1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9953341

Besoekers aanlyn

Ons het 114 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

ANC RAAK PANIEKERIG

MEDIA VERKLARING:

ANC RAAK PANIEKERIG!

Die kriminaliteit wat hoogty vier in die ANC-regime en die wydverspreide joernalistieke   dekking daarvan, saamgelees met die onlangse meedoënlose jag, marteling en dood van Ghadaffi, is besig om die regime skadebeheer te laat toepas. Deur allerhande paniekerige noodmaatreëls te probeer in plek kry, moet toegang tot die negatiewe inligting heeltemal ontoeganklik gemaak word, vir sovêr dit moontlik is.

In die afgelope paar weke was daar nie minder as drie uiters omstrede aankondigings deur die ANC-regime gedoen, wat wyd veroordeel word.  Die eerste was die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting waaroor die mening uitgespreek is dat dit in sy huidige vorm aangewend kan word om korrupsie toe te smeer. Beeld Maandag 28 November 2011.


Die Tweede was die aankondiging dat besluite wat die Konstitusionele hof geneem het ondersoek gaan word.  Die opskrif in Beeld van Vrydag 25 November was: “ANC mik na die regbank.”  Daarmee saam loop ’n breër ondersoek na transformasie van die regbank. Met ander woorde, meer swart en minder wit, indien hoegenaamd nog enige wittes, kleurlinge en Indiërs. Die Konstitusionele hof het beslis dat beleidsbepalings en wetgewing wat deur die regime deurgevoer is, daar van die 147 sake wat voor die hof gedien het, 90 teenstrydig met die grondwet was.

Nou kyk die ANC na individuele joernaliste deur koerante noukeurig deur te gaan om te sien wie vir en wie teen die regime skryf. Hierdie benadering word deur sommige as onheilspellend beskryf!  Die ANC het selfs ’n media-moniteringsmaatskappy gehuur om die ondersoek te doen.  Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC sê daar is niks fout daarmee nie, “aangesien dit gaan oor die beter verstaan van die wêreld waarin ons werk”

Wat ook al die redes is wat die regime aanvoer vir die bo-vermelde stappe, sal ’n mens polities uiters stompsinnig moet wees om iets anders daarin te lees as uiterste maatreëls van en vir verdoeseling van sake wat die regime nadelig raak, met ’n ingeboude meganisme van streng strafmaatreëls vir diegene wat oortree!  Van deursigtigheid, landsbelang en menseregte kom hier niks van tereg nie en is verwysings daarna, praatjies vir die vaak!

Blanke meelopers, of hulle nou al kommuniste is al dan nie, saam met die Kleurlinge en Indiërs wat hulle vir hierdie bestel be-ywer het, sê teenkanting sal bloot demografies van die tafel gevee word terwyl hulle in die vuurlinie nader aan die gevaar staan as die Afrikaner wat buite die bestel gebly het.

Laat ons kennis neem van die verwikkelinge en dienooreenkomstig voorberei. Die bo-vermelde maatreëls dui nie op ’n regime wat die wil openbaar om te verbeter nie maar om toe te smeer en te vervolg wie daaroor wil berig.  Wat ’n “puik” prestasie van die Nobel pryswenners en die grondleggers van hierdie mees moderne en “vreedsame demokrasie” waarmee Suid-Afrika geseën  is!

Viva die Broederbond!

Danie Varkevisser

8 Desember 2011.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie