1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9953298

Besoekers aanlyn

Ons het 101 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

MEDIAVERKLARING - 5 MEI 2011

VF+ KEER BLANKES DIE RUG - ERKEN HY IS VEELRASSIG! 

Die Vryheidsfront Plus het na jare se ontkenning nou uiteindelik erken dat hy ‘n veelrassige party is. In Soweto gaan die party in twee wyke kandidate stel om die “stigma” dat dit ‘n “ver-regse” party is, uit te wis en te bewys dat nie meer net ‘n “net-wit party” is nie.

Enkele jare gelede, toe die VF+ ‘n bruin kandidaat in die Wes-Kaap gestel het, is dit reeds onthul dat die VF+ ‘n veelrassige party is. Toe het die VF+ dit ontken. Nou spog die VF+ daarmee. Blykbaar het die verlies aan Blanke steun en die enkele oproepe uit Soweto die party nou oortuig om tot hierdie “groot” stap oor te gaan.

Dit was lankal reeds voorspel dat die bestel waarin die VF+ ingegaan het as gevolg van die proses van geleidelikheid, die VF+ sou insluk sodat die party, wat eintlik maar net ‘n reïnkarnasie van die ou KP is, net soos die vyand van die Afrikaner sal praat en doen. Nou gaan hulle stemme werf onder Swartes terwyl hulle voorgegee het dat hulle hulle sou beywer vir die selfbeskikking van die Afrikaner in sy eie vaderland!

 

Nou word die VF+ geopenbaar as net nog ‘n party wat die Afrikaner bedrieg het. Waar dit immers oor salarisse en setels (poste) gaan, eerder as om beginsels, sal die bietjie van dit wat nog oor was van die beginsel, ook in die slag bly. So kordaat het die VF+ nou geword dat hy vir daardie Afrikaners wat nog trots is op hulle witmanskap, duidelik vertel dat hulle nie meer welkom in die party is nie. Hierdie mense het nog al die tyd geglo dat die VF+ ‘n party is wat na die (Blanke) Afrikaner se belange sal omsien. Nou distansieer die VF+ hulle van die Afrikaner.

 

Enkele jare gelede het dr Sydney Gregan, op daardie stadium nog lid van die HNP, in ‘n debat met dr Pieter Mulder van die VF+ oor Radio Pretoria gestel dat ‘n Afrikaner in die eerste plek ‘n Blanke is en het dr Mulder heelhartig daarmee saamgestem. Nou, ter wille van ‘n paar Swartes se steun, hardloop die VF+ weg van sy eie ondersteuningsbasis en wil die party nie meer ‘n party uitsluitlik vir Afrikaners wees nie. Die volgende logiese stap sal wees om die Afrikaner te herdefinieer om vir eens en altyd van die etiket as “net-wit” en “ver-regs” ontslae te raak.

 

Die AVP het reeds daarop gewys (aan die hand van die boek Birth van Peter Harris wat in 2010 verskyn het) dat die VF+ meeste van sy stemme in 1994 deur middel van ‘n rekenaar gekry het toe “ingebreek” was op die rekenaarstelsel van die Onafhanklike Verkiesingskommissie. Die party kon dus van meet af nooit gesê het dat dit ‘n party is wat namens die Afrikanervolk praat nie. Dr Pieter Mulder het klaarblyklik geweet van hierdie toedrag van sake in 1994, maar verkies om daaroor te swyg.

 

Waarskynlik gaan dit nou so broekskeur met die VF+ onder die Afrikanerdom dat dit verkies om eerder as ‘n veelrassige party bekend te staan, as ‘n Afrikanerparty. Jare lank is voorspel dat die VF+ net nog ‘n opslag party is wat uiteindelik ingesluk sal word deur ‘n ander (meer populêre) veelrassige party. Die DA is baie duidelik besig om die VF+ ‘n gevoelige knou toe te dien deurdat daardie Blankes wat stem, baie duidelik eerder vir die “wenparty” (om so bietjie by die KP te leen!), wil stem, as ‘n ander veelrassige party wat by die dag kwyn.

 

Ja, VF+ hardloop weg van jou volk en jou ras. Maar moet nie verwonderd staan as ander volke en rasse nie so gretig is om jou te aanvaar nie. Maar meer as dit: Moet nie kla as jou leiers as ‘n spul verraaiers beskou word nie, want dit is presies wat die effek van hierdie stap van die VF+ is!

 

 

Ronnie Varkevisser

Afrikaner Volksparty

Sekretaris

5 Mei 2011

 

 

 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie