1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9957128

Besoekers aanlyn

Ons het 132 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

LYK DIE ONDERWYS NOG SÓ?

D. Varkevisser 2Die waarde van nugterheid

30 MEI 2007

In die opening van haar begrotingsdebat Dinsdag 22 Mei 2007, het Naledi Pandor die verstommende nugterheid openbaar om aan LV’S te verklaar dat apartheid en onvoldoende hulpbronne nie langer blameer kan word vir die voortdurende mislukkings van sommige onderwysers en onderwysamptenare nie.

‘n Ander nugter opmerking in dieselfde debat is dat die “onderprestasie” in die onderwysstelsel, die historiese beloftes wat hulle aan die “people” gemaak het van demokrasie en vryheid, omverwerp.

Met beide standpunte kan die Afrikaner hom vereenselwig! Hoeveel waarde daaraan geheg kan word, is egter ‘n perd van ‘n ander kleur.

Soos haar vorige standpunt oor die noodsaaklikheid van moedertaalonderrig en latere flagrante ingryping in die stryd van Ermelo Hoërskool om die afdwing van Engels in een van die laaste Afrikaanse skole af te weer, is by ontleding van haar toespraak, hier ook nie veel om opgewonde oor te raak nie.

Sy hou die apartheid agterdeur oop met die opmerking dat al dien apartheid nie meer as verduideliking vir voortdurende mislukkings aan hulle kant nie, sy tog erken dat die nalatenskap van apartheid sal aanhou om hulle te affekteer.

Dit het egter ‘n bepaalde waarde om vanuit die regime se geledere geregverdigde kritiek op sy onvermoë te kry. Kritiek soos: ernstige indien nie kriminele metodes van regering en van vertrouensbreuke by instellings asook die stelling dat by sommige instellings, leiers publieke fondse as hulle persoonlike rekenings hanteer. Sy kla voorts dat akademici skynbaar geen trots in persoonlike intelektuele werk openbaar nie. Plagiaat en onwetenskaplike praktyke sê sy is nie bevorderlik vir die profiel van die onderwys nie.

Pandor lig die LV’s in dat hulle, (we tolerate) openbare amptenare verdra wat nie opgewasse is vir administratiewe of professionele ondersteuning, wat vroeg loop, nie subsidies aan skole uitbetaal, en wat nie die oogmerke van Batho Pele (die mense eerste) reflekteer nie, laat kom vir werk, geen onderrig doen nie, konstant onder presteer met swak akademiese prestasie, dan noem sy dit “mediocrity” middelmatigheid.

Sulke middelmatigheid sê sy, word deur vele verdedig met onverdedigbare argumente.

As minister van onderwys is dit moeilik om te verklaar waarom sy bereid is om so verdraagsaam te wees, behalwe as haar besluitnemingsbevoegdheid aan bande gelê word deur die magte wat baat vind in die onbevoegdheid van die volkere en nasies.

Sou Pandor die nugterheid wat sy periodiek openbaar as minister wou toepas en afdwing, was daar tog ‘n sprankie hoop dat ons kinders nie twaalf jaar van hulle lewens aan substandaard (gelees mediocrity) onderwys blootgestel word nie.

Om aan alle laerskoolkinders gratis onderwys te voorsien soos wat sy bepleit, bied geen oplossing vir al die probleme wat sy raaksien en dan vorentoe saam met haar kamerade verdra terwille van die benadeling van die blanke wat die belasting betaal om vir daardie gratis onderwys te voorsien!

Haar eie prestasie as minister van onderwys verskil in hierdie opsig nie ‘n jota of titel van Bengu of Asmal s’n nie en ploeter die standaard van onderwys steeds afdraand!

Danie Varkevisser

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie