1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9961701

Besoekers aanlyn

Ons het 122 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

"da" ONDER "gang"

Zille en Rampele soen

Die kortstondige liefdesverhouding tussen die DA en Agang faal.

Niks verander nie. Die AVP het al male sonder tal gesê dat ’n geïntegreerde multikulturele reënboognasie nie sal werk nie. Hier waar ons nou die beste kandidate vir sukses gehad het, het dit weereens gefaal. Die ou resep van soort soek soort sal nooit verander nie.

Elke nasie moet homself regeer!

 

"Dit is 'n teleurstelling en 'n vernedering."

 Só het Helen Zille, DA-leier, Maandagoggend op 'n nuuskonferensie oor die kortstondige verhouding tussen die DA en AgangSA gesê.

"Dit was amper soos om by 'n kapel in te stap en te besef daar is iets fout."

Zille het gesê sy het reeds Dinsdagoggend bekommerd geword,  nog voor die aankondiging dat die DA vir dr. Mamphela Ramphele, leier van AgangSA, as hul presidentskandidaat benoem.

 "Ons het op 'n gesamentlike verklarings besluit, maar sy het dit die oggend van die aankondiging verander om te sê sy gaan nie by die DA aansluit nie. Ek het vir haar gesê dit is nonsens en dit werk nie so nie," het Zille gesê.

 Zille het gesê sy het toe vir Ramphele gesê die mediakonferensie kan afgestel word.

 "Ek het vir haar gesê dit sal dalk vir tien minute vernederend wees, maar dit sal eintlik geen verskil maak nie. Ramphele het egter daarop aangedring dat die nuuskonferensie moet voortgaan," het Zille gesê.

 Zille het gesê Ramphele het haar Vrydag gebel en gesê sy is ongelukkig oor berigte in die media.

 " 'n Koerant het 'n vertolking van ons verklaring gepubliseer wat verskil het van die verklaring. Sy was baie kwaad en dit het my dadelik bang gemaak."

 Zille het gesê dit was naïef van Ramphele om nie die verskil tussen 'n nuusberig en 'n persverklaring te ken nie.

 " 'n Mens het ondervinding in die politiek nodig."

 Haar verhouding met Ramphele het ook 'n reuse-hou gevat, het Zille gesê.

 "Ons was vriende vir 40 jaar, so dit is baie hartseer vir my."

 Die doodsklokkie het nou vir AgangSA, sowel as Ramphele se politieke toekoms, gelui, het Zille gesê.

 "Haar oggend- en aandpraatjies verskil te veel."

'Dit was 'n fout'

Op haar beurt het Ramphele gesê dit was 'n fout om so haastig met die DA saam te smelt.

"Was ons oorhaastig? Ongelukkig, ja. Kan opposisiepartye steeds saamwerk ná 'n verkiesing? Natuurlik," het sy op haar nuuskonferensie gesê.

Mamphele het gesê sy weier om by die DA aan te sluit.

"Agang SA is destyds gestig om 'n ander politieke tuiste aan inwoners te skep, om ons politieke landskap te verander en om inwoners aan te moedig om gesprek te voer oor die toekoms.

"Indien ek nou 'n DA-lid moet word om hierdie droom te kan bewaarheid, dan kan ek ongelukkig nie die DA se aanbod aanvaar nie. 

"Daar is miljoene Suid-Afrikaners wat nooit vir die DA sal stem nie, maar hulle soek 'n politieke tuiste. AgangSA sal vir hulle daardie politieke tuiste gee."

Sy het gesê die DA is steeds 'n belangrike politieke party, "maar ons gesamentlike fout was om te glo dat mense se wantroue sou verdwyn. Ons was verkeerd."

Sy het gesê 'n tegniese komitee sou gekyk het hoe die verskeie partye die pad vorentoe sou aanpak, maar voordat dit gebeur het, is verskeie aankondigings reeds gedoen oor hoe dit sou gebeur. Aankondigings in die media is ook oor lidmaatskap gedoen.

Hoewel sy in die beginsel glo om saam met 'n politieke party te werk, was die tydsberekening verkeerd. 

"Ons ware fokus moet eerder daarop gemik wees om die ANC uit te daag."

 

Berig geneem uit Beeld van 3 Feb 2014

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie