Hierdie berig wat van Ditsem Blits se omsendbrief afkomstig is, kon nie deur ons bevestig word nie. Ons beskou die inligting egter as uiters belangrik en plaas dit graag om ouers bedag te maak sodat hulle betyds stappe kan neem om hulle kinders te beskerm.Volgens die internasionale organisasie Intergrow Health sal ʼn entstof wat glo in die VSA vir verskeie sterftes verantwoordelik was, binnekort in SA voor die voet aan laerskooldogters toegedien word. Pres Jacob Zuma het vandeesweek bekend gemaak dat die regering die inentingsveldtog teen die Menslike Papillomavirus van stapel gaan stuur om die voorkoms van servikale kanker drasties te verminder. Die entstof sal in Suid-Afrika aan skooldogters tussen nege en 12 jaar gegee word en die leerders sal later ook ʼn opvolgdosis ontvang. Die inenting sal verpligtend by staatskole wees, maar dit is nie duidelik of leerders wat tuisonderrig word, ook inenting sal ontvang nie. Intergrow Health sê daar is baie vrae rondom die veiligheid asook die effektiwiteit van die entstof. Tydens die eksperimentele fase in die VSA is 32 vrouens na bewering dood. Die vervaardigers van die entstof ontken nie die sterftes nie, maar reken dit was “onverwant”. Die ander kwessie is ook of die regering gemagtig is om inenting op leerders af te dwing en of ouers se toestemming vooraf gevra gaan word.