1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9319250

Besoekers aanlyn

Ons het 102 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

WAAROOR IS ONS BEKOMMERD?

BybelPs. 38:1-23

“Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.” (:19).

Geliefdes, ons leef in onstuimige tye. Ja, ons leef in tye van groot onsekerheid, verwarring en verdeeldheid. En oor die afgelope jaar of twee het hierdie vlak van verwarring en onsekerheid wêreldwyd seker die hoogste punt in etelike dekades bereik. Mense word bang gepraat oor ‘n verskriklike siekte, mense word ingeperk en word belet om hul huise vryelik te verlaat en na willekeur met hul daaglikse bedrywighede voort te gaan. En dan word mense deur etlike regerings verplig om ‘n inenting te neem waarvan die veiligheid deur menig mediese kenners in twyfel getrek word. Mense wonder wat om te doen. Mense is onseker, mense is bekommerd.

 

As u my vandag sou vra of dit nodig is dat ons onsself moet bekommer, is my antwoord ‘n onomwonde – “JA”! Maar is ek nie kleingelowig nie? Spreek ek dan nie teen die Woord van die HERE wanneer ek so iets sê nie? Die HERE leer ons dan duidelik in Matt. 6:25-32 dat ons nie bekommerd moet wees nie.” Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie. As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges? Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?

 

Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Dit is juis omdat ons nie aan hierdie woorde van Christus gehoorsaam is nie dat ons groot rede tot kommer het. Hoeveel van ons soek regtig met ywer die koninkryk van God? Hoeveel mense streef regtig op ‘n daaglikse basis in hul lewens na God se geregtigheid? Dit is vir ons baie lekker om die mooi verse aan te hoor dat God met getrouheid na ons sal omsien en ons sal versorg. Ja, dit is lekker om te hoor dat ons ons nie oor hierdie dinge hoef te bekommer nie, want die HERE sal na ons omsien. En dit is lekker om onsself met hierdie woorde te troos. Ewe gerieflik lees ons in dieselfde hoofstuk die bevel van die HERE heeltemal mis wat ons beveel om na die koninkryk van God en Sy geregtigheid te soek. Ja, dit is gerieflik om te vergeet dat ons hard moet stry om die koninkryk van God in te gaan.

 

Geliefdes, as u oor u lewe van die afgelope jaar moet terug kyk – waaroor was ú bekommerd? Daar is seker baie van ons wat bekommerd was oor ons gesondheid en die gesondheid van ons geliefdes. Daar is seker baie van ons wat bekommerd was dat ons lewe waar ons vryelik en na willekeur kan handel en beweeg nie weer gesien sal word nie. Daar is seker baie van ons wat bekommerd was dat ons nie ons geliefdes wat in ander lande woon weer sal kan sien nie. Daar is seker baie van ons wat bekommerd was of ons volgende maand nog ‘n werk of besigheid of inkomste sal hê. Daar is seker baie van ons wat bekommerd was oor hoedat ons ons finansiële verpligtinge sou nakom met ‘n verminderde inkomste. Ja, was ons nie bekommerd oor al daardie dinge waaroor Christus vir ons in Matt. 6 beveel om ons nie te bekommer nie?

 

En hoe dikwels was ons oor ons geloofslewe, oor ons verhouding met God, oor ons sondige toestand voor God bekommerd? Hoe dikwels was ons bekommerd daaroor dat daar dinge in my lewe is wat vir God groot aanstoot gee. Ja, geliefdes, sonde is nie ‘n kleinigheid in God se oë nie! Hoe dikwels het ons ons siel gekwel oor die feit dat daar moontlik van ons geliefdes is, of van onsself is, wat die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Is daardie dinge waaroor ons onsself bekommer nie ook vir ons ‘n aanduiding van dit wat vir ons regtig belangrik is in hierdie

lewe nie? Ons is tog net bekommerd om iets van waarde in ons lewens te verloor, nie waar nie? Wanneer iets vir ons waardeloos is, is ons ook nie vreeslik bekommerd daaroor dat ons dit dalk kan verloor nie.

 

Geliefdes, ons verstaan dan ook vandag uit Psalm 38 beter waarom God vir Dawid so besonders liefgehad het. Dawid was nie sondeloos nie. Hy was nie volmaak nie. Maar sy verhouding met God was vir hom regtig belangrik. Sy liefde vir God was opreg. Dawid het as koning seker ook baie dinge gehad waaroor hy hom sou bekommer. Daar was oorloë wat dreig, ‘n volk wat leiding nodig het en na wie se belange omgesien moet word. Hy het ook ‘n familie gehad om te beskerm en te versorg. Daar was in sy tyd ook siektes, droogtes en hongersnood. Maar hierdie

dinge oorweldig hom nie. Hierdie dinge begin nie sy lewe oorheers nie. Sy liefde vir God en sy verhouding met God bly steeds vir hom ‘n prioriteit in sy lewe. Ja, luister wanneer Dawid in vers 19 van ons gelese gedeelte spreek – “ek is bekommerd oor my sonde.” Here, ek is bekommerd oor die dinge in my lewe wat nie reg is nie.

 

Daardie dinge in my lewe wat my verhouding met U skade berokken - Here dit pla my! Ek is bekommerd daaroor, want my verhouding met U is vir my belangrik! Daarom bekommer my sonde my, want ek weet dat U sonde haat!

Geliefdes, sou u nie ag gee op die Woord van die HERE nie, is u soos ‘n man wat sy huis op die sand gebou het en dan het u groot rede tot kommer, want die storms is hier. Wanneer ons egter ag gee op die Woord van die HERE, wanneer ons na Sy Woorde luister EN DIT DOEN, het ons nie rede tot kommer oor die storms in hierdie lewe nie, omdat ons weet dat die fondament van ons lewens onbeweeglik sterk sal staan. Ons hoef ons nie te bekommer dat ons Fondament se krag nie genoegsaam sal wees nie. Ons kan met stille vertroue selfs in die grootste storms

sonder enige kommer op Hom hoop. Mag ons vandag hier weggaan en ons voortaan oor die regte dinge in die lewe bekommer, geliefdes.

Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie