Geen mens geen stem is ‘n onbetwisbare werklikheid in die nuwe Suid-Afrika. Die stelling beklemtoon die fundamentele onreg en belaglikheid van jou uitgebragte stem. Die innerlike roepstem wat in elk van ons leef, word vertrap. Jou kruisie is reeds verkwansel aan ‘n Afrikaner-hatige koalisie wat bydra tot voorgesette onstabiliteit. Die stem van jou gewete is nie meer in tel nie.
Die oranje, blanje, blou en Langenhoven se stem van Suid-Afrika, het onwelvoeglik of haatspraak geword. Ons standbeelde word afgebreek, stede, dorpe en strate word hernoem, die Afrikaanse taal word beledig, en so word ons stem stilgemaak.
Gegewe die voetspoor van die nuwe Suid-Afrika, is daar alle rede om die Mandela-vlag te verafsku. Rou en droefenis bloei deur alle aspekte wat die Mandela-vlag verteenwoordig. Jou roepstem is nou sonder stem.
Rasionele mense stem nie – dit is nie ‘n opienie nie, dit is ‘n verantwoordelikheid teenoor Afrikaner-Volksverband. As ons waarde heg aan die konsep van regering, is dit ‘n daad van selfhaat om te gaan stem vir vreemde oorheersing. Protes en verset sal die Afrikaner veel verder bring. Ons moet ons regte beskerm, eerder as om ons toekoms uit te kontrakteur aan Afrikaner haters.
Wees ‘n stem vir die Afrikaner om nie te stem nie. Die kruisie wat baie Afrikaners vyf jaar gelede getrek het, het hulle niks gebaat nie. Korrupsie, misdaad en moord neem toe, om nie eers van bedrog en omgekoopte stemme te praat nie.
Die Slovo grondwet vereis swart onderdanigheid van Afrikaners as toegangskaartjie tot die parlement. Het die Afrikaner dan nie twee vryheidsoorloë geveg vir hierdie land nie? Skaamteloos het die DA en VF+ die Afrikaner verraai vir ‘n sitplek op die soustrein. Die “slang” van Eden is inderdaad losgelaat op die Afrikaner. Die ervaring van die “swart hart” in ons geskiedenis, het geen indruk op hulle gelaat n
Respekteer jou eie stem. Vir ‘n slang om jou te pik moet hy of sy na aan jou wees. Vreemdes kan jou nie verraai nie, maar slegs diegene in eie gemeenskap.
Beoordeel daarvolgens voordat jy gaan stem en behou dan liewer afstand omdat geen mens by sy volle verstand vir slange sal stem nie!
KLAAS WAARSEGGER