
Nasionalisme is die term wat jou aard beskryf, die werklikheid en feitlikheid van wie en hoe jy is wat jou van ander volke onderskei.
Inleiding. Sedert die vryburgers uit verskeie volke in die Kaapkolonie ‘n gemeenskaplikheid van taal, omstandighede en permanensie ontwikkel het, wat gaandeweg hegter geword het namate die owerhede se ondersteuning, nie net afgeneem het nie maar vyandig en selfs diktatoriaal, het die Groot Trek gevolg en het die ontbering en stryd in die vreemde wildernis, die hegtheid en gemeenskaplikheid ‘n volk laat vorm waarvan ons vandag die verlengstuk is. Hierdie Groot Trek en stryd se enigste strewe was vryheid en onafhanklikheid, die ingebore behoefte om volgens eie aard oor jouself te kan regeer op ‘n wyse wat strook met jou lewens-en-wereldbeskouing, binne jou eie grondgebied.
Nasionalisme
Nasionalisme is die term wat jou aard beskryf, die werklikheid en feitlikheid van wie en hoe jy is wat jou van ander volke onderskei. Hierdie stryd, wat in werklikheid weerstand was teen onderdrukking en belemmering van vryheid, is in wese aangevuur deur nasionalisme. Om egter bloot na nasionalisme te verwys, word die innerlike gevoelsgewaarwording nie werklik deurgegee indien ‘n mens graag aan ander wat anders glo en dink, wil verduidelik waarom jy wat op nasionalisme aanspraak maak, dink en optree soos wat jy doen nie.
Weerstand en die wil tot weerstand word aangevuur deur nasionalisme en daarom is begrip van die betekenis van nasionalisme vir die teenstander daarvan, nodig om die nasionalis se optrede sinvol te kan beoordeel. Nasionalisme volgens die HAT is ‘n voorliefde vir die eie nasie, veral die strewe om alles wat as nasionaal beskou word te bevorder en te aksentueer, gepaard met ‘n sekere afkeer van die vreemde. Nasionalisme staan verder bekend as Vaderlandsliefde. Daar is dus verskeie elemente wat hier geldend is. Godsdiens, patriotisme, kultuur, identiteit en geskiedenis. As die rasgrens oorgesteek word is daar weinig indien enige van hierdie elemente wat sal standhou. Jou vryheid en onafhanklikheid is begrens deur nasionalisme en kan slegs binne die grense daarvan bestaan. Dit is eers wanneer hierdie grense ignoreer of doelbewus oorgesteek word, dat die wil tot weerstand of verset vervang word deur assosiasie wat uitloop in aanvaarding en uiteindelik totale opgaan in veelrassigheid soos in die sg. Reënboognasie. Dít is dan ook die begin van die verlies van identiteit, kultuur, tradisie, godgebondenheid, taal en alles wat deur nasionalisme begrens word. Jy word ‘n iets, wat eintlik neerkom op ‘n niets wat later verwerp sal word omdat dit geen waarde het wat blywend is nie! Johan Bekker stel dit so:
DIE WIT AFRIKAAN
Die wit Afrikaan lyk net soos ek en jy, daarom skreeu die opskrif vir ʼn definisie. Die belydenis van die boosheid van apartheid is sy volle evangelie en hoof kenmerk . Onwetend maak hy ʼn aanslag op die Afrikaner se erfpag. Hy loop die pad van ontkenning van die eie. (Selfhaat) As gevolg van sy identiteitskrisis wil hy ook die groter Afrikaburgerskap deelagtig wees. Sy uitgangspunt is dat jy ʼn “neutrale” mens moet wees in ʼn veelvolkige wêreld. Dit lig jou uit ʼn eie volksverband en voeg jou in ʼn plurale siening van, ʼn mens is ʼn mens. Teenstrydig met die skeppingsreël dat die mensheid nie ʼn eenheid is nie maar ʼn verskeidenheid en hiërargies, glo hy in ʼn reënboognasie. Die volksgedagte is vir hom diskriminerend en uit pas met die Belhar reformasie. Die feit dat God verskillende rasse geskape het is ʼn blote toevalligheid.
Die Pan-Afrikanistiese siening is in elk geval dat God swart is, daarom behoort Afrika aan die swartman-Suid Afrika inkluis. Geskiedenis is van min belang en in goeie Engels sal hy jou vertel daar is “no future in the past”. Wat nie besef word nie is dat gister se dade en besluite vandag se lot bepaal.
Die wit Afrikaan praat voortdurend van grens oorsteek, mure afbreek, deure oopgooi, brûe bou en kontakte bewerkstellig. Die skeppingsreël is nou verouderd. Volgens hulle gaan alles oor versoening, akkommodering en broederskap onder alle nasies. Kleurlose onderwys (uitkomsgebaseerd) is die antwoord. Eie geskiedenis moet vermy word want dit is kwetsend. Werk liewer saam aan die nuwe reënboognasie. Ons grondwet maak tog voorsiening vir vryheid van assosiasie. Die feit dat vryheid van assosiasie slegs moes dien as voorloper vir gedwonge integrasie word verswyg. So word jy van agter af bekruip, jou tradisie en kultuur verflou en jou geloofsoortuiging vervang met ʼn “nuwe” filosofie. Die soeke na ʼn kompromie met God en die swartman.
Die wit Afrikaan soek lewensruimte vir die Afrikaner binne die ANC-konteks. Swart bemagtiging, ʼn “regverdige” roof van” blanke” grond en besit, een geïntegreerde onderwys, een stemreg, in ʼn onverdeelde grondgebied en hy of sy probeer hulle bes om in ʼn ANC oorheersde parlement te dien. Nasionalisme is vir hulle ʼn vloekwoord want hulle wil ”los” wees, daarom predik hy individuele regte . volksverantwoordelikheid is vir hulle te veel. Daar is vir hulle ʼn groter “losheid” in die ryk van die Antichris.
Ek beskuldig die Wit Afrikaan van die skending van God se Woord en ons erfenis. Hulle bedreig ons volksidealisme, ons identiteit, ons volkstrots en ons toekoms. Wat ʼn skande is die Wit Afrikaan vir ons menswees en volksroeping. Die uiteinde sal wees die uitlewering van die Afrikaner aan die Satan self. ʼn Godsverkettering, dwingelandy van ʼn Goddelose meerderheid en totale uitwissing
C.M. van den Heever het in hierdie verband noteerbare wyshede kwytgeraak. Hy het byvoorbeeld gesê: “Dit is n groot dwaling om te probeer eenheid skep ten koste van beginsels. Verskille kan nooit opgeruim word nie, want daardeur kom ons menslike selfstandigheid die sterkste tot uiting. Eenheid wat deur opoffering van ideale verkry is, is gebou op die dood. Ons wil eenheid in verskeidenheid hê, net soos ons die selfstandigheid soek, wat in waaragtige ewewig sy beste uiting vind. Deur ons selfstandigheid waardig te handhaaf, bereik ons ook die blywende vorm van samewerking met ander.
Hy wat na bondgenote soek in die wêreld, sal vind dat die meeste mense hom vurig sal steun solank ʼn deeltjie van hulle eie belang daarmee bevorder word, maar sodra dit nie meer gedien kan word nie, neem hulle geesdrif af. Die mens word innerlik groter namate hy net die waarheid tot bondgenoot kies. Maar dan is hy alleen. Die waarheid en eie belang val selde saam. “ aldus CM van den Heever.
Hiervan sal die Wit Afrikaan egter niks begryp nie omdat die newels van die liberalisme hulle brein só besoedel het dat hulle voortgang is soos iemand wat voel voel in ʼn digte mis rondtas sonder om te weet waar hulle gaan beland. (Aldus Johan)
SOOS VOOR DIE GROOT TREK
In ʼn tyd van uiterste verwarring en doelbewuste misleiding waar ons Afrikanervolk ons totale materiële sekuriteit verloor het en daar ook op ons geestelike waardes en sekerheid ʼn aanslag gemaak word, is dit noodsaaklik om indringend daarna te kyk om te verhoed dat ons algehele perspektief verloor en in die proses, ook ons wil tot weerstand teen dit wat nie net ooglopend verkeerd is nie belemmer, maar ook ons vryheidstryd benadeel. Nuwe geslag post-nasionalistiese politieke “kenners” soos bv. Piet Croucamp, Max du Preez, Flip Buys, en almal wat soos hulle dink oor sake soos selfbeskikking en rassisme, neem standpunte in wat in kontras staan teenoor die standpunte van erkende en internasionaal hooggeagte en befaamde politieke leiers van die Afrikanervolk wat as sprekende voorbeelde van nasionaliste deur die geskiedenis openbaar is. Die aanmatigende en neerhalende wyse waarop die “nuwe Afrikaners” na nasionaliste verwys wat beginselvas afsonderlike ontwikkeling en ras as onderskeidingsfaktor erken en handhaaf soos wat dit in werklikheid bestaan, moet maar liewer álmal “bedank” as Afrikaners soos wat die nuwe neiging is, en vir hulle ‘n ander volk soek om aan te behoort en dan sommer Afrikaans as voertaal vervang met Engels. Soos voor die Groot Trek verteenwoordig hulle die “by in die broek” van die nasionalistiese Afrikaner.
DIE TOTALE AANSLAG OP DIE AFRIKANER
Die mens se strewe om onder die heerskappy van God uit te kom, is voortgesit deur ongelowiges met die Satan as aanvoerder. Vir sommige bewustelik en vir ander subtiel, diabolies, verraderlik “christelik”! Die belangrikste instrument waarvan hy gebruik maak is die Liberalisme, Kommunisme en die Humanisme. Al drie hierdie –ismes is die natuurlike vyande van die Nasionalisme en ondersteun die aftakeling daarvan. Dit wil en moet die grense tussen volke uitwis. Dit het, soos in GÉNESIS 11 by die bou van die toring van Babel, die strewe om één beskawing, één ras en één universele, raslose Nuwe Wêreld Orde te vestig, waarin die kerk ʼn bondgenoot geword het wat uit die Nuwe Testament van die Bybel regverdig word deur selektiewe tekste daarvoor aan te wend.
Christus sterf vir die hele wêreld.
I JOHANNES 2:2 En Hy is ’n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
GALÁSIËRS 3:28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
ROMEINE 10:12 Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep.
Hierdie is die populêre tekste uit die Nuwe Testament wat aangevoer word waarom apartheid verkeerd sou wees. Dit hef egter nie die geskape verskeidenheid op nie, net so min as wat dit die geslagtelikheid van man en vrou ophef! Afsonderlikheid of eiesoortigheid of apartheid, as u wil, word gestigmatiseer as sou dit gelowiges van ander rasse benadeel, (Humanisme, menseregte, liberalisme, Kommunisme en die kerk is hierin eens), terwyl die doel is om die volkeverskeidenheid en die skeidingsbeginsel van God daardeur kragteloos te maak.
STRYD EN VERSET
Wanneer die nasionalis dan standpunt inneem in verset teen hierdie aanslag wat gerig is om nasionalisme te vernietig, dan is dit omdat daar bewys bestaan in die geskiedenis van ons volk, gerugsteun deur eeue se beproewing van die teenhang daarvan in ander dele van die wêreld, maar meer nog uit die huidige verval wat dit in Suid Afrika teweeg gebring het en wat daagliks toenemend vererger.
Ons stryd gaan steeds om vryheid en soewereine onafhanklikheid binne ons eie grondgebied. Die feit dat die meelopers en saampraters wat die verraaiers ondersteun het, Suid Afrika eerloos en bloedloos aan ‘n swart terroristebende oorhandig het op ‘n onwettige wyse, beteken nie dat Suid Afrika nie die Afrikanervolk se land is nie. Dit beteken ook nie dat die ANC of welke swart ras aanspraak op Suid Afrika het nie. Hierdie land is steeds ons land en solank as wat daar Afrikaners is wat teen die onwettigheid van die oorgawe beswaar het en dit bestry, handhaaf ons die reg van die Afrikanervolk op ons land.
VERKIESING
Deelname aan swart meerderheid verkiesings deur Afrikaners verleen bloot ‘n wetmatigheid aan die ANC as sou hulle die reg hê om oor Suid Afrika te regeer en benadeel dus ons vryheidstryd. Stryd moet egter nie altyd in terme van militêre stryd beoordeel word nie. Die stryd in die tyd van adv. Hans Strydom en dr. H.F. Verwoerd was nie militêr nie en het vanuit die dertiger jare tot in die jare sestig gestrek met ʼn uiteindelike klinkklare oorwinning op 31 Mei 1961 se Republiekwording! Om te dink dat ‘n Afrikanerstem vir die DA enige waarde het is net so futiel as om vir die ANC te stem! Die AVP het al by herhaling verduidelik dat om die ANC aan bande te lê sal jy in ‘n verkiesing swart stemme moet werf soos wat die DA nou mee besig is. Ons het egter ook daarop gewys dat jy hoër sal moet bie vir hullestemme as wat die ANC daarvoor bie. Meer blanke lewens? Meer blanke eiendom en besit? Meer geldelike aalmoese vir werkloses en kinderfabriseerders? Nee en nogmaals nee! Shepstone het destyds in 1877 gesê dat die anneksasie van Transvaal onomkeerbaar is. Net so min as wat die Vaalrivier sou kon terugloop na sy oorsprong, net so min sal Transvaal sy vryheid terug kry. By Amajuba is die onomkeerbare omgekeer wat terselfdertyd daarop dui dat militêre stryd nie buite rekening gelaat moet word nie. Daar is ‘n tyd vir alles lees ons in God’s Woord.
Voorlopig is die enigste effektiewe deelname aan die regime se verkiesings: Stem reg, en bly daar weg! Indien daar enige mag uit eendragtigheid moet kom, dan moet Afrikaners konsolideer in politieke eenstemmigheid wat innerlik as regverdig, noodsaaklik en haalbaar beleef moet word. Feitlik die hele internasionale wereld beweeg vandag na een of ander vorm van “apartheid” onder ander mooiklinkende name. Die feit is dat dit die enigste oplossing tot vreedsame naasbestaan is.