1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9964226

Besoekers aanlyn

Ons het 114 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

Onbeheersde verrotting in Staatsfinansies

altNhlanhla Nene die nuut aangestelde minister van finansies (Pravin

 Gordhan se opvolger) het met n bedenklike fiskale regrukplan vorendag

 gekom wat verskeie ekonome se wenkbroue  laat lig het.

 

 Sy vooruitskouing van S A se Staatsfinansies oor die volgende 3 jaar is   soos volg:

 

                                               Beraming in Miljard

 

                                  Inkomstes                         Uitgawes                            Verskil

1]      2014 -15           R1 093,9                            R1 247,1     miljard          [ R 153,20 ]

 

11]    2015- 16         R1 199,5                              R1 344,5          "                [R145,00  ]

 

111]   2016-17         R1 323,0                               R1 437,1        "                 [R114,10 ]

 

1V]     2017-18         R1434,6                                 R1 553,4        "                [R118,80] 

 

 Alhoewel  Nene  drastiese bestedingsbesnoeiings aangekondig het  reflekteer sy syfers  dat die uitgawes deurgaans tot by die jaar 2018 aansienlik meer gaan  wees as die inkomstes (sien jaarlikse  verliese onder die verskil kolom  hierbo) Om hierdie verliese te finansier sal die geld of geleen moet  word of belastings drasties verhoog sal word. ‘n Verhoging in  rentekoerse sal die ekonomie tot stilstand bring met gepaardgaande  werkloosheid indien hierdie roete gevolg gaan word?

 

 In kort was Nene se fiskale maatreëls as volg;

a] afskaling van die Staat se groeiende salarisrekening

b] loonooreenkomste met vakbonde te sluit wat nie hoer sal wees  as die inflasiesyfer nie

c] welsynsbesteding te verminder

d]besteding aan reis en verblyfkostes in te kort

e] belastings moet drasties verhoog word

 

 Nhlanhla Nene minister van finansies se plan om die begrotingstekort  te verklein sal nie in die komende jare ‘n enorme sprong in staatskuld  keer nie teen die agtergrond dat die totale bruto staatskuld na  verwagting oor die komende 3 jaar met R590 miljard tot R2400 miljard  opskiet. In die boekjaar tot einde maart vanjaar was die staatskuld  alreeds R1500 miljard  of 45.9% van die bruto binnelandse produk [BBP] In die komende 3 jaar sal die syfer opskiet na 49.8% Hierdie  persentasie was in 2009 slegs 27.8%.

 

 In Nene se begrotingsbeleidsdokument word gesê staatskuld as  verhouding tot BBP maak van 2009 tot 2019 die grootste sprong onder  die opkomende lande met wie  Suid Afrika vir beleggings meeding Dit

 beteken niks anders dat skuld besig is om die Staat  te verswelg!  Almal moet tot die besef  kom  wat waarskynlik gaan gebeur is dat Suid  Afrika se kredietgradering tot onder beleggingsgraad verlaag gaan word  na ‘n gemorsgraad .Dit hou die risiko in dat toegang tot kredietmarkte  beperk sal word in ‘n tyd dat finansieringsbehoefte  toeneem.

 

 Om op te som, ons staar in die gesig aansienlike belastingverhogings, bars of betaal is die wet van Transvaal. Die spandabelrige regering  beoog om deur die implementering van ‘n nuwe belastingbeleid meer belasting  in te vorder in die 2015-2016 belastingjaar-R12miljard,R15 en  R17miljard twee jaar daarna. Natuurlik sal dit weer eens die blanke  volkskomponent wees wat hierdie las sal moet dra

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie