1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9963405

Besoekers aanlyn

Ons het 156 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

HOE STROOP JY ‘N LAND VAN SY BATES?

Bankrot vandisieWisselkoers op Maandag 4 Mei 2015:

EenBritse pond                =    18,2343       Suid Afrikaanse Rand

Een Amerikaanse Dollar =    12.0575       Suid Afrikaanse Rand

Dit was mnr. Willie Marais, voormalige en laaste bevoegde leier van die Herstigte Nasionale Party, wat intussen ook net ‘n beweging geword het, wat by herhaling verduidelik het: Op die Internasionale politieke terrein is die benadering dat Indien iemand iets het wat jy wil hê maar wat jy nie kan bekostig nie, moet jy hom net bankrot kry en dan kan jy daardie kommoditeit op ‘n bankrot vandisie teen jóú prys aankoop.

In terugskouing is dit presies wat met Suid Afrika gebeur het.

Suid-Afrikaanse Rand volgens Wikipedia, die vrye ensiklopedie se ontleding bevestig grootliks die AVP se standpunt.

 Die Rand is die geldeenheid van Suid-Afrika sedert die republiekwording en desimalisasie in 1961, toe dit die Suid-Afrikaanse Pond vervang het. Die naam is afgelei van die Witwatersrandgebied, Suid-Afrika se skatkamer van minerale rykdomme.

 Dit is ook 'n amptelike geldeenheid in Suid-Afrika se buurlande Lesotho (saam met die loti), Namibië (saam met die Namibiese dollar), Swaziland (saam met die lilangeni) en 'n nie-amptelike geldeenheid van Zimbabwe (saam met verskeie ander geldeenhede). Die rand is vroeër ook in Botswana (1966–1976), Suidwes-Afrika (1961–1990) asook die Bantoestan van Bophuthatswana, Ciskei, Transkei en Venda gebruik.

 

Die ISO-geldeenheidkode is ZAR, en die algemene notasie is die voorvoegsel R.

Wisselkoers (20/03/2013):

1BP     = 14,44 ZAR

1 USD = 9,33   ZAR,

1 EUR = 12,07 ZAR,

Die eerste banknote het die afbeelding van Jan van Riebeeck, die eerste Nederlandse goewerneur van Kaapstad, gedra. In die 1980's is die note herontwerp met afbeeldings van inheemse grootwilddiere, soos die renoster, olifant, leeu, buffel, luiperd, ens.

 

Vanaf die geldeenheid se instelling in 1961 tot 1982 was die rand sterker as Amerika se dollar en slegs sowat R2 vir ‘n Pond, maar dit het in die 1980's skerp begin verswak as gevolg van sanksies wat teen die land ingestel is oor die regering se apartheidsbeleid. (So voorgegee! AVP). In die 1990's het dit die verswakking voortgesit as gevolg van onsekerheid oor die land se toekoms onder die nuwe regering.

 

Net ná die aanvalle op 11 September 2001 in die VSA, het die Rand 'n dramatiese verlies teen die Amerikaanse dollar gelei. In Desember 2001 het die Rand 'n rekordlaagtepunt bereik teen 1 USD = 13,85 ZAR; van toe af het die Rand weer herstel en meer as 50% van sy waarde teruggewen, tot so 'n mate dat onlangse versterkings in die geldeenheid (vanaf R13,84 per dollar in 2001 tot onder R6 per dollar in 2005) groot verliese vir sommige maatskappye beteken het en baie werksgeleenthede as gevolg hiervan verlore gegaan het.

 

In Augustus 2004 is 'n nuwe R5-munt bekend gestel, in 'n poging om vervalsing van die ou R5-munt te probeer beperk. Sekuriteitsmaatreëls wat ingestel is, sluit in 'n tweemetalige ontwerp (soortgelyk aan die €1- en €2-munte en die Britse £2-munt), 'n spesiale geriffelde sekuriteitsgroef om die rand en mikro-belettering.

 

31 Mei 2010 is as die keerdatum aangewys waar alle ou R200-note, dit wil sê, dié wat nie oor die nuwe landswapen en nuwe sekuriteitsmaatreëls beskik nie, finaal uitgefaseer word. Dit kon by handelsbanke ingeruil word, waarna dit vanaf 1 Junie 2010 slegs by die Suid-Afrikaanse Reserwebank omgeruil kon word.[3]

 

11 Februarie 2013 is 'n nuwe reeks banknote bekendgestel waarop die gesig van Nelson Mandela pryk. Dit sal later in 2013 die huidige "Groot Vyf"-reeks van die 1990's vervang.[4] Geen R500-noot sal bekendgestel word nie.[5]( Aldus Wikipedia)

 

Suid Afrika word steeds gestroop van sy minerale en ander bates deur die kunsmatige afdruk van die waarde van sy betaalmiddel teenoor die betaalmiddels van sy twee grootste stropers. Engeland en Amerika, wat ook die grootste aandeel gehad het in die proses om die politieke mag verskuif te kry uit die hande van die Afrikanervolk, die wettige eienaars van Suid Afrika, na ‘n Swart onbeholpe en onbevoegde meerderheidsregime onder wie die stropery lustig kon voortduur.

 

Geld in Suid-Afrika (Mieliestronk)

IN DIE eerste jare ná  die vestiging van ’n verversingspos aan die Kaap was die Spaanse silwerdollar, soos in Nederland, die belangrikste geldeenheid. Dit is later deur die Nederlandse gulden en verskeie ander munte aangevul.  

Suid-Afrika se eerste papiergeld het in die jare tagtig van die sewentienhonderds met die instelling van die riksdaalder in omloop gekom. Ná die eerste Britse bewind is die pond sterling ook by die geldvoorraad gevoeg. Aanvanklik het dit saam met baie ander gesirkuleer, maar van 1881 af was dit  die uitsluitlike geldeenheid van die Kaap en Natal.  

Die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) het goue staatsponde gebruik, wat sedert 1874 in Londen gemunt is. Van 1892 af is silwerfloryne en -sjielings asook goue ponde, die sogenaamde Krugerponde, in omloop geplaas. Hierdie munte is almal by die nuutgestigte Munt in Pretoria geslaan en het ook in die Vrystaat gesirkuleer.  

Ná die Anglo-Boereoorlog het Britse sterling die amptelike geldeenheid van Suid-Afrika geword. Die Suid-Afrikaanse Munt is in 1919 in Pretoria as tak van Koninklike Munt in Londen gestig. Die Munt is in 1941 aan die beheer van die Suid-Afrikaanse Regering oorgedra.  

Banknote is sedert die vroeë jare van die agttienhonderds deur verskillende handelsbanke in die Kaap en later in Transvaal, die Vrystaat en Natal uitgereik. Dié note kon vir goudmunte  ingeruil word.  

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank, ons land se sentrale bank, is in 1920 gestig. Die Reserwebank het sy eerste note in April 1922 uitgereik, en Suid-Afrikaanse banknote kon tot 1932 vir goud ingewissel word.  

 

Ons 5c-muntstuk met die afbeelding van ons nasionale voël, die bloukraanvoël Die sterling-geldstelsel (met sy twaalf pennies in ’n sjieling en twintig sjielings in ’n pond) is op 14 Februarie 1961 deur ’n desimale stelsel  (honderd sente in ’n rand) vervang. Met die omskakeling was een pond gelyk aan twee rand.   

Pennies en ponde—die omslagtigheid  

VOORDAT Suid-Afrika rande en sente gekry het, is daar lank met pennies en ponde gewerk. Maar dit was hoegenaamd nie so maklik soos met vandag se tiendelige stelsel nie.  

Kleinighede soos toffies kon met ’n oortjie (kwartpennie) of stuiwer (halfpennie) gekoop word en ’n handvol lekkers dalk vir ’n tiekie (3 pennies) of ’n sikspens (6 pennies).  

’n  Dosyn piesangs het omtrent ’n sjieling (12 pennies) gekos, en vir ’n floryn (24 pennies) kon twee kinders gaan fliek. Nog munte was die halfkroon (30 pennies) en die minder uitgereikte kroon (5  sjielings of 60 pennies). Daar was 240 pennies, 20 sjielings of 8 halfkrone in ’n pond. Sjoe!

Wat was die wisselkoers tussen die VSA se Dollar en Suid Afrika se aanvanklike Pond en Rand daarna?

Die tabel verteenwoordig die prys van een Dollar.

Suid Afrika, 1960 - 2011

1960 0.3575 Suid Afrikaanse Pond

1961 0.7164 Rand

1962 0.7149 Rand

1963 0.7169 Rand

1964 0.7190 Rand

1965 0.7180 Rand

1966 0.7188 Rand

1967 0.7190 Rand

1968 0.7189 Rand

1969 0.7199 Rand

1970 0.7182 Rand

1971 0.7128 Rand

1972 0.7726 Rand

1973 0.6950 Rand

1974 0.6804 Rand

1975 0.7328 Rand

1976 0.8707 Rand

1977 0.8696 Rand

1978 0.8695 Rand

1979 0.8423 Rand

1980 0.7780 Rand

1981 0.8713 Rand

1982 1.0835 Rand

1983 1.1130 Rand

1984 1.4382 Rand

1985 2.2343 Rand

1986 2.2919 Rand

1987 2.0385 Rand

1988 2.2770 Rand

1989 2.6214 Rand

1990 2.5885 Rand

1991 2.7633 Rand

1992 2.8524 Rand

1993 3.2729 Rand

1994 3.5526 Rand

1995 3.6284 Rand

1996 4.3011 Rand

1997 4.6072 Rand

1998 5.5417 Rand

1999 6.1191 Rand

2000 6.9468 Rand

2001 8.6093 Rand

2002 10.5176 Rand

2003 7.5550 Rand

2004 6.4402 Rand

2005 6.3606 Rand

2006 6.7668 Rand

2007 7.0477 Rand

2008 8.2480 Rand

2009 8.4117 Rand

2010 7.3161 Rand

2011 7.2510 Rand

Wisselkoers op Maandag 4 Mei 2015:

EenBritse pond                =    18,2343       Suid Afrikaanse Rand

Een Amerikaanse Dollar =    12.0575       Suid Afrikaanse Rand

Dat daar fout is met ons geldwaarde kan nie betwis word nie. Dit is nie net minerale wat gestroop word nie maar ook vaste bates wat deur die sterker geldeenhede vir ‘n appel en ei opgeraap word. Met die begin van die jagseisoen word mens weereens bewus hoe dit vir lokale jagters onbekostigbaar geword het om ons eie natuur en ‘n eeueoue ontspanning te benut en geniet.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie