1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9964663

Besoekers aanlyn

Ons het 120 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

Vladimir Putin – reus op die wêreldverhoog

altDie beeld wat meeste Afrikaners het van Vladimir Putin, die president van Rusland, is 'n skewe beeld. Dit is so omdat die Sionistiese propaganda, wat part en deel van Suid-Afrika is, gedryf vanuit die VSA, Putin sien as die groot struikelblok om 'n Nuwe Wêreldorde te vestig. Word die werklike Putin egter ontdek, besef 'n mens dat hy tans as die reus uittroon in 'n wêreld van Sionistiese lakeie.

Vladimir Putin het president geword van Rusland in 2000. In die tydperk sedert die val van Kommunisme tot en met 2000 is Rusland gekenmerk deur korrupsie, geweld, verval, ekonomiese agteruitgang en die gryplustige Russiese oligargie met Boris Khodorkovsky aan die spits daarvan, wat Rusland gestroop het vir eie gewin. Demokrasie het in die eerste ongeveer 10 jaar sedert 1991 vir die Russe net verdere verslawing gebring. Geen wonder nie dat baie Russe in daardie tyd gehunker het daarna om weer 'n kommunistiese regering aan bewind te sien. Kapitalisme, die sogenaamde teenpool van die Kommunisme, het al meer na 'n vyand, eerder as 'n uitkoms gelyk.

Michael Gorbachov en Boris Yeltsin het bykans daarvoor gesorg dat Rusland in absolute anargie verval - iets wat die Sionisme natuurlik begeer het. Yeltsin was 'n volslae alkoholis (hy't gedrink tot hy vaak geword het en dan geslaap tot hy dors geword het) en het Khodorkovsky en sy trawante hulle gang laat gaan - tot verdriet van die Russiese bevolking. Gorbachov die egoïs weer het nie 'n idee gehad waarheen hy Rusland wou neem nie en was meer gesteld op sy eie beeld op die wêreldverhoog, as die welsyn van sy mense.

 

Toe verskyn Vladimir Putin op die toneel. En tipies van 'n Rus, was en is hy steeds 'n bietjie van 'n raaisel. Winston Churchill het nie verniet na Rusland verwys as 'n "riddle wrapped in a mystery inside an enigma" nie. Soos 'n tipiese Russiese skaakmeester waarvan sommige skuiwe flous en ander geheel en al verrassend voorkom is Putin nou al vir 14 jaar aan die werk. En by terugskoue is elke skuif 'n meesterskuif.

 

Vladimir Vladimirovich Putin is gebore op 7 Oktober 1952 in Leningrad, vandag St Petersburg. Hy verwerf 'n doktorsgraad in internasionale reg en word, soos alle Russe, verplig om lid te wees van die Kommunistiese Party. Hy was vir 16 jaar 'n offisier in die KGB met die rang van luitenant-kolonel. Hy het 'n sesde dan (swart belt) in judo en 'n agtste dan in karate en was in beide die kampioen van Leningrad. Hy is 'n fiksheidsfanatikus en mede-skrywer van 'n boek oor judo. Hy is 170 cm lank (5 voet 7 duim) en weeg 77 kilogram.

Hy praat Duits vlot en is ook Engels en ander tale magtig. Hy woon gereeld eredienste by van die Russiese Ortodokse Kerk en alhoewel sy pa 'n militante ateïs was het sy ma hom laat doop in die Ortodokse Kerk. Hy was getroud met Lyudmila en uit die huwelik is 2 dogters gebore.

In 1991 kies hy vir 'n politieke loopbaan. Hy is president vanaf 2000 tot 2008 en in 2012 word hy weer verkies (met 64% van die uitgebragte stemme) vir 'n termyn van 6 jaar. Vanaf 2008 tot 2012 was hy eerste minister. Voor sy herverkiesing in 2012 , op 23 Februarie (op "Beskermer van die Vaderlandsdag"), spreek hy 'n skare van 100 000 toe. Sowat 110 000 mense woon die na-verkiesingstoespraak by. Tans heet sy party die Verenigde Rusland Party. Putin het hom by geleentheid al uitgespreek teen nasionalisme, maar kan dit, in die lig van sy onverdunde patriotisme, meer gesien word as 'n reaksie op Zhirinovsky se reaksionêre nasionalisme en die hunkering van die Kommunistiese Party na die ou Sowjet Unie, beide wat poog om steun te werf op grond van kwasi- nasionalistiese en -patriotiese uitsprake, alhoewel hulle nie veel hond haaraf maak nie. Aan die linkerkant van die spektrum is 'n veeltal van partye, talle gefinansier vanuit die VSA met verdagte figure soos George Soros se Open Society (waaraan Helen Zille ook behoort), die prominentste.

Putin se Rusland gaan met rasse skrede vooruit. Vanaf 2000 tot 2008 het die Russe se inkomste skerp gestyg; met 300%, werkloosheid en armoede is gehalveer en die lewensverwagting van Russe het dramaties gestyg. Die Russiese ekonomie groei jaarliks en is die belastingkoers maar 13% (vir almal) Die ekonomie groei gemiddeld met 7% per jaar en word tans as die 7e grootste in die wêreld beskou waar dit in die 90's nog die 22e plek beklee het.

Hy sien toe dat Rusland in 'n super moondheid verander met sy talle olie en gasbronne. Die Bruto Binnelandse Produk styg met 850% sedert hy in 2000 aan bewind gekom het. Rusland se skuldlas is van die laagste ter wêreld. Pensioene styg 15 keer die afgelope 14 jaar. Die gemiddelde inkomste van werkende persone staan tans op $700 per maand en slegs 10% van mense se inkomste word op voedsel spandeer. Slegs 6% van die werksmag is werkloos waar dit 14 jaar gelede op 12% gestaan het. Hyself verdien 'n salaris van $110 000 per jaar (sowat R100 000 per maand). Volgens 'n onlangse meningspeiling steun 86% van alle Russe hom, die hoogste wat enige leier wêreldwyd geniet. Die tydskrif Forbes het in 2013 en 2014 gereken dat hy die invloedrykste persoon in die wêreld is.

Putin het ingesien dat om bloot demokrasie en kapitalisme in Rusland in te voer, die land onberekenbare skade aangedoen het. Nogtans het hy in 14 jaar die land geneem tot by 'n punt waar die Sionistiese magte hom as 'n bedreiging vir hulle beleid van ekspansionisme sien. Rusland is 'n federasie met 89 subjekte wat in 7 streke verdeel is. Aan elke subjek word sterk outonomiese magte toegestaan ten einde afskeiding te verhoed en tog die Russiese eenheid te behou.

Hy is absoluut pro-Russies en het die volgende toespraak in die Russiese Duma (parlement) gehou op 4 Augustus 2013 waarna hy vir 5 minute staande toegejuig is:

 

                Lewe soos Russe in Rusland. Enige minderheid van waar ookal, wat in Rusland wil werk, lewe en eet, moet Russies spreek en moet Russiese wette eerbiedig. As hulle verkies om Sharia wette te gehoorsaam en soos Moslems te lewe gee ons hulle raad om te verhuis na plekke waar dit die staatswette is.

 

Rusland het nie Moslem minderhede nodig nie. Minderhede het behoefte aan Rusland en ons sal nie aan hulle spesiale voorregte gee nie of probeer om ons wette te verander om aan hulle voorkeure te beantwoord nie - maak ook nie saak hoe hard hulle gil "diskriminasie" nie! Ons sal nie oneerbiedigheid teenoor ons Russiese kultuur verdra nie. Ons moet dringend leer van die selfmoord van Amerika, Engeland, Holland en Frankryk as ons volk wil oorleef. Die Moslems neem daardie lande oor maar sal dit nie met ons land regkry nie! Die Russiese gewoontes en tradisies is nie verenigbaar met die kultuurgebrek of primitiewe Shariawette en die Moslems nie.

Wanneer hierdie eerwaardige wetgewende liggaam dink aan die skepping van nuwe wette moet eerstens aan die nasionale belang van     Rusland gedink word, wetende dat Moslem minderhede nie Russe is nie.

Putin is duidelik in 'n ander klas en kan die Sionisties-geïndoktrineerde Westerse leiers dit nie verduur nie. Tans word die roebel (geldeenheid) aangeval deur die VSA in die hoop dat dit Putin in onguns by sy mense sal bring. Putin se antwoord daarop was om 'n kommissie van ondersoek na die Russiese Sentrale Bank te loods! Hy is baie duidelik omring deur intelligente adviseurs en het hy die volle  steun van sy party in hierdie opsig.

Deur nie die Oekraïne in te val en so 'n Wêreldoorlog te ontketen toe die VSA 'n marionette regering daar aan bewind gestel het nie, was nog 'n briljante skuif van die Russiese skaakmeester. Wat hy wel gedoen het was om blitsig die strategiese Krim oor te haal om hom by Rusland te skaar. Intussen is die Oekraïne besig om in chaos te verval en sal dit min verbaas as Rusland tot hulle redding moet kom.

Die olieprys wat van 'n hoogtepunt van ongeveer $115 na $59 dollar per vat geval het, is 'n verdere aanslag vanuit die VSA op Rusland wat met sy Lukoil die grootste olieprodusent in die wêreld is met 'n aandeel van bykans 14%; selfs voor Saoedi-Arabië en die VSA. Wat gebeur het is dat onder invloed van die VSA, Saoedi-Arabië skielik sy olieproduksie aansienlik laat toeneem het en die wêreld nou in effek "oorvloei" word met olie; dit terwyl ons aanvanklik wysgemaak is dat daar 'n olie tekort bestaan! Ook hierdie VSA-skuif kan boemerang aangesien Rusland in dollar betaal word en dus meer geld ontvang vir sy olie juis omdat die roebel so verswak het!

Daar woed tans 'n geweldige aanslag teen Putin en sal daar deurentyd gepoog word om hom in onguns te bring en ook om die lewe te bring. Hy staan in die pad van die Nuwe Wêreldorde waaraan Obama (die derderangse dambord spelertjie) en ander Sionistiese skoothondjies deel het. Of hy daarin gaan slaag om die aanslag af te weer, sal die tyd leer.

Intussen kan mens maar net agting en lof hê vir die wyse waarop Putin optree in belang van sy eie land en volk. Is dit dan nie die eerste taak van enige leier nie?

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie