1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9961403

Besoekers aanlyn

Ons het 96 gaste en geen lede aanlyn

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

BOEING TREF GEBOU OP LUGHAWE

Verskeie berigte uit die media saamgelees, skets duidelike beeld van  “beroepsvaardighede” en strewe na selfverryking wat 2014 inlui onder die Swart Meerderheidsregime van de Klerk en Kie.

Suid Afrika kan hom verder ook maar staal vir meer korrupsie, meer moorde, meer onderlinge struweling met die oog op die komende verkiesing en die internasionale mededinging vir ‘n stewiger greep op Afrika, maar veral Suid Afrika, namate die konflik in die Midde-Ooste verhewig.

Misverstand, toe tref Boeing gebou op lughawe

Wolfram Zwecker, Jody Nel - Maandag 23 Desember 2013

Vliegtuig1

 ’n Misverstand tussen die beheertoring en die bemanning van ’n British Airways Boeing 747-400 het waarskynlik daartoe gelei dat een van die vliegtuigvlerke ’n deel van ’n gebou op die O.R. Tambo-lughawe in puin gelê het.

Sowat 7 m van die regtervlerk van byna 30 m is beskadig.

John Hart

John Hart (35), ’n Amerikaner wat in Suid-Afrika woon, was een van die 182 passasiers en 17 bemanningslede aan boord van vlug BA 034. Hulle sou Sondagaand 22:45 van Johannesburg na Londen vertrek.

Sy sitplek was naby die vlerk. Hy kon sien hulle ry te na aan die gebou.

Daar was ’n harde geluid en ’n paar gille, maar niemand was paniekbevange nie.

“Brandstof word in die vlerke geberg. Baie brandstof het daar uitgelek. Ons kon omtrent ’n uur lank nie die vliegtuig ontruim nie terwyl die brandweer skuim op die aanloopbaan gespuit het.”

Vliegtuig3

Al die passasiers sou gisteraand op twee geskeduleerde vlugte Londen toe vlieg.

Vliegtuig4

Phindiwe Gwebu, woordvoerder van die Burgerlugvaart-owerheid (BLO), het gister gesê die vliegtuig het toestemming gehad om van die passasiersterminaal op roete B na die beginpunt van aanloopbaan 03L te ry.  “Die vlieëniers het egter met roete M aangehou.” Dié roete is vir kleiner vliegtuie.

(Die AVP verneem dat daar ‚n sterk moontlikheid bestaan dat die vlienier verkeerde instruksies ontvang het.)

TREIN ONTSPOOR

Vrydag 03 Januarie 2014

Trein1

Twee van die 18 pendelaars wat gister beseer is toe ’n passasierstrein wat van Pretoria na Johannesburg gereis het aan die Oos-Rand ontspoor het, is steeds kritiek in die hospitaal.

Vyf is steeds onder waarneming en dit word verwag dat hulle binnekort ontslaan sal word, het Mosenngwa Mofi, uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap (Prasa), gisteraand gesê.

Die ander 11 is reeds ontslaan, het Mofi gesê.

Die twee mense wat ernstig beseer is, het ernstige rug- en buikbeserings opgedoen, het William Ntladi, woordvoerder van Ekhurhuleni se nooddienste, gesê.

Talle passasiers het probeer om uit die Metrorail-trein te ontsnap toe die eerste drie waens skielik om 06:45 tussen die Isando- en Elandsfontein-stasie ontspoor het.

Beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na hospitale geneem is.

Daar was ten tyde van die ongeluk 300 passasiers op die trein.

Die twee ernstig beseerde pendelaars is na die Tambo-ge­denkhospitaal in Boksburg geneem.

15 passasiers wat ligte beserings opgedoen het, is na die Tembisa-hospitaal geneem.

Lillian Mofokeng, Metrorail-woordvoerder, het gesê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

“Ons tegniese span is besig om die skade aan die treinspoor te herstel.”

Volgens Mofokeng is dit ook nog te vroeg om vas te stel wat die skade aan die trein en spoor beloop.

Metrorail het gesê hulle sal die mediese koste van die beseerdes dek.

SELFS DIE DOOIES WORD OPGESKROEF! E-tol in warboel

Cobus Claassen - Vrydag 03 Januarie 2014

• SMS’e het mense raadop • R3 520 vir drie ritte op N1

Suksesvol boodskap Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap ­(Sanral) stuur selfs vir dooies e-tol-rekeninge.

Dit gebeur terwyl ál meer Gautengers raadop is oor kriptiese e-tol-aanmanings wat hulle per SMS ontvang.

Daar is toenemend klagtes oor die omstrede stelsel wat op 3 Desember op Gautengse snelweë in werking gestel is.

Louis Tyler-Scott van Honeydew aan die Wes-Rand het gesê Sanral het sy pa, Charlie, wat in Oktober 2012 oorlede is, per SMS vir R612 aangeslaan.

Scott1

Tyler-Scott het gesê hy hou sy pa se selfoon van tyd tot tyd dop.

“Ek het nie geweet of ek moes lag of huil toe ek die SMS (op 30 Desember) kry nie. My pa het twee jaar voor sy dood laas ’n motor in sy naam geregistreer gehad.”

 Scott3

Beeld is gister oorval met klagtes nadat daar op Facebook gevra is vir kommentaar oor die SMS’e, en in sommige gevalle e-posse, wat aan motoriste gestuur word.

Motoriste word in die SMS’e kortliks verwittig wat hul e-tol-skuld beloop en dat hulle oorhandig is aan Sanral se dienssentrum waar oortredings verwerk word.

Derick Lubbe van Pretoria het gesê hy is per SMS in kennis gestel hy skuld R869 nadat hy van 3 tot 7 Desember tussen Pretoria en Bruma deur die e-tolhekke gery het.

“Daar is nie ’n manier op aarde wat ek hul rekening sal betaal nie. Dit kan tot duisende (rand) ophoop.”

Adri Fourie, ook van Pretoria, het gesê sy is per e-pos laat weet sy skuld R204.

Sy het op Sanral se webtuiste probeer vasstel waar hy aan dié bedrag kom en tot die besef gekom ’n Nissan Xtrail, waarvan die voorste nommerplaat dieselfde registrasienommer as haar Volkswagen Golf het, maar waarvan die agterste nommerplaat verskil, is by die tolhekke afgeneem.

“Ek het in ’n e-pos laat weet dit is nie ek wat die pad gebruik het nie. Sanral het my laat weet ek moet dít bewys. Ek weier.”

Elize Saunders, wat in Randfontein woon en werk, is gisteroggend in ’n SMS in kennis gestel haar skuld is R850, hoewel sy nie die afgelope maand deur ’n tolhek gery het nie.

Lydia le Roux het gesê sy het ’n SMS gekry en skuld glo R307.

“Maar ek het geen rekening gekry nie. Dit kan onmoontlik die regte bedrag wees. Wat maak ’n mens?”

Cindy Poluta, sportaanbieder van EWN, het gister op Twitter gesê sy is per SMS in kennis gestel sy het e-tol-skuld van R3 520.

“Ek het die N1 al drie keer gebruik. Dit kan nie reg wees nie.”

Vusi Mona, Sanral-woordvoerder, het gesê hy is met verlof en navrae na Sanral se mediakantoor verwys. Dié kantoor het ondanks verskeie boodskappe nie op die navraag gereageer nie.

Wayne Duvenage, voorsitter van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa), het gesê die stelsel raak vinniger ’n klug as wat verwag is.

“Ons het voorspel die stelsel gaan ondoeltreffend en nie haalbaar wees nie. Die stelsel is die grootste ter wêreld en net te tegnies.

“Dit kon in ’n land soos Singapoer gewerk het, maar nie in ’n land waarin net 15% van motoriste verkeersboetes betaal nie.

“Sanral maak boonop staat op ’n onakkurate e-NaTIS-stelsel vir sy inligting.”

Volgens Duvenage moet motoriste nie toelaat dat hulle op grond van die dreig-SMS’e die skrik op die lyf gejaag word nie.

“Watter instelling stuur ’n SMS aan ’n kliënt vir betaling?

“Sanral behoort hom eintlik te skaam. ’n Bejaarde dame van Kaapstad, wat 15 jaar laas in Gauteng bestuur het, het so ’n aanmaning per SMS gekry. Sy het haar boeglam geskrik.

“Is dit die samelewing wat die regering vir ons in die vooruitsig stel?”

Jy kan ’n dispuut verklaar

Motoriste wat per SMS aanmanings kry oor agterstallige e-tolskuld kan:

• hul skuld betaal;

• by Sanral se kliëntedienssentrum by 0800 726 725 navraag doen – hou die verwysingsnommer wat in die SMS gegee word byderhand; of

• ’n Dispuut verklaar – doen dit op Sanral se webtuiste, www.sanral.co.za

As jy nie ag slaan op die SMS-vermanings nie, sal Sanral se sentrum wat oortredings verwerk (VPC), voortgaan met vervolging.

6 000 meer ry elke dag Gautrein nadat e-tol begin

Die Gautrein het reeds in die eerste week nadat die e-tolstelsel op die Gautengse snelweë in werking getree het, sowat 13% meer passasiers vervoer.

Gautengers sal na verwagting in 2014 ál meer van dié sneltrein gebruik maak pleks van om vir die e-tolstelsel op te dok.

Dr. Barbara Jensen, woordvoerder van die Gautrein-bestuursagentskap (GMA), het gesê in die eerste week van e-tol was daar ’n toename van ongeveer 6 000 passasiers op die Gautrein en 22% meer mense het die busdiens gebruik.

Die aansienlike groei in die getal buspassasiers kan volgens haar ook toegeskryf word aan die Gautrein se R1 per rit-promosie wat aan die begin van Desember begin het.

“Ons sal eers werklik later vandeesmaand weet wat die impak is wanneer sake ná die feestyd na normaal terugkeer. Ons het wel hoë verwagtinge.”

Altesame R12,9 miljoen mense het in 2013 van die Gautrein se diens gebruik gemaak, het Jensen gesê. “Ons het nou in die tweede jaar 53 000 passasiers per dag in Desember vervoer.” – Cobus Claassen

VIER VERDAGTES DOODGESKIET IN KRUGERWILDTUIN

Woensdag 08 Januarie 2014

Vier vermeende renosterstropers is gister in twee afsonderlike skietvoorvalle in die Krugerwildtuin dood.

‘STEM ANC EN ONS KOM SLAG’

Zuma dans, sing vir skare in M’langa

Lourensa Eckard - Donderdag 09 Januarie 2014

KaNyamazane. – “Ek sal ná die verkiesing terugkom en beeste slag, mits die ANC meer as 90% van die stemme in Mpumalanga kry.” So het pres. Jacob Zuma gister tydens ’n besoek aan dié...

PREMIER SE KAR NÁ SPAAROPDRAG BESTEL

Susan Cilliers Woensdag 08 Januarie 2014

Die BMW van R1,3 miljoen van Thandi Modise, Noordwes se premier, is bestel nadat minister Pravin Gordhan openbare amptenare verbied het om voertuie duurder as R720 000 aan te skaf.

Uit die bo-staande berigte is dit glashelder duidelik dat ons voormalige Afrikanerleiers wat afsonderlike ontwikkeling gekies, verfyn en doelgerig aangewend het as die beste beleid vir die beskerming van nasionale waardes, volks identiteit en beginsels volgens eie behoeftes binne eie grondgebied, nie net versig gehad het nie, maar ook internasionale insig sonder die negatiewe en “euwele” konnotasies wat doelbewus gebruik is om die Afrikaner sy erfenis te ontneem.

Hierdie benadering wat integrasie, wat die teenhang van afsonderlike ontwikkeling is, vandag in praktyk teenoor “apartheid” vir die afgelope 19 jaar beproef, se baanrekord is reeds só bedenklik dat enige gelowige en beskaafde mens hom daarvan sal distansieer.

As die bedrogvolle wyse waarop die blanke Afrikanerkieser oorreed was om daarvoor te stem, om hulle gesonde oordeel te omseil, in aanmerking geneem word, is dit moeilik indien nie onmoontlik om te verstaan hoe die bedrieërs wat daaraan deel het, met hulle gewetes kan saamleef nie!

BOEING TREF GEBOU OP LUGHAWE

Verskeie berigte uit die media saamgelees, skets duidelike beeld van  “beroepsvaardighede” en strewe na selfverryking wat 2014 inlui onder die Swart Meerderheidsregime van de Klerk en Kie.

Suid Afrika kan hom verder ook maar staal vir meer korrupsie, meer moorde, meer onderlinge struweling met die oog op die komende verkiesing en die internasionale mededinging vir ‘n stewiger greep op Afrika, maar veral Suid Afrika, namate die konflik in die Midde-Ooste verhewig.

Misverstand, toe tref Boeing gebou op lughawe

Wolfram Zwecker, Jody Nel

Maandag 23 Desember 2013

1111111

2222222222

3333333333

’n Misverstand tussen die beheertoring en die bemanning van ’n British Airways Boeing 747-400 het waarskynlik daartoe gelei dat een van die vliegtuigvlerke ’n deel van ’n gebou op die O.R. Tambo-lughawe in puin gelê het.

Sowat 7 m van die regtervlerk van byna 30 m is beskadig.

John Hart (35), ’n Amerikaner wat in Suid-Afrika woon, was een van die 182 passasiers en 17 bemanningslede aan boord van vlug BA 034. Hulle sou Sondagaand 22:45 van Johannesburg na Londen vertrek.

Sy sitplek was naby die vlerk. Hy kon sien hulle ry te na aan die gebou.

Daar was ’n harde geluid en ’n paar gille, maar niemand was paniekbevange nie.

“Brandstof word in die vlerke geberg. Baie brandstof het daar uitgelek. Ons kon omtrent ’n uur lank nie die vliegtuig ontruim nie terwyl die brandweer skuim op die aanloopbaan gespuit het.”

Al die passasiers sou gisteraand op twee geskeduleerde vlugte Londen toe vlieg.

Phindiwe Gwebu, woordvoerder van die Burgerlugvaart-owerheid (BLO), het gister gesê die vliegtuig het toestemming gehad om van die passasiersterminaal op roete B na die beginpunt van aanloopbaan 03L te ry.  “Die vlieëniers het egter met roete M aangehou.” Dié roete is vir kleiner vliegtuie.

(Die AVP verneem dat daar ‚n sterk moontlikheid bestaan dat die vlienier verkeerde instruksies ontvang het.)

TREIN ONTSPOOR

Vrydag 03 Januarie 2014

FOTO

Twee van die 18 pendelaars wat gister beseer is toe ’n passasierstrein wat van Pretoria na Johannesburg gereis het aan die Oos-Rand ontspoor het, is steeds kritiek in die hospitaal.

Vyf is steeds onder waarneming en dit word verwag dat hulle binnekort ontslaan sal word, het Mosenngwa Mofi, uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap (Prasa), gisteraand gesê.

Die ander 11 is reeds ontslaan, het Mofi gesê.

Die twee mense wat ernstig beseer is, het ernstige rug- en buikbeserings opgedoen, het William Ntladi, woordvoerder van Ekhurhuleni se nooddienste, gesê.

Talle passasiers het probeer om uit die Metrorail-trein te ontsnap toe die eerste drie waens skielik om 06:45 tussen die Isando- en Elandsfontein-stasie ontspoor het.

Beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na hospitale geneem is.

Daar was ten tyde van die ongeluk 300 passasiers op die trein.

Die twee ernstig beseerde pendelaars is na die Tambo-ge­denkhospitaal in Boksburg geneem.

15 passasiers wat ligte beserings opgedoen het, is na die Tembisa-hospitaal geneem.

Lillian Mofokeng, Metrorail-woordvoerder, het gesê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

“Ons tegniese span is besig om die skade aan die treinspoor te herstel.”

Volgens Mofokeng is dit ook nog te vroeg om vas te stel wat die skade aan die trein en spoor beloop.

Metrorail het gesê hulle sal die mediese koste van die beseerdes dek.

SELFS DIE DOOIES WORD OPGESKROEF! E-tol in warboel

• SMS’e het mense raadop • R3 520 vir drie ritte op N1

Suksesvol boodskap

Cobus Claassen

Vrydag 03 Januarie 2014

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap ­(Sanral) stuur selfs vir dooies e-tol-rekeninge.

Dit gebeur terwyl ál meer Gautengers raadop is oor kriptiese e-tol-aanmanings wat hulle per SMS ontvang.

Daar is toenemend klagtes oor die omstrede stelsel wat op 3 Desember op Gautengse snelweë in werking gestel is.

Louis Tyler-Scott van Honeydew aan die Wes-Rand het gesê Sanral het sy pa, Charlie, wat in Oktober 2012 oorlede is, per SMS vir R612 aangeslaan.

Tyler-Scott het gesê hy hou sy pa se selfoon van tyd tot tyd dop.

“Ek het nie geweet of ek moes lag of huil toe ek die SMS (op 30 Desember) kry nie. My pa het twee jaar voor sy dood laas ’n motor in sy naam geregistreer gehad.”

Beeld is gister oorval met klagtes nadat daar op Facebook gevra is vir kommentaar oor die SMS’e, en in sommige gevalle e-posse, wat aan motoriste gestuur word.

Motoriste word in die SMS’e kortliks verwittig wat hul e-tol-skuld beloop en dat hulle oorhandig is aan Sanral se dienssentrum waar oortredings verwerk word.

Derick Lubbe van Pretoria het gesê hy is per SMS in kennis gestel hy skuld R869 nadat hy van 3 tot 7 Desember tussen Pretoria en Bruma deur die e-tolhekke gery het.

“Daar is nie ’n manier op aarde wat ek hul rekening sal betaal nie. Dit kan tot duisende (rand) ophoop.”

Adri Fourie, ook van Pretoria, het gesê sy is per e-pos laat weet sy skuld R204.

Sy het op Sanral se webtuiste probeer vasstel waar hy aan dié bedrag kom en tot die besef gekom ’n Nissan Xtrail, waarvan die voorste nommerplaat dieselfde registrasienommer as haar Volkswagen Golf het, maar waarvan die agterste nommerplaat verskil, is by die tolhekke afgeneem.

“Ek het in ’n e-pos laat weet dit is nie ek wat die pad gebruik het nie. Sanral het my laat weet ek moet dít bewys. Ek weier.”

Elize Saunders, wat in Randfontein woon en werk, is gisteroggend in ’n SMS in kennis gestel haar skuld is R850, hoewel sy nie die afgelope maand deur ’n tolhek gery het nie.

Lydia le Roux het gesê sy het ’n SMS gekry en skuld glo R307.

“Maar ek het geen rekening gekry nie. Dit kan onmoontlik die regte bedrag wees. Wat maak ’n mens?”

Cindy Poluta, sportaanbieder van EWN, het gister op Twitter gesê sy is per SMS in kennis gestel sy het e-tol-skuld van R3 520.

“Ek het die N1 al drie keer gebruik. Dit kan nie reg wees nie.”

Vusi Mona, Sanral-woordvoerder, het gesê hy is met verlof en navrae na Sanral se mediakantoor verwys. Dié kantoor het ondanks verskeie boodskappe nie op die navraag gereageer nie.

Wayne Duvenage, voorsitter van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa), het gesê die stelsel raak vinniger ’n klug as wat verwag is.

“Ons het voorspel die stelsel gaan ondoeltreffend en nie haalbaar wees nie. Die stelsel is die grootste ter wêreld en net te tegnies.

“Dit kon in ’n land soos Singapoer gewerk het, maar nie in ’n land waarin net 15% van motoriste verkeersboetes betaal nie.

“Sanral maak boonop staat op ’n onakkurate e-NaTIS-stelsel vir sy inligting.”

Volgens Duvenage moet motoriste nie toelaat dat hulle op grond van die dreig-SMS’e die skrik op die lyf gejaag word nie.

“Watter instelling stuur ’n SMS aan ’n kliënt vir betaling?

“Sanral behoort hom eintlik te skaam. ’n Bejaarde dame van Kaapstad, wat 15 jaar laas in Gauteng bestuur het, het so ’n aanmaning per SMS gekry. Sy het haar boeglam geskrik.

“Is dit die samelewing wat die regering vir ons in die vooruitsig stel?”

Jy kan ’n dispuut verklaar

Motoriste wat per SMS aanmanings kry oor agterstallige e-tolskuld kan:

• hul skuld betaal;

• by Sanral se kliëntedienssentrum by 0800 726 725 navraag doen – hou die verwysingsnommer wat in die SMS gegee word byderhand; of

• ’n Dispuut verklaar – doen dit op Sanral se webtuiste, www.sanral.co.za

As jy nie ag slaan op die SMS-vermanings nie, sal Sanral se sentrum wat oortredings verwerk (VPC), voortgaan met vervolging.

6 000 meer ry elke dag Gautrein nadat e-tol begin

Die Gautrein het reeds in die eerste week nadat die e-tolstelsel op die Gautengse snelweë in werking getree het, sowat 13% meer passasiers vervoer.

Gautengers sal na verwagting in 2014 ál meer van dié sneltrein gebruik maak pleks van om vir die e-tolstelsel op te dok.

Dr. Barbara Jensen, woordvoerder van die Gautrein-bestuursagentskap (GMA), het gesê in die eerste week van e-tol was daar ’n toename van ongeveer 6 000 passasiers op die Gautrein en 22% meer mense het die busdiens gebruik.

Die aansienlike groei in die getal buspassasiers kan volgens haar ook toegeskryf word aan die Gautrein se R1 per rit-promosie wat aan die begin van Desember begin het.

“Ons sal eers werklik later vandeesmaand weet wat die impak is wanneer sake ná die feestyd na normaal terugkeer. Ons het wel hoë verwagtinge.”

Altesame R12,9 miljoen mense het in 2013 van die Gautrein se diens gebruik gemaak, het Jensen gesê. “Ons het nou in die tweede jaar 53 000 passasiers per dag in Desember vervoer.” – Cobus Claassen

VIER VERDAGTES DOODGESKIET IN KRUGERWILDTUIN

Woensdag 08 Januarie 2014

Vier vermeende renosterstropers is gister in twee afsonderlike skietvoorvalle in die Krugerwildtuin dood.

‘STEM ANC EN ONS KOM SLAG’

Zuma dans, sing vir skare in M’langa

Lourensa Eckard

Donderdag 09 Januarie 2014

KaNyamazane. – “Ek sal ná die verkiesing terugkom en beeste slag, mits die ANC meer as 90% van die stemme in Mpumalanga kry.” So het pres. Jacob Zuma gister tydens ’n besoek aan dié...

PREMIER SE KAR NÁ SPAAROPDRAG BESTEL

Susan Cilliers

Woensdag 08 Januarie 2014

Die BMW van R1,3 miljoen van Thandi Modise, Noordwes se premier, is bestel nadat minister Pravin Gordhan openbare amptenare verbied het om voertuie duurder as R720 000 aan te skaf.

Uit die bo-staande berigte is dit glashelder duidelik dat ons voormalige Afrikanerleiers wat afsonderlike ontwikkeling gekies, verfyn en doelgerig aangewend het as die beste beleid vir die beskerming van nasionale waardes, volks identiteit en beginsels volgens eie behoeftes binne eie grondgebied, nie net versig gehad het nie, maar ook internasionale insig sonder die negatiewe en “euwele” konnotasies wat doelbewus gebruik is om die Afrikaner sy erfenis te ontneem.

Hierdie benadering wat integrasie, wat die teenhang van afsonderlike ontwikkeling is, vandag in praktyk teenoor “apartheid” vir die afgelope 19 jaar beproef, se baanrekord is reeds só bedenklik dat enige gelowige en beskaafde mens hom daarvan sal distansieer.

As die bedrogvolle wyse waarop die blanke Afrikanerkieser oorreed was om daarvoor te stem, om hulle gesonde oordeel te omseil, in aanmerking geneem word, is dit moeilik indien nie onmoontlik om te verstaan hoe die bedrieërs wat daaraan deel het, met hulle gewetes kan saamleef nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie