangesig van God. Ook dit is tevergeefs en ’n gejaag na wind.
Prediker 3:1
ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ’n tyd:
Prediker 5:7-9
As jy verdrukking van die arme en berowing van reg en geregtigheid sien in die land — verwonder jou nie oor die saak nie, want ’n hoër een loer op die hoë, en die hoëre weer op hulle.
8 Maar ’n voordeel vir ’n land onder alles is dit: ’n koning wat aan die landbou diensbaar word.
9 Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs.
Dankie o Vader, vir hierdie wysheid uit U Woord. Want ons sinne is hierdeur al grootliks verduister! Amen.