1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9961717

Besoekers aanlyn

Ons het 133 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VERKIESINGSKOORS!...en wie laaste lag?

IECVerkiesingskoors het weer die land beetgepak. Dit gebeur – vir diegene wat vergeet het – elke vier jaar. Koorsagtig probeer politieke partye om mense te oorreed om vir hulle te stem en elke truuk in die boek word gebruik.

 

Met die voortslepende en al groter wordende chaos in die land is veral sekere Blankes oortuig dat die DA hierdie keer groot vordering gaan maak en die ANC moontlik, behalwe vir die Wes-Kaap, ook in die Noord-Kaap en Gauteng kan troef. Maar selfs die DA besef nou reeds dat hulle weer landswyd tweede gaan kom. Dus, te midde van die totale mislukking van ANC-regering, gaan die meerderheid weer vir die ANC stem!

 

 

Nou reeds moet nie-stemmers weer hoor dat ‘n wegblystem ‘n stem vir die ANC is. Hierdie verstommende logika laat mens wonder waartoe sulke mense nog alles in staat is. Volgens hierdie uitgangspunt (van mense wat nou reeds weet die DA gaan tweede kom), kan jy dus ook nie vir ‘n ander party stem nie; dit is ook blykbaar ‘n stem vir die ANC. Wat hulle ook vergeet is dat die DA (op hulle eie weergawe) niks anders is nie as ‘n “skoon” ANC, oftewel ‘n ANC sonder korrupsie.

 

So gesien moet konserwatiewe Afrikaners vir ‘n party, (die DA), stem wat regstellende aksie steun, sowel as aborsie, homoseksualiteit, Blanke grondonteiening en ‘n samelewing waarin die Almagtige God misken word. En dit net om die ANC te stuit! Dus, stem DA sodat die grondwet korruploos geïmplementeer kan word en Blankes verder vernietig kan word. Het ons dan vergeet dat die verkiesing binne die raamwerk van die Grondwet plaasvind?

 

Die res van die Blankes, (wat nou nog nie oor hulle harte kan kry om vir die DA te stem nie), moet blykbaar kies tussen die VF+ en die nuwe party, Front Nasionaal. Waar laasgenoemde vandaan kom, sal nog goed ondersoek moet word, maar die kans is goed dat dit ‘n skepping van Nasionale Intelligensie is om mense wat keelvol is vir die powere vertonings van die VF+, te oortuig om vir ‘n “nasionale” party te stem. Verbeel jou; ‘n “nasionale” party wat binne die raamwerk van die mees liberale grondwet in die wêreld wil opereer!

 

Die naïwiteit van ons mense is verstommend. Daarby is dit duidelik dat mense daagliks so gebreinspoel en gekondisioneer word oor hulle keuses dat van logiese en suiwere denke min oorgebly het. En dit bring mens by die saak waaroor dit eintlik gaan: Wat is hier aan die gang?

 

Duidelik is ‘n “derde” mag betrokke. En vergeet maar dat dit Malema is. Hy word juis deur hierdie mag befonds en beheer. Hoe anders kan hierdie voormalige “sakeman” tans weer so heerlik en ruim opereer? En waarom kry hy so baie aandag as hy dan ten alle koste vermy moet word? Hy moet baie duidelik die “keelvol” element “links” van die ANC se stemme absorbeer. En met sy 5-10% sal hy dan ‘n faktor kan word in die “magsbalans” wat na die verkiesing tot stand gaan (of moet) kom.

 

Die media maak nou groot gewag van die mense wat “keelvol” is. En duidelik is die “derde mag” besig om dit aan te stook deur middel van die media wat hulle beheer. Hoekom? Net om een rede, en dit is om die ANC op sy “plek” te hou. Die ANC weet dat hy sy rol moet speel wat die geldmagte vir hom bestem en voorgeskryf het reeds vóór 1994. Die ANC sal regeer solank as wat dit die geldmagte pas en vir solank die geldmagte se belange in hierdie land onaangetas bly. Die Blanke kan onteien word, die geldmagte nie. In ruil daarvoor is ‘n uitsoek-groepie binne die ANC beloon met miljoene en selfs miljarde, ja rykdom vanuit die niet. Die Sexwales, Ramophosas en Motsepes kan daarvan getuig. Tweede in die ry is die ANC-nomenklatura, die staatsdiens- en munisipale amptenare wat hulle bevoorregte posisies moet behou en as teenprestasie die “stelsel” in stand moet hou. Iets wat hulle beswaarlik regkry. Wat hierdie groep nie besef nie, is dat elkeen van hulle vervangbaar is, want miljoene aspireer om daardie posisies te beklee en dit skeel die geldmagte min wie daar is, maar wel dat daar so ‘n groep moet bestaan. Soos in die Kommunistiese stelsels van destyds speel hierdie groep ‘n belangrike rol om die stelsel staande te hou.

 

Alle partye binne hierdie bestel word deur die geldmagte beheer. Dit is dus ‘n poppespel waartoe goedgelowige Blankes oorreed word om aan deel te hê. Die uitslag is aan die geldmagte reeds bekend. Geen party kan hierdie land binne hierdie stelsel regeer sonder die goedkeuring van die geldmagte nie.

 

So ja, die rewolusie duur voort, maar dit is een wat deur die geldmagte beheer word. Waar die geldmagte in die res van die wêreld ‘n land nie kan beheer nie, word rewolusie gestook om dit wel te kan regkry. Sirië en die Ukraine is maar twee hedendaagse voorbeelde. En die aard van elke rewolusie is dat dit nie sal ophou voor algehele vernietiging bereik is nie. Word dit verstaan, sal ook besef word dat ‘n DA-beheerde regime nie vrede in hierdie land sal meebring nie. Die samesweerders van die rewolusie begeer nie vrede nie, maar voortgaande rewolusie. Hulle sal ‘n DA-regime, met behulp van die miljoene (wettige en onwettige) Swartes opstook tot ‘n anargie wat die ANC se anargie na ‘n Sondagskoolpiekniek sal laat lyk.

 

Wat ‘n droewige prentjie! Ja, as mense maar net hulle TV’s wil afsit en hulle Naspers-koerante wil eenkant sit en besef dat daar inderdaad ‘n sameswering is om elkeen, wit en swart, in hierdie land te verslaaf en te vernietig. Met daardie besef kan ‘n nuwe toekoms vir elke volk in hierdie land verseker word. Daarsonder is almal, wit en swart, verdoem tot ewige slawerny.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie