1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9964307

Besoekers aanlyn

Ons het 88 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VIR BEHOUD VAN IDENTITEIT IS RASSESKEIDING ONONTBEERLIK

altBy die oorweging van stellings soos dié van F.W. de Klerk en sy Stigting dat die toestand in Suid Afrika onder Swart meerderheidsregering ‘n beter toestand is as voor 1994, moet ‘n mens werklik naïef, indien nie kranksinnig wees as jy só ‘n stelling sonder meer aanvaar sonder om eerstens die gevolge van die verandering wat ingetree het te verreken en tweedens jou self op hoogte te bring met die werklike doel wat ons voormalige leiers met die beginsel van afsonderlike ontwikkeling gehad het nie.  Indien die huidige kritiek teen die omvangryke verval in Suid Afrika in aanmerking geneem word, is dit verstommend dat die vooruitskouing van nugter politici wat die gevolge van rasvermenging verdiskonteer en daaroor gewaarsku het, vandag in al elf tale verswyg word! Rasionele en logiese beredenering oor die bedreiging wat dié liberale uitgangspunt vir Nasionalisme in die algemeen, maar in die besonder vir die behoud van rasse identiteit inhou, kon nie weerlê word nie en is op onverskillige wyse bloot as onsin afgemaak. Dit is dr. G.D. Scholtz wat verwys het na W.G. Ballinger wat reeds in die Jan Hofmeyr tydperk in 1934 verklaar het: “ I would like to see the same electoral qualification for both Europeans and non Europeans and believe that the higher the test the greyter would be the probability that ultimately the native voters should outvote the the European voters.

‘n Stelling soos hierdie is net eenvoudig vir ‘n nugter mens nie moontlik om te verstaan nie. ‘n Blanke man, wat verkies dat nie-blankes oor hom moet heers. Dit is nie moontlik om die logika van so iemand te peil nie en wat meer is, kyk hoe ver terug al! Soos vantevore al geskryf, is die AVP geneig  om met   dr. Lyle Rossiter heelhartig saam te stem wat tot die gevolgtrekking gekom het dat liberaliste kranksinnig is en die ideologie van liberalisme as ‘n geestelike afwyking diagnoseer.  Dr. Rossiter,  ʼn vooraanstaande sielkundige, is van mening dat die ideologie wat hulle aanhang as ʼn gevaarlike afwyking getipeer kan word. “Gebaseer op totale irrasionele geloof- en emosionelesisteme, ondermyn moderne liberaliste die belangrikste beginsels waarop ons vryheid gevind is,” sê hy in sy boek: The Liberal Mind: The Psychological Causes of Political Madness: Hy sê dat liberaliste soos woedende kinders is wat teen alle normale verantwoordelikhede van volwassenheid rebelleer.

Op ‘n vraag aan W. G. Ballinger se vrou twintig jaar later in 1944, “do you see Europeans living with natives side by side and intermarrying?”, het sy geantwoord: “I don’t know what the answer is to that question. What is to happen in the end? All I can say is that this talk about pure races is just talk. Whether this community will change in 100 years into a composite community, I do not know. You have had Coloureds and Europeans living together with startling intermarriage. I do not know that God imposed any barrier to this mixture or frowns on it.”

Op 22 Januarie 1963, twee jaar na Republiekwording, het dr. Carel de Wet in die Volksraad aan mev. Helen Suzman, wat die Progressiewe Party verteenwoordig, die volgende twee vrae gestel: ”Sal daar, as die Progressiewe Party sy sin kry, in hierdie Parlement swart lede .... lede kan sit? Sal in die Parlement van die Progressiewe Party dit ook moontlik wees en sal dit waarskynlik gebeur, dat daar ‘n swart man in die Kabinet van die Republiek kom?” Op albei vrae het mev. Suzman “Ja” geantwoord. Op hierdie selfde vrae wou die lede van die Verenigde Party egter nie antwoord nie.

Dit is duidelik dat die Liberaliste onseker is of of die blanke beskawing gehandhaaf sal kan word indien hulle beginsels of standpunte aanvaar en toegepas word.

Ons het egter nou sedert 1994, nie as gevolg van die aanvaarding van die liberaliste se sienings nie, maar deur die verraad van die Nasionale Party van F.W. de Klerk, wel by hulle beleid uitgekom. Die onsekerheid wat daar by die liberaliste was, is besig om selfs by voormalige Nasionaliste in onverskilligheid en selfs in sommige gevalle, ongeërgdheid oor te skakel. Die doelbewuste pogings om die Afrikanervolk se identiteit te vernietig en waar dit nie slaag nie, ons uit te wis, word deur saampraters, onderhandellaars en voorstanders van ‘n reënboognasie, deur die vingers gesien!

Dit was Aartsbiskop Dennis Hurley van die Rooms-Katolieke Kerk wat op ‘n jaarvergadering van die South African Institute of Race Relations ‘n kruistog uitgeroep het “against the evils of apartheid”. “Apartheid is the challenge  of every Christian worthy of the name”. Hierin is hy ondersteun deur die Wêreldraad van Kerke en plaaslik deur manne soos Beyers Naude, Nico Smith en Willie Jonker. Dat hierdie mense saam met mev. Ballinger die Bybel só vertolk dat apartheid as ‘n euwele beleid voorgestel word, kan ‘n mens begrip voor hê, maar dit beteken nie noodwendig dat hulle reg is nie. Inteendeel is ek van mening dat hulle of moedswillig ander here gedien het en/of nie die Bybel behoorlik bestudeer het sodat God se skepping van verskeidenheid en Sy waarskuwing oor die gevolge van oorgrens trouery tot hulle kon deurdring nie.  Behalwe dat ons nou in ‘n posisie van: Pêrels voor die swyne” beland het, is die verantwoordelikheid van behoud van identiteit en Godgegewe erfenis as platform waarvandaan  die evangelie uitgedra kan word om: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” Mat. 28:19, nou ook in gedrang!

Indien hierdie onverskilligheid onder ons Afrikaners voortduur word die oogmerke van die Satan daardeur bevoordeel en behoort dit hard en duidelik gesê te word!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie