1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9952866

Besoekers aanlyn

Ons het 81 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIS SWART EN DOM WAT DIE DONKER LAAT KOM!

Einde van NSA in sigEskom sny 20 munisipaliteite se krag af

Vrydag 10 April 2015 14:04

 Eskom gaan vanaf 5 Junie elke dag op geskeduleerde tye “beurtkrag” toepas op die land se voorste wanbetalende munisipaliteite.  Teen einde Maart was munisipaliteite se totale agterstallige skuld van langer as 30 dae sowat R4,6 miljard, het Eskom Vrydag gesê.  Hiervan is sowat R3,68 miljard (80%) verskuldig deur dié 20 munisipaliteite vir hul elektrisiteitsrekeninge.

 

“Wanbetaling vir elektrisiteit ondermyn Eskom se statutêre verpligting om elektrisiteit te genereer en op ’n finansieel volhoubare grondslag aan munisipaliteite landwyd te verskaf,” sê Zethembe Khoza, Eskom se waarnemende hoof.

 

“Ons het daarom besluit om ons regte uit te oefen volgens die bepalings van die Elektrisiteitsreguleringswet van 2006 en die verskaffingsooreenkomste met munisipaliteite wat ons die reg gee om die verskaffing van elektrisiteit aan wanbetalende munisipaliteite af te sny.”

 

Eskom sê hy is bewus daarvan dat die afsny van elektrisiteit oormatige ontbering vir verbruikers en lede van die gemeenskap kan veroorsaak en die lewering van dienste nadelig kan raak, maar die onderbrekings is altyd die laaste uitweg wat oorweeg word.

 Eskom gaan dus ’n gereguleerde onderbreking van elektrisiteit toepas met die verskaffing van elektrisiteit:

 

 Maandae tot Vrydae: 06:00 tot 10:00 en 17:00 tot 21:00;

 Saterdae en Sondae: 07:00 tot 10:00 en 17:00 tot 20:00

 

Die lys van top  20 wanbetalende munisipaliteite (in geen spesifieke volgorde nie)

 

  1. Maluti-a-Phofung    (Harrismith)

  2. Matjhabeng              (Welkom)

  3. Emalahleni                (Witbank)

  4. Ngwathe                    (Parys, Heilbron)

  5. Thaba Chweu             (Lydenburg, Sabie)

  6. Lekwa                          (Standerton)

  7. Govan Mbeki             (Secunda)

  8. City of Matlosana     (Klerksdorp)

  9. Naledi                         (Vryburg)

  10. Thabazimbi                 (Thabazimbi)

  11. Msukaligwa               (Ermelo)

  12. Lichtenburg               (Lichtenburg)

  13. Nala                            (Bothaville)

  14. Makana                      (Grahamstad)

  15. Madibeng                 (Brits)

  16. Randfontein             (Randfontein)

  17. Dihlabeng                  (Bethlehem)

  18. Nketoana                   (Reitz)

  19. Nama Khoi                 (Springbok)

  20. Westonaria               (Westonaria)

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie