1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9961406

Besoekers aanlyn

Ons het 97 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

'N MATRIEK-KLUG! SÓ NOEM RAPPORT DIT.

altVir die AVP is Suid Afrika se onderwysstelsel egter al sedert ’94, niks anders en niks minder as ‘n akademiese moordinstrument wat, toekomstige ontwikkeling, navorsing en vooruitgang, jaar na jaar laat veragter. Die toestand in die onderwys is een van die duidelikste bewyse dat rasvermenging in niemand se belang is nie, net so min as wat die manipulasie van syfers swak opleiding met gevolglike swak prestasie se uitwerking gaan verbeter! Al dra ‘n aap ‘n goue ring........ Dan is die onderstaande kritiek nogal van sommige integrasiedrywers af! Wanneer gaan julle bely dat die verwronge drogbeelde wat julle van “apartheid” help skep het, dwaas was en dat integrasie hierdie toestand in die onderwys ten grondslag lê?

 

Die berig wat in Rapport verskyn het:

2014-01-04 22:52

Probeer om jou glad nie aan 2013 se matriekslaagsyfer te steur nie, want dit is oëverblindery: Die meeste matrieks wat slaag kan nie somme doen of skryf nie en baie is funksioneel ongeletterd. Só sê kenners aan Rapport op die vooraand van môremiddag se aankondiging deur Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, van die slaagsyfer vir verlede jaar se 576 490 matrieks. Motshekga gaan na verwagting aankondig 2013 se slaagkoers is tussen twee en drie persentasiepunte hoër as 2012 se 73,9%. Dit kan die syfer vir die eerste keer sedert 1980 tot bo 75% stoot.

 

Sjampanjeproppe sal skiet, maar Suid-Afrikaanse matrieks is nie gerat vir die eise van ons toenemend moderne ekonomie nie, waar mynbou en vervaardiging krimp, maar tegnologie en finansiële dienste snel groei. Dié syfers wys waarom:

 

* Net 10% van topmatrieks wat aansoek gedoen het om in 2013 in ’n rigting soos ingenieurswese of medies te studeer waarvoor wiskunde ’n vereiste is, was “vaardig” in die vak, volgens die jongste uitslae van die nasionale maatstaftoetse (NBT, National Benchmark Tests). Die NBT toets jaarliks duisende voornemende studente voordat hulle met tersiêre kursusse by instellings begin waaronder die Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Kaapstad, Tukkies en Wits. Meer as 60 000 kandidate het die NBT’s afgelê voor hul studie in 2013. Meer as die helfte van hulle het minder as 34% vir wiskunde gekry en sou dus nie kon voortgaan met ’n tersiêre kursus waarvan wiskunde ’n belangrike komponent is nie. Die res sou bygestaan moes word om op peil te kom.

In die kategorie vir akademiese geletterdheid, wat onder meer lees- en begripsvaardighede toets, kon net 30% van die kandidate sonder hulp verder swot.

 

* Al hoe meer matrieks kies wiskundige geletterdheid bo wiskunde. Skaars 10% van die meer as miljoen leerlinge wat in 2002 hul skoolloopbaan begin het, sou verlede jaar wiskunde geslaag het (in 2012 het net 121 970 matrieks wiskunde geslaag uit die 1 006 358 wat 12 jaar vroeër in gr. 1 was);

 

* Van dié wat wiskunde neem, is daar bloedweinig wat in dié sleutelvak presteer: Tussen 2008 (toe die nuwe nasionale senior sertifikaat van stapel gestuur is) en 2011 het die persentasie matrieks wat meer as 70% vir wiskunde behaal het, van 8,3% tot 5,9% gedaal, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge verlede jaar bevind. In 2011 het net 13 223 uit die bykans 500 000 matrieks meer as 70% vir wiskunde gekry. Dit voorspel ’n werkmag wat in baie opsigte nie die mas gaan opkom nie en nog ’n jaargroep jongmense wat nie kan tel nie.

 

“Ons is veral in die moeilikheid met wiskunde en wetenskap. “Dit word vererger deur wiskundige geletterdheid, wat geen waarde vir wetenskap- en rekenkundige loopbane bied nie,” sê Basil Manuel, president van die onderwysvakbond Naptosa. “Die groot vraag is of ons aan die land se toekomstige behoefte aan ingenieurs, rekenmeesters en entrepreneurs sal kan voldoen met die gehalte van ons huidige skool- en eksamenstelsel,” sê Manuel. Te midde van dié neerdrukkende wiskundesyfers “presteer” die matrieks tog jaarliks beter as ’n mens kyk na die slaagsyfer, wat in 2008 nog 62,5% was en die syfer vir 2012, wat Januarie verlede jaar aangekondig is, was 73,9%.

 

“As daar groot verbeteringe in die slaagsyfer is, veral groter as vyf persentasiepunte, moet ons onsself afvra hoe so ’n verbetering moontlik is,” sê Nicholas Spaull, ’n Stellenbosse ekonoom en onderwysspesialis. “Is die verbetering ’n gevolg van leerlinge wat makliker vakke neem, soos wiskundige geletterdheid pleks van wiskunde?” vra hy. Die slaagkoers wat so opkruip, is oëverblindery, sê dr. Theuns Eloff, visekanselier van die Noordwes-Universiteit en voorsitter van Hoër Onderwys SA (Hesa).

“Ons beskou die groeiende slaagsyfer met skeptisisme. As dit waar is dat dit styg omdat die gehalte van onderwys styg, is dit ’n goeie ding, maar daar is baie aanduidings dat dit nie die geval is nie,” sê Eloff.

 

Spaull sê dit is kommerwekkend dat so min matrieks hoegenaamd met vrystelling slaag, omdat naskoolse studie ’n kernkomponent is in die stryd teen werkloosheid. “Die werkloosheidskoers onder gegradueerdes in Suid-Afrika is net sowat 5%, terwyl die amptelike werkloosheidskoers nou op 25% staan,” sê Spaull. Die departement hou vol: Ons boer vooruit. “As jy na die uitslae oor die jare kyk, kan jy sien daar was nog nooit so baie leerlinge wat met vrystelling geslaag het nie. “Daar is ook nou meer leerlinge wat wiskunde neem as ooit tevore, so ek is nie seker waar die kritici hul data kry nie,” sê Troy Martens, woordvoerder van die departement van basiese onderwys.

 

* Motshekga kondig môre om 18:00 op SABC1 die 2013-slaagsyfer aan. Matrieks kan hul uitslae Dinsdag in Beeld en Volksblad kry. Wes-Kaapse uitslae sal Woensdag in Die Burger verskyn.

 

 

 

Op, op, op: Só het die slaagsyfer sedert 2010 gestyg.

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie